| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
EXO 4:1 : TOE antwoord Moshè en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: JaHWeH het nie aan jou verskyn nie? EXO 4:2 : Daarop vra JaHWeH vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: 'n Staf. EXO 4:3 : En Hy sê: Gooi hom op die Aarde. Toe gooi hy hom op die Aarde, en hy het 'n slang/nagash geword; en Moshè het vir hom gevlug. EXO 4:4 : Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit en gryp hom aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en hom gegryp, en hy het 'n Staf in sy handpalm geword - EXO 4:5 : sodat hulle kan glo dat JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob, aan jou verskyn het. EXO 4:6 : En JaHWeH het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu! EXO 4:7 : En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy [ander] vlees! EXO 4:8 : En as hulle jou nie glo en aan die eerste beduidende Teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste beduidende Teken glo. EXO 4:9 : En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet hom op die droë Aarde uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë Aarde bloed word. EXO 4:10 : Toe sê Moshè aan JaHWeH: Ag, my Meester, ek is nie 'n man van woorde nie - van gister of van eergister of vandat U met U kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. EXO 4:11 : En JaHWeH antwoord hom: Wie het vir die adamiet die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, JaHWeH, nie? EXO 4:12 : Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê. EXO 4:13 : Maar hy sê: Ag, my Meester, stuur tog deur wie U wil stuur. EXO 4:14 : Toe ontvlam die Woede van JaHWeH teen Moshè, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. EXO 4:15 : Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. EXO 4:16 : En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou 'n mond wees en jy sal vir hom Elohim wees. EXO 4:17 : Neem dan hierdie Staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen. Moshè gaan terug na Egipte EXO 4:18 : TOE gaan Moshè weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moshè: Gaan in vrede. EXO 4:19 : Ook het JaHWeH vir Moshè in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou siel gesoek het, is dood. EXO 4:20 : Moshè neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op 'n esel ry, terug na die Aarde van Egipte. Moshè het ook die Staf van die Elohim in sy hand geneem. [Boekrol van die Opregte 77:38-51] EXO 4:21 : En JaHWeH sê vir Moshè: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor die aangesig van Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie. EXO 4:22 : Dan moet jy vir Farao sê: So spreek JaHWeH: My eersgebore seun is JisraEl. [2 Ezra 6:58] EXO 4:23 : Daarom beveel Ek jou: Laat My seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou [Moshè se] eersgebore seun laat sterwe. [Opregte 79:8-12] EXO 4:24 : En op die pad in die herberg het JaHWeH hom teëgekom en wou hom doodmaak. EXO 4:25 : Toe neem Sippóra 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en dit het op sy voete geval en sy sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedbruidegom! [Exodus 3:17] EXO 4:26 : En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! - met die oog op die besnydenis. [Génesis 17] EXO 4:27 : JaHWeH het ook aan Aäron gesê: Loop Moshè tegemoet in die wildernis. En hy het geloop en hom in die Berg van die Elohim aangetref en hom gekus. EXO 4:28 : Daarop vertel Moshè aan Aäron al die woorde van JaHWeH waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het. EXO 4:29 : En Moshè en Aäron het vertrek en al die oudstes van die kinders van JisraEl bymekaar laat kom; EXO 4:30 : en Aäron het al die woorde gespreek wat JaHWeH aan Moshè gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk. EXO 4:31 : En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat JaHWeH op die kinders van JisraEl ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |