1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

EXO 6:1 : DAAROP het JaHWeH Moshè geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n Sterke Hand sal Hy hulle laat trek, ja, deur 'n Sterke Hand gedwing, sal Hy hulle uit sy Aarde uitdrywe.

EXO 6:2 : Verder het Elohim met Moshè gespreek en vir hom gesê: Ek - JaHWeH.

EXO 6:3 : En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as El die Almagtige, maar met My Naam JaHWeH het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. [Génesis 12:8]

EXO 6:4 : Ook het Ek My Verbond met hulle opgerig om hulle die Aarde van Kanaän te gee, die Aarde van hulle vreemdelingskap waar hulle in haar vertoef het;

EXO 6:5 : en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van JisraEl wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan My Verbond gedink.

EXO 6:6 : Daarom, sê aan die kinders van JisraEl: Ek - JaHWeH Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n Uitgestrekte Arm en deur groot strafgerigte;

EXO 6:7 : en Ek sal julle as My volk aanneem en vir julle 'n Elohim wees. En julle sal erken dat Ek - JaHWeH julle Elohey is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

EXO 6:8 : En Ek sal julle bring in die Aarde waaromtrent Ek My Hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek - JaHWeH.

EXO 6:9 : Moshè het toe so met die kinders van JisraEl gespreek, maar hulle het nie na Moshè geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.

EXO 6:10 : Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:

EXO 6:11 : Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van JisraEl vanaf sy Aarde moet laat uittrek.

EXO 6:12 : Maar Moshè het voor die Aangesig van JaHWeH gespreek en gesê: As die kinders van JisraEl na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?

Geslagsregister van Moshè en Aäron.

EXO 6:13 : DAAROP het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van JisraEl en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte uit te lei.

EXO 6:14 : Dit is die hoofde van hulle vaders se huise. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van JisraEl: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die families van Ruben.

EXO 6:15 : En die seuns van Símeon: JemuEl en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die families van Símeon.

EXO 6:16 : En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle genelyn: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewe-en-dertig jaar.

EXO 6:17 : Die seuns van Gerson: Libni en Simeï volgens hulle families.

EXO 6:18 : En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en UzziEl; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.

EXO 6:19 : En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die families van Levi volgens hulle genelyn.

EXO 6:20 : En Amram het JoWkêbed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moshè gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewe-en-dertig jaar.

EXO 6:21 : En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.

EXO 6:22 : En die seuns van UzziEl: MisahaEl, El-Safan en Sitri.

EXO 6:23 : En Aäron het EliSheba, die dogter van Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar.

EXO 6:24 : En die seuns van Korag: Assir en El-Kanah en Abíasaf. Dit is die families van die Koragiete.

EXO 6:25 : En El-Azar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van PutiEl as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die hoofde van die vaders van die Leviete volgens hulle families.

EXO 6:26 : Dit is Aäron en Moshè aan wie JaHWeH gesê het: Lei die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte volgens hulle menigtes.

Moshè en die towenaars van Egipte.

EXO 6:27 : DIT is hulle wat met Farao, die koning van Egipte, gespreek het om die kinders van JisraEl uit Egipte uit te lei. Dit is Moshè en Aäron.

EXO 6:28 : Die dag toe JaHWeH met Moshè gespreek het in die Aarde van Egipte,

EXO 6:29 : het JaHWeH Moshè aangespreek met die woorde: Ek - JaHWeH. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.

EXO 6:30 : Toe sê Moshè voor die Aangesig van JaHWeH. Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
6
Pablo Software Solutions Datum
OT