| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
(Nota: Opskrifte volgens 1933 vertaling) Nuwe veroweringe. Verslapping van die stamme in die verdrywing van Kanaäniete. RIG 1:1 : EN ná die dood van JeHôWshua het die kinders van JisraEl JaHWeH geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg? RIG 1:2 : En JaHWeH het gesê: JeHûWdah moet optrek. Kyk, Ek gee die Aarde in sy hand. RIG 1:3 : Toe sê JeHûWdah aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek; RIG 1:4 : en toe JeHûWdah optrek, het JaHWeH die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tienduisend man van hulle by Besek verslaan het. RIG 1:5 : En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan. RIG 1:6 : En toe Adóni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap. RIG 1:7 : Daarop sê Adóni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel [krummels] opgetel: soos ek gedoen het, so het Elohim my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe. RIG 1:8 : En die kinders van JeHûWdah het teen Jerusalem geveg en haar ingeneem en haar met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek. RIG 1:9 : En daarna het die kinders van JeHûWdah afgetrek om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het. RIG 1:10 : JeHûWdah het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron - maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba - en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan. RIG 1:11 : En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir - maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer. RIG 1:12 : En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en haar inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee. RIG 1:13 : Daarop het OtniEl, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, haar ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. RIG 1:14 : En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê? RIG 1:15 : En sy sê vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor Aarde versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. RIG 1:16 : En die kinders van die Keniet, die swaer van Moshè, het saam met die kinders van JeHûWdah opgetrek uit die Palmstad na die wildernis van JeHûWdah wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon. RIG 1:17 : En JeHûWdah het saam met sy broer Símeon getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en haar met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma. RIG 1:18 : En JeHûWdah het Gasa met haar grondgebied en Askelon met haar grondgebied en Ekron met haar grondgebied ingeneem. RIG 1:19 : En JaHWeH was met JeHûWdah, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het. RIG 1:20 : En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moshè gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe. RIG 1:21 : En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe. RIG 1:22 : En die huis van JôWsef, hulle het ook opgetrek na BetEl, en JaHWeH was met hulle. RIG 1:23 : En toe die huis van JôWsef BetEl laat bespied - maar die naam van die stad was tevore Lus - RIG 1:24 : sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou medelye betoon. RIG 1:25 : Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele familie het hulle laat gaan. RIG 1:26 : En die man het weggetrek na die Aarde van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en haar Lus genoem; dit is haar naam tot vandag toe. RIG 1:27 : En Manasse het Bet-Sean met haar onderhorige plekke en Táänag met haar onderhorige plekke en die inwoners van Dor met haar onderhorige plekke en die inwoners van Jíbleam met haar onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met haar onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kanaäniete het verkies om in hierdie Aarde te bly woon. RIG 1:28 : Maar toe JisraEl sterk word, het hy die Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie. RIG 1:29 : En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het. RIG 1:30 : Sébulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword. RIG 1:31 : Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie; RIG 1:32 : sodat die Aseriete bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die Aarde, want hulle het hulle nie verdrywe nie. RIG 1:33 : Náftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kanaäniete, die bevolking van die Aarde; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword. RIG 1:34 : En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie, RIG 1:35 : sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in Sáälbim; maar die hand van die huis van JôWsef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het. RIG 1:36 : En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |