1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40   41   42   43   44   45   46   47   48   49   50
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Inleiding:

Die eerste Bybelboek dra sedert die vertaling van die Ou Testament in Grieks (omstreeks 250 nC) die naam Genesis: geboorte(s). In die Hebreeus het dit sommer in die begin geheet. Genesis is die boek van die begin, van die geboortes: die geboorte van die wêreld, van die mense, en van die volk en kerk van YaHWeH.

Die skepping. Die werk van die ses dae. Die rus van die sewende dag.

GEN 1:1 : IN die begin het Elohim die Hemele en die Aarde geskape. [JeshaJaH 66:1; 2 Ezra 6:38; Psalm 85:11]

GEN 1:2 : En die Aarde, sy het verwoes en vormloos geword, en Duisternis was op die aangesig van die Afgrond, en die Gees van Elohim het gesweef oor die aangesig van die waters. [JeshaJaH 45:18; Prediker 3:11]

GEN 1:3 : En Elohim het gesê: Laat daar Lig wees! En daar was Lig.

GEN 1:4 : Toe sien Elohim dat die Lig suiwer was. En Elohim het skeiding gemaak tussen die Lig en die Duisternis;

GEN 1:5 : en Elohim het die Lig Dag genoem, en die Duisternis het HY Nag genoem. En dit was aand en dit was môre, dit was die eerste dag.

GEN 1:6 : En Elohim het gesê: Laat daar 'n Koepel wees tussen die waters, en die waters afgeskei van die waters. [JeshaJaH 48:1; DaniEl 3:60]

GEN 1:7 : Elohim het toe die Koepel gemaak en die waters onder die Koepel geskei van die waters bo die Koepel. En dit was so.

GEN 1:8 : En Elohim het die Koepel Hemele genoem. En dit was aand en dit was môre, dit was die tweede dag.

GEN 1:9 : En Elohim het gesê: Laat die waters onder die Hemele hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

GEN 1:10 : En Elohim het die droë grond Aarde genoem, en die versameling van waters see genoem. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.

GEN 1:11 : En Elohim het gesê: Laat uit die Aarde spruit; grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens sy spesie, vrugte dra, waarin sy saad is, op die Aarde. En dit was so.

GEN 1:12 : En die Aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle spesies en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle spesies. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.

GEN 1:13 : En dit was aand en dit was môre, dit was die derde dag.

GEN 1:14 : En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan die Koepel van die Hemele, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.

GEN 1:15 : Laat hulle ook dien as ligte aan die Koepel van die Hemele om op die Aarde te verlig. En dit was so.

GEN 1:16 : Elohim het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die Sterre.

GEN 1:17 : En Elohim het hulle aan die Koepel van die Hemele gestel om op die Aarde te verlig

GEN 1:18 : en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.

GEN 1:19 : En dit was aand en dit was môre, dit was die vierde dag.

GEN 1:20 : En Elohim het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende siele, en laat die voëls oor die Aarde vlieg langs die Koepel van die Hemele.

GEN 1:21 : En Elohim het die Groot Drake geskape en elke lewende siel wat beweeg, waarvan die waters wemel, volgens hulle spesie; en al die gevleuelde voëls volgens hulle spesie. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.

GEN 1:22 : En Elohim het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls in die Aarde vermeerder.

GEN 1:23 : En dit was aand en dit was môre, dit was die vyfde dag.

GEN 1:24 : En Elohim het gesê: Laat die Aarde voortbring 'n lewende siel volgens haar spesie: vee, kruipende diere en wilde diere van die Aarde volgens haar spesie. En dit was so.

GEN 1:25 : En Elohim het die wilde diere van die Aarde gemaak volgens haar spesie en die vee volgens haar spesie en al die diere wat op die Adamah[adamiet se Aarde] kruip, volgens hulle spesie. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.

GEN 1:26 : En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die diere wat op die Aarde kruip.

GEN 1:27 : En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld; na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape. [Maleagi 2:15]

GEN 1:28 : En Elohim het hulle geseën, en Elohim het gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde, onderwerp haar en heers oor die visse van die see en die voëls van die Hemele en oor alle lewende wesens wat op die Aarde beweeg. [Wysheid van Salomo 10:2]

GEN 1:29 : Verder het Elohim gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele Aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.

GEN 1:30 : Maar aan al die lewendes van die Aarde en al die voëls van die Hemele en al die kruipende diere op die Aarde, waarin 'n lewende siel is, die groen plante as voedsel. En dit was so.

GEN 1:31 : Toe sien Elohim dat alles wat HY gemaak het, baie suiwer was. En dit was aand en dit was môre, dit was die sesde dag.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Pablo Software Solutions Datum
OT