1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Moshè en Aäron verskyn voor die koning van Egipte. Die volk kla oor die swaar werk.

EXO 5:1 : EN daarna gaan Moshè en Aäron en sê vir Farao: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Laat My volk trek, dat hulle vir My 'n Fees kan hou in die wildernis. [Hebreërs 4:9]

EXO 5:2 : Maar Farao antwoord: Wie is JaHWeH na wie se Stem ek moet luister om JisraEl te laat trek? Ek ken JaHWeH nie, en ek sal JisraEl ook nie laat trek nie. [Boekrol van die Opregte 79:44, 46]

EXO 5:3 : Toe sê hulle: Die Elohey van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die wildernis intrek en aan JaHWeH onse Elohey slag, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.

EXO 5:4 : Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moshè en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.

EXO 5:5 : Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die Aarde is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?

EXO 5:6 : Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:

EXO 5:7 : Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.

EXO 5:8 : Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons slag aan onse Elohey!

EXO 5:9 : Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.

EXO 5:10 : Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.

EXO 5:11 : Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.

EXO 5:12 : Toe het die volk deur die Aarde van Egipte gegaan om stoppels te versamel vir strooi.

EXO 5:13 : En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werke, volgens die dag tot dag se woorde aan julle net soos toe daar strooi was.

EXO 5:14 : En die opsigters van die kinders van JisraEl wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?

EXO 5:15 : Daarom het die opsigters van die kinders van JisraEl gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?

EXO 5:16 : Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.

EXO 5:17 : Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan JaHWeH slag.

EXO 5:18 : Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.

EXO 5:19 : Toe sien die opsigters van die kinders van JisraEl dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die dag tot dag se woorde aan julle, nie verminder nie.

EXO 5:20 : En hulle het Moshè en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,

EXO 5:21 : en het vir hulle gesê: Mag JaHWeH op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.

Elohim beloof Verlossing

EXO 5:22 : TOE gaan Moshè weer na JaHWeH en sê: My Meester, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?

EXO 5:23 : Want vandat ek na Farao gegaan het om in U Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het U volk glad nie verlos nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
5
Pablo Software Solutions Datum
OT