1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Tweede plaag: die paddas.

EXO 8:1 : VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.

EXO 8:2 : En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister, [Openbaring 16:13]

EXO 8:3 : sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.

EXO 8:4 : En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.

EXO 8:5 : Verder het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou Staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterputte, en laat die paddas opkom oor die Aarde van Egipte.

EXO 8:6 : En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en die Aarde van Egipte oordek.

EXO 8:7 : Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor die Aarde van Egipte.

EXO 8:8 : Toe het Farao Moshè en Aäron laat roep en gesê: Bid tot JaHWeH, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan JaHWeH kan slag.

EXO 8:9 : Maar Moshè sê aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?

EXO 8:10 : En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos JaHWeH onse Elohey nie.

EXO 8:11 : En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.

EXO 8:12 : Toe het Moshè en Aäron van Farao af weggegaan; en Moshè het tot JaHWeH geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.

EXO 8:13 : En JaHWeH het gedoen volgens die woord van Moshè: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.

EXO 8:14 : En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die Aarde het gestink.

EXO 8:15 : En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos JaHWeH gespreek het.

Derde plaag: muggies.

EXO 8:16 : VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou Staf uit en slaan die stof van die Aarde, en dit sal muggies word in die hele Aarde van Egipte.

EXO 8:17 : En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy Staf uitgesteek en die stof van die Aarde geslaan, en daar het muggies gekom op die adamiete en op die vee. Al die stof van die Aarde het muggies geword in die hele Aarde van Egipte.

EXO 8:18 : En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muggies voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muggies dan op die adamiete en op die vee.

EXO 8:19 : Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die Vinger van Elohim! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos JaHWeH gespreek het.

Vierde plaag: muskiete.

EXO 8:20 : VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor die aangesig van Farao - kyk, hy sal na die water toe uitgaan - en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.

EXO 8:21 : Want as jy My volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die muskiete, sodat die huise van die Egiptenaars vol muskiete sal wees, en selfs die Adamah[adamiet se Aarde] waar hulle op haar [staan].

EXO 8:22 : Maar Ek sal op dié dag die Aarde van Gosen, waar My volk op haar woon, afsonder, dat daar geen muskiete sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek JaHWeH is in die middel van die Aarde.

EXO 8:23 : En Ek sal 'n onderskeid maak tussen My volk en jou volk. Môre sal hierdie beduidende Teken plaasvind. [Maleagi 3:18]

EXO 8:24 : En JaHWeH het so gedoen: dik swerms muskiete het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Aarde van Egipte gekom; die Aarde is deur die muskiete verwoes.

EXO 8:25 : Toe laat Farao Moshè en Aäron roep en sê: Gaan heen, slag aan julle Elohey in die Aarde.

EXO 8:26 : Maar Moshè antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan JaHWeH onse Elohey slag, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë slag, sal hulle ons dan nie stenig nie?

EXO 8:27 : Laat ons drie dagreise ver die wildernis intrek, dat ons aan JaHWeH onse Elohey kan slag soos Hy ons sal beveel.

EXO 8:28 : Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan JaHWeH julle Elohey kan slag in die wildernis; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Tree in vir my.

EXO 8:29 : En Moshè antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot JaHWeH bid, dat die muskiete môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan JaHWeH te slag nie.

EXO 8:30 : Toe het Moshè van Farao af weggegaan en tot JaHWeH gebid.

EXO 8:31 : En JaHWeH het gedoen volgens die woord van Moshè: Hy het die muskiete van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.

EXO 8:32 : Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
8
Pablo Software Solutions Datum
OT