| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
EXO 33:1 : VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan heen, trek hier vandaan op, jy en die volk wat jy uit die Aarde van Egipte laat optrek het, na die Aarde wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou saad sal Ek haar gee; EXO 33:2 : en Ek sal 'n Boodskapper voor jou uit stuur - en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe - [Exodus 23:20] EXO 33:3 : na 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word. EXO 33:4 : Toe die volk hierdie ellendige woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie. EXO 33:5 : En JaHWeH het met Moshè gespreek: Sê aan die kinders van JisraEl: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen. EXO 33:6 : Toe het die kinders van JisraEl hulleself gestroop van hul versiersels, van die berg Horeb af. EXO 33:7 : En Moshè het elke keer 'n tent geneem en hom vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het hom genoem die Tent van Samekoms. En elkeen wat JaHWeH wou raadpleeg, het uitgegaan na die Tent van Samekoms wat buitekant die laer was. EXO 33:8 : En as Moshè uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moshè agterna tot hy in die tent ingegaan het. EXO 33:9 : En as Moshè in die tent ingaan, kom die Wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moshè. EXO 33:10 : En as die hele volk die Wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. EXO 33:11 : Dan spreek JaHWeH met Moshè van Aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar JeHôWshua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie. EXO 33:12 : Toe het Moshè met JaHWeH gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook Guns in My Oë gevind. EXO 33:13 : As ek dan nou Guns in U Oë gevind het, maak my dan tog U Weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek Guns in U Oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie U volk is. EXO 33:14 : En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? EXO 33:15 : Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. EXO 33:16 : Want waaraan sou dan bekend word dat ek Guns in U Oë gevind het, ek en U volk ? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie ? So sal ons, ek en U volk, apart wees van elke volk wat op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] is. EXO 33:17 : Toe sê JaHWeH aan Moshè: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het Guns gevind in My Oë, en Ek ken jou by die naam. EXO 33:18 : Daarop vra hy: Laat my tog U Glansrykheid sien. EXO 33:19 : Maar Hy antwoord: Ek sal al My Suiwerheid by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JaHWeH uitroep; maar Ek sal Guns betoon aan wie Ek Guns wil betoon, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. [Boekrol van Henog 92:4] EXO 33:20 : Verder het Hy gesê. Jy kan My Aangesig nie sien nie, want geen adamiet kan My sien en bly lewe nie. EXO 33:21 : Ook het JaHWeH gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. EXO 33:22 : En as My Glansrykheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met My handpalm oordek totdat Ek verbygegaan het. EXO 33:23 : En as Ek My handpalm wegneem, sal jy My van agter sien; maar My Aangesig kan nie gesien word nie. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |