1   2   3
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Opskrif en seënwense aan mede-JisraEliete.

2PET 1:1 : SIMEON Petrus, 'n dienskneg en Apostel van JaHWèshua die Gesalfde, aan die wat net so 'n kosbare Geloof as ons verkry het deur die Geregtigheid van onse Elohey en Verlosser, JaHWèshua die Gesalfde:

2PET 1:2 : Mag Barmhartigheid en Vrede vir julle vermeerder word deur die Kennis van Elohim en JaHWèshua, onse Meester!

Vermaning om die deugde van die Gesalfde in beoefening te bring

Waak teen kunstig verdigte fabels.

2PET 1:3 : IMMERS, SY Krag van BO het ons alles geskenk wat tot die lewe en eerbaarheid dien, deur die Kennis van Hom wat ons geroep het deur Sy Majesteit en Deug,

2PET 1:4 : waardeur Hy ons die grootste en kosbare Beloftes geskenk het, sodat julle deur Hulle saamgevoeg kan word vanuit die Elohim, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.

2PET 1:5 : En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle Geloof voeg die Deug, en by die Deug die Kennis,

2PET 1:6 : en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die eerbaarheid,

2PET 1:7 : en by die eerbaarheid die broederliefde, en by die broederliefde die liefdadigheid.

2PET 1:8 : Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat Sy julle nie ledig of onvrugbaar tot die Kennis van onse Meester JaHWèshua die Gesalfde nie;

2PET 1:9 : want hy by wie hierdie dinge nie aanwesig is nie, is blind en kortsigtig, en het die wassing/doop van sy vorige oortredinge vergeet.

2PET 1:10 : Daarom, broers, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.

2PET 1:11 : Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige Koninkryk van onse Meester en Verlosser, JaHWèshua die Gesalfde.

2PET 1:12 : Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle [Haar] ken en vasstaan in die Waarheid wat by julle is.

2PET 1:13 : En ek beskou dit regverdig, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,

2PET 1:14 : omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning op hande is, soos onse Meester JaHWèshua die Gesalfde dit ook aan my bekend gemaak het.

2PET 1:15 : En ek sal my beywer, dat julle ook gedurig ná my heengaan hierdie dinge in gedagtenis kan hou.

2PET 1:16 : Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die Krag en koms van onse Meester JaHWèshua die Gesalfde bekend gemaak het nie, maar ons was ooggetuies van Sy Majesteit;

2PET 1:17 : want Hy het van die Elohim die VADER Eer en Majesteit ontvang toe hierdie Stem uit die luisterryke Glansrykheid tot Hom gekom het: DIT IS MY GELIEFDE SEUN IN WIE EK 'N WELBEHAE HET.

2PET 1:18 : En hierdie Stem het ons uit die Hemele hoor kom toe ons saam met Hom op die berg van Apartheid was.

2PET 1:19 : En ons het die profetiese Woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die Môrester opgaan in julle harte;

2PET 1:20 : terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie;

2PET 1:21 : want geen profesie is ooit deur die wil van 'n adamiet voortgebring nie, maar, deur die Gees van die Apartheid gedrywe, het die Apartes van die Elohim gespreek.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Pablo Software Solutions Datum
NT