Kores, die Persiese koning, gee die manne van JeHûWdah verlof om na hulle Aarde terug te gaan.
EZRA 1:1 : EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het JaHWeH, sodat die Woord van JaHWeH vervul kon word wat deur die mond van JirmeJaH gespreek is - die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
EZRA 1:2 : So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die Aarde het JaHWeH, die Elohey van die Hemele, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n Huis te bou in Jerusalem wat in JeHûWdah is.
EZRA 1:3 : Enigeen onder julle wat aan Sy volk behoort - mag sy Elohey met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in JeHûWdah is, en die Huis van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, bou! Hy is die Elohim wat in Jerusalem is.
EZRA 1:4 : En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef- hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige skenkings vir die Huis van die Elohim wat in Jerusalem is.
EZRA 1:5 : Toe het die hoofde van die vaders van JeHûWdah en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete - elkeen wie se gees die Elohim opgewek het om op te trek, om die Huis van JaHWeH wat in Jerusalem is, te bou.
EZRA 1:6 : En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige skenkings aangebring het.
EZRA 1:7 : En koning Kores het die voorwerpe van die Huis van JaHWeH uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy gode gesit het.
EZRA 1:8 : En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat, die skatmeester; en dié het dit aan Sésbassar, die vors van JeHûWdah, voorgetel.
EZRA 1:9 : En dit was hulle getal: dertig goue drinkbekers, duisend silwer drinkbekers, nege-en-twintig messe;
EZRA 1:10 : dertig goue bekers; verder vierhonderd-en-tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.
EZRA 1:11 : Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyfduisend-vierhonderd; dit alles het Sésbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.