| 1 2 3 4 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die liefde van JaHWeH vir sy volk. Ondank van die volk MAL 1:1 : DIE las van die Woord van JaHWeH aan JisraEl deur die diens van Maleági. MAL 1:2 : Ek het julle liefgehad, sê JaHWeH. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek JaHWeH. Tog het Ek Jakob liefgehad, MAL 1:3 : maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte 'n verwoesting gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die wildernis [prysgegee]. [Wysheid van Salomo 11:24; Wysheid van Sirah 15:11] MAL 1:4 : As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou - dan sê JaHWeH van die skeppings-leërmag dit: Laat hulle bou, Ek breek haar tog af; en die mense sal haar noem: Grondgebied van besoedeling, en: Die volk waarop JaHWeH vertoornd is tot in ewigheid! MAL 1:5 : En julle oë sal haar aanskou, en julle sal sê: Groot is JaHWeH oor die gebied van JisraEl! MAL 1:6 : 'n Seun eer sy vader, en 'n slaaf sy eienaar. As Ek dan 'n Vader is, waar is My Eer? En as Ek die Meester is, waar is die Vrees vir My? sê JaHWeH van die skeppings-leërmag aan julle, o priesters, wat My Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons U Naam verag? MAL 1:7 : Julle bring besoedelde Brood na My altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U besoedel? Deurdat julle sê: Die tafel van JaHWeH is veragtelik. MAL 1:8 : En as julle 'n blinde [dier] nader bring om te slag, is dit nie besoedel nie! En as julle 'n lam of 'n siek dier bring, is dit nie besoedel nie! Bring haar tog nader vir jou goewerneur! Sal hy 'n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê JaHWeH van die skeppings-leërmag. MAL 1:9 : Smeek dan nou tog die Aangesig van El, dat Hy Ons goedgunstig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen - sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê JaHWeH van die skeppings-leërmag. MAL 1:10 : Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op My altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag, en in 'n spysbydrae uit julle hand het Ek geen behae nie. MAL 1:11 : Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is My Naam groot onder die nasies; en in elke plek word tot Eer van My Naam reukwerk gebring en 'n suiwer spysbydrae; want My Naam is groot onder die nasies, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag. MAL 1:12 : Julle daarenteen besoedel Hom as julle sê: Die tafel van my Meester is vermeng, en die opbrengs, selfs die vleis is veragtelik. MAL 1:13 : En julle sê: Kyk, wat 'n moeite! En julle verag hom, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag; en julle bring geroofde en lam en siek [diere] - so bring julle dan die spysbydrae! Kan Ek haar met welgevalle uit julle hand aanneem? sê JaHWeH. MAL 1:14 : Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee 'n manlike dier is, 'n Gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die Meester slag; want Ek is 'n groot Koning, sê JaHWeH van die skeppings-leërmag, en My Naam is gevrees onder die nasies. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |