1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die profeet spoor die manne van JeHûWdah tot wetsonderhouding aan.

SAG 1:1 : IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die Woord van JaHWeH gekom tot ZekarJaH, die seun van BerekJaH[ûW], die seun van Iddo, die profeet, en gesê:

SAG 1:2 : JaHWeH was baie vertoornd op julle vaders.

SAG 1:3 : So moet jy dan aan hulle sê: So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: Keer terug na My, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag, en Ek sal na julle terugkeer, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag.

SAG 1:4 : Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê JaHWeH van die skeppings-leërmag: Bekeer julle tog van julle besoedelde weë en julle besoedelde werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek JaHWeH.

SAG 1:5 : Julle vaders - waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?

SAG 1:6 : Maar My woorde en My Insettinge wat Ek My knegte, die profete, beveel het, het sy julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos JaHWeH van die skeppings-leërmag Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?

Eerste gesig: die perde.

SAG 1:7 : OP die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die Woord van JaHWeH tot die profeet ZekarJaH, die seun van BerekJaHûW, die seun van Iddo, gekom en gesê:

SAG 1:8 : Ek het in die nag 'n gesig gesien - daar was 'n Man wat op 'n rooi perd ry, en hy het gestaan tussen die mirtebome wat in 'n kloof was; en agter hom was daar perde: rooies, gespikkeldes en wittes.

SAG 1:9 : Toe sê ek: Wat beteken dit, my meester? En die Boodskapper wat met my gespreek het, antwoord my: Ek sal jou toon wat dit beteken.

SAG 1:10 : En die Man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is Hulle wat JaHWeH gestuur het om die Aarde te deurkruis.

SAG 1:11 : Daarop het Hulle die Boodskapper van JaHWeH, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die Aarde deurkruis, en kyk, die ganse Aarde is stil en rustig.

SAG 1:12 : Daarop het die Boodskapper van JaHWeH aangehef en gesê: JaHWeH van die skeppings-leërmag, hoe lank nog bly U sonder Ontferming oor Jerusalem en oor die stede van JeHûWdah waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?

SAG 1:13 : Toe antwoord JaHWeH die Boodskapper wat met my gespreek het, suiwer woorde, troosvolle woorde.

SAG 1:14 : Daarop sê die Boodskapper wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met 'n groot ywer;

SAG 1:15 : maar Ek is grootliks vertoornd oor die sorglose nasies wat, terwyl Ek 'n weinig vertoornd was, die besoedeling aangehelp het.

SAG 1:16 : Daarom, so sê JaHWeH: Ek wend My met Ontferming tot Jerusalem; My Huis sal in haar gebou word, spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag, en 'n meetsnoer sal oor Jerusalem gespan word.

SAG 1:17 : Roep verder en sê: So spreek JaHWeH van die skeppings-leërmag: My stede sal weer oorstroom wees van suiwer dinge, en JaHWeH sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.

Tweede gesig: die horings en die smede.

SAG 1:18 : EN ek het my oë opgeslaan en gekyk - daar was vier horings.

SAG 1:19 : Toe sê ek aan die Boodskapper wat met my gespreek het: Wat beteken dit? En Hy antwoord my: Dit is die horings wat JeHûWdah, JisraEl en Jerusalem verstrooi het.

SAG 1:20 : Daarop toon JaHWeH my vier graveerders.

SAG 1:21 : Toe sê ek: Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat JeHûWdah só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie; maar hierdie [manne] het gekom om hulle skrik aan te jaag, om die horings van die nasies neer te werp wat die horing teen die Aarde van JeHûWdah opgesteek het om dit te verstrooi.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Pablo Software Solutions Datum
OT