|
Die Profeet Hoséa
Die huwelik van Hoséa met 'n vrou wat vermeng.
HOS 1:1 : DIE Woord van JaHWeH wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van UzziJaH, JôWtham, Agas, JegizkiJaH, konings van JeHûWdah, en in die dae van Jeróbeam, die seun van JôWash, koning van JisraEl.
HOS 1:2 : Die begin van die Woord van JaHWeH aan Hoséa; JaHWeH het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou 'n hoervrou en hoerkinders; want die Aarde het grootliks vermeng deur van JaHWeH afvallig te word.
HOS 1:3 : Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom 'n seun gebaar.
HOS 1:4 : En JaHWeH het vir hom gesê: Noem hom JizreEl, want nog 'n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van JizreEl aan die huis van JyHûW besoek en 'n einde maak aan die koninkryk van die huis van JisraEl.
HOS 1:5 : Ja, in dié dag sal Ek die boog van JisraEl verbreek in die vallei van JizreEl.
HOS 1:6 : Toe het sy weer swanger geword en 'n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma/Geen Medelye, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van JisraEl ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.
HOS 1:7 : Maar oor die huis van JeHûWdah sal Ek My ontferm en hulle verlos deur JaHWeH hulle Elohey, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.
HOS 1:8 : Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy [weer] swanger geword en 'n seun gebaar.
HOS 1:9 : En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi/Nie My volk, want julle is nie My volk nie, en Ek sal nie julle s'n wees nie.
HOS 1:10 : Nogtans sal die getal van die kinders van JisraEl wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in die plek waar dit aan hulle gesê word: "Nie My volk nie", daar sal aan hulle gesê word: "julle is die volk van die lewende El".
HOS 1:11 : Dan sal die kinders van JeHûWdah en die kinders van JisraEl almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die Aarde optrek; want groot is die dag van JizreEl! This website was powered by Ewisoft Website Builder. |