1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Moshè rig die Tabernakel op.

EXO 40:1 : VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:

EXO 40:2 : Op die dag van die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy die Tabernakel van die Tent van Samekoms oprig.

EXO 40:3 : En jy moet in hom plaas die Ark van die Getuienis en die Ark met die voorhangsel bedek.

EXO 40:4 : Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en haar lampe opsteek.

EXO 40:5 : En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die aangesig van die Ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die Tabernakel ophang.

EXO 40:6 : Jy moet ook die altaar vir die brandoffer voor die aangesig van die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neersit.

EXO 40:7 : En jy moet die waskom tussen die Tent van Samekoms en die altaar neersit en daar water in gooi.

EXO 40:8 : En maak die voorhof rondom, en hang die bedekking aan die poort van die voorhof op.

EXO 40:9 : Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die Tabernakel salf en alles wat in hom is, en hom seën met alles wat by hom hoort; en Apartheid sal hy wees.

EXO 40:10 : Jy moet ook die altaar vir die brandoffer salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar apart stel, en die altaar sal 'n Apartheid van Aparthede wees.

(Opskrif onbekend)

Die priesters word met water gewas en met olie gesalf.

EXO 40:11 : SALF dan die waskom en sy voetstuk, en wy hom.

EXO 40:12 : Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom, na die ingang van die Tent van Samekoms toe, en jy moet hulle met water was.

EXO 40:13 : Trek vir Aäron dan die klere van die Apartheid aan; en salf hom en hou hom apart, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

EXO 40:14 : Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle 'n kleed aantrek.

EXO 40:15 : Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.

EXO 40:16 : En Moshè het gedoen net soos JaHWeH hom beveel het; so het hy gedoen.

EXO 40:17 : En in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste van die maand, is die Tabernakel opgerig.

EXO 40:18 : En Moshè het die Tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.

EXO 40:19 : En hy het die tentseil oor die Tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:20 : Verder het hy die Getuienis geneem en in die Ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die Ark ingesteek, en die Versoendeksel het hy bo-op die Ark gesit.

EXO 40:21 : Toe het hy die Ark in die Tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die Ark van die Getuienis bedek, soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:22 : Hy het ook die tafel in die Tent van Samekoms neergesit, aan die kant van die Tabernakel, teen die noorde, buitekant die voorhangsel. [Levtikus 1:11]

EXO 40:23 : En hy het die brood daarop gerangskik voor die Aangesig van JaHWeH soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:24 : Hy het ook die kandelaar in die Tent van Samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die Tabernakel.

EXO 40:25 : En hy het die lampe opgesteek voor die Aangesig van JaHWeH, soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:26 : En hy het die goue altaar in die Tent van Samekoms neergesit, voor die aangesig van die voorhangsel,

EXO 40:27 : en reukwerk van speserye daarop aan die brand gesteek, soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:28 : Hy het ook die bedekking van die ingang van die Tabernakel opgehang.

EXO 40:29 : En hy het die altaar vir die brandoffer by die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neergesit, en hy het die brandoffer en die spysbydrae daarop gebring, soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:30 : Hy het ook die waskom tussen die Tent van Samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.

EXO 40:31 : En Moshè en Aäron en sy seuns het daaruit hulle hande en voete gewas.

EXO 40:32 : As hulle ingaan in die Tent van Samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos JaHWeH Moshè beveel het.

EXO 40:33 : Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die Tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moshè dan die werk voltooi.

EXO 40:34 : Toe het die Wolkkolom die Tent van Samekoms oordek, en die Glansrykheid van JaHWeH het die Tabernakel gevul, [Exodus 25:22; Wysheid van Sirah 24:10]

EXO 40:35 : sodat Moshè nie in die Tent van Samekoms kon ingaan nie, omdat die Wolkkolom daarop gerus en die Glansrykheid van JaHWeH die Tabernakel gevul het.

EXO 40:36 : En as die Wolkkolom van die Tabernakel af optrek, het die kinders van JisraEl elke keer weggetrek op al hulle togte;

EXO 40:37 : maar as die Wolkkolom nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.

EXO 40:38 : Want die Wolkkolom van JaHWeH was bedags op die Tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van JisraEl, op al hulle togte.

1 Mv. el

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
40
Pablo Software Solutions Datum
OT