1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Gifte vir die Tabernakel.

EXO 35:1 : TOE het Moshè die hele vergadering van die kinders van JisraEl bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat JaHWeH beveel het, om dit te doen:

EXO 35:2 : Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar die sewende dag sal vir julle 'n Sabbat van Apartheid wees, 'n dag van Sabbatsonderhouding tot eer van JaHWeH. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.

EXO 35:3 : Julle mag op die Sabbat geen vuur aansteek in enigeen van julle woonplekke nie.

EXO 35:4 : Verder het Moshè die hele vergadering van die kinders van JisraEl toegespreek en gesê: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het:

EXO 35:5 : Neem van julle besittings 'n skenking aan JaHWeH. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die skenking van JaHWeH: goud en silwer en koper;

EXO 35:6 : en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar;

EXO 35:7 : en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle en akasiahout;

EXO 35:8 : en olie vir die kandelaar en speserye vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye;

EXO 35:9 : en oniksstene en stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas.

EXO 35:10 : En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat JaHWeH beveel het:

EXO 35:11 : die Tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;

EXO 35:12 : die Ark en haar draaghoute, die Versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking;

EXO 35:13 : die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode;

EXO 35:14 : en die kandelaar tot verligting, met haar gereedskap en haar lampe, en die olie vir die kandelaar,

EXO 35:15 : en die altaar vir soet geur met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die Tabernakel;

EXO 35:16 : die altaar vir die brandoffer met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;

EXO 35:17 : die behangsels van die voorhof, sy pilare en haar voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;

EXO 35:18 : die penne van die Tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne;

EXO 35:19 : die kunstige klere om in die Apartheid te dien, die klere van die Apartheid vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

EXO 35:20 : Toe het die hele vergadering van die kinders van JisraEl van Moshè af weggegaan.

EXO 35:21 : En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die skenking van JaHWeH gebring vir die werk aan die Tent van Samekoms en vir sy hele bediening en vir die klere van die Apartheid;

EXO 35:22 : die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat goud wuiwende geswaai het aan JaHWeH,

EXO 35:23 : en elkeen wat in besit was van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle, het dit gebring.

EXO 35:24 : Elkeen wat 'n skenking van silwer of koper kon aanbied, het die skenking van JaHWeH gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.

EXO 35:25 : En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne.

EXO 35:26 : En al die vroue wie se hart opgewek is deur die Wysheid, het die bokhaar gespin.

EXO 35:27 : En die owerstes het die oniksstene gebring en die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,

EXO 35:28 : en die speserye en die olie vir die kandelaar en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.

EXO 35:29 : Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets vrywillig by te dra vir al die werk wat JaHWeH deur die hand van Moshè beveel het - as vrywillige skenkings aan JaHWeH het die kinders van JisraEl dit gebring.

EXO 35:30 : Daarop het Moshè aan die kinders van JisraEl gesê: Kyk, JaHWeH het BesalEl, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van JeHûWdah, by sy naam geroep;

EXO 35:31 : en Hy het hom met die Gees van Elohim vervul, met Wysheid, met Verstand en met Kennis om te werk; [Boekrol van Henog 49:3; JeshaJaH 11:2]

EXO 35:32 : en om kunstige planne uit te dink, om dié uit te voer in goud en silwer en koper,

EXO 35:33 : en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk - om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.

EXO 35:34 : Hy het dit ook in sy hart gegee om [ander] te onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.

EXO 35:35 : Hy het hulle hart gevul met Wysheid om allerhande werk te maak van 'n ambagsman en 'n kunstenaar en van 'n bewerker van veelkleurige goed in koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne, en van 'n wewer - hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne moes uitdink.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
35
Pablo Software Solutions Datum
OT