| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
EXO 7:1 : EN JaHWeH het aan Moshè gesê: Kyk, Ek stel jou as Elohim vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. [Exodus 11:8] EXO 7:2 : Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van JisraEl uit sy Aarde laat uittrek. EXO 7:3 : En Ék sal Farao se hart verhard en My tekens en wonders in die Aarde van Egipte vermenigvuldig. EXO 7:4 : Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal My Hand op die Aarde van Egipte lê en My menigtes, My volk, die kinders van JisraEl, deur groot strafgerigte uit die Aarde van Egipte uitlei. EXO 7:5 : Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek JaHWeH is, as Ek My Hand oor Egipte uitstrek en die kinders van JisraEl tussen hulle uitlei. EXO 7:6 : Moshè en Aäron het toe gedoen volgens die bevel van JaHWeH; so het hulle gedoen. EXO 7:7 : En Moshè was tagtig jaar en Aäron drie-en-tagtig jaar oud toe hulle met Farao gespreek het. EXO 7:8 : En JaHWeH het Moshè en Aäron aangespreek met die woorde:- EXO 7:9 : As Farao met julle spreek en sê: Doen tog 'n wonderteken vir julleself - dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou Staf en gooi hom voor die aangesig van Farao neer; dan sal hy verander in 'n draak. EXO 7:10 : Toe het Moshè en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos JaHWeH hulle beveel het: Aäron het sy Staf voor die aangesig van Farao en voor die aangesig van sy dienaars neergegooi, en hy het verander in 'n draak. EXO 7:11 : Daarop laat Farao óók die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: EXO 7:12 : elkeen gooi sy staf neer, en hulle verander in Drake! Maar Aäron se Staf het hulle stawwe verslind. EXO 7:13 : Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos JaHWeH gespreek het. Eerste plaag: die water word verander in bloed. EXO 7:14 : TOE sê JaHWeH vir Moshè: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek. EXO 7:15 : Gaan môre vroeg na Farao toe - kyk, hy sal uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en neem die Staf wat in 'n slang/nagash verander het, in jou hand, EXO 7:16 : en sê vir hom: JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien in die wildernis. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie. EXO 7:17 : So spreek JaHWeH: Hieraan sal jy weet dat Ek JaHWeH is. Kyk, Ek sal met die Staf wat in My Hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word. EXO 7:18 : En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te drink. EXO 7:19 : Verder het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou Staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterputte en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Aarde van Egipte wees, ook in hout- en in klipbakke. EXO 7:20 : Moshè en Aäron het toe so gedoen soos JaHWeH beveel het - hy het die Staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander. EXO 7:21 : En die visse wat in die Nyl was, het doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Aarde van Egipte. EXO 7:22 : Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos JaHWeH gespreek het. EXO 7:23 : En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en dit ook nie ter harte geneem nie. EXO 7:24 : Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie. EXO 7:25 : So het dan sewe dae verbygegaan nadat JaHWeH die Nyl geslaan het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |