1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Vyfde plaag: pes onder die vee

EXO 9:1 : VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.

EXO 9:2 : Want as jy weier om [hulle] te laat trek en hulle nog langer vashou,

EXO 9:3 : kyk, dan sal die Hand van JaHWeH wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.

EXO 9:4 : En JaHWeH sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die JisraEliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van JisraEl behoort nie.

EXO 9:5 : En JaHWeH het 'n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal JaHWeH dit doen in die Aarde.

EXO 9:6 : En JaHWeH het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van JisraEl is nie een dood nie.

EXO 9:7 : Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die JisraEliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.

Sesde plaag: swere.

EXO 9:8 : VERDER het JaHWeH aan Moshè en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moshè dit na die Hemele uitstrooi voor die oë van Farao;

EXO 9:9 : en dit sal fyn stof word oor die hele Aarde van Egipte en aan adamiete en wilde wesens swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Aarde van Egipte.

EXO 9:10 : So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor die aangesig van Farao gaan staan, en Moshè het dit na die Hemele uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan adamiete en wilde wesens.

EXO 9:11 : En die towenaars kon voor die aangesig van Moshè nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.

EXO 9:12 : Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos JaHWeH aan Moshè gesê het.

Sewende plaag: hael

EXO 9:13 : VERDER het JaHWeH aan Moshè gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor die aangesig van Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.

EXO 9:14 : Want hierdie keer sal Ek al My plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele Aarde is soos Ek nie.

EXO 9:15 : Want anders sou Ek My Hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die Aarde verdelg gewees het;

EXO 9:16 : maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou My Krag kan toon, en dat hulle My Naam op die hele Aarde kan verkondig.

EXO 9:17 : Versit jy jou nog teen My volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?

EXO 9:18 : Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.

EXO 9:19 : Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die adamiete en die wilde wesens wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie - op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.

EXO 9:20 : Hy wat die Woord van JaHWeH gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;

EXO 9:21 : maar hy wat op die Woord van JaHWeH geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.

EXO 9:22 : Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand na die Hemele uit, en daar sal hael wees in die hele Aarde van Egipte, oor adamiete en wilde wesens en oor al die plante van die veld in die Aarde van Egipte.

EXO 9:23 : En Moshè het sy Staf na die Hemele uitgesteek, en JaHWeH het donder en hael gegee, en vuur het na die Aarde uitgeskiet; en JaHWeH het hael op die Aarde van Egipte laat reën.

EXO 9:24 : En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Aarde van Egipte nooit gewees het vandat dit aan 'n nasie behoort het nie. [Openbaring 16:21]

EXO 9:25 : En die hael het in die hele Aarde van Egipte geslaan alles wat in die veld was, adamiete sowel as wilde wesens. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.

EXO 9:26 : Net in die Aarde van Gosen, waar die kinders van JisraEl was, was daar geen hael nie.

EXO 9:27 : Toe het Farao Moshè en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer oortree. JaHWeH [is] die regverdige, maar ek en my volk is besoedeldes.

EXO 9:28 : Bid tot JaHWeH, want daar is oorgenoeg donder van Elohim en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.

EXO 9:29 : Toe sê Moshè vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my handpalms tot JaHWeH uitstrek: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die Aarde aan JaHWeH behoort.

EXO 9:30 : Maar wat u en u dienaars betref - ek weet dat julle nog nie ontsag het vir JaHWeH Elohim nie.

EXO 9:31 : En die katoen en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die katoen in die knop.

EXO 9:32 : Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.

EXO 9:33 : So het Moshè dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy handpalms tot JaHWeH uitgestrek. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die Aarde gegiet nie.

EXO 9:34 : Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder oortree en sy hart verhard, hy en sy dienaars.

EXO 9:35 : Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van JisraEl nie laat trek het nie, soos JaHWeH deur die hand van Moshè gespreek het.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
9
Pablo Software Solutions Datum
OT