| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Voorrede LUK 1:1 : AANGESIEN baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is, LUK 1:2 : soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het, LUK 1:3 : het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe, LUK 1:4 : sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is. Geboorte van JeHôWganan aangekondig. LUK 1:5 : DAAR was in die dae van Herodes, koning van JeHûWdah, 'n sekere priester met die naam van ZekarJaH, uit die afdeling van AbiJaH; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was EliSheba. LUK 1:6 : En hulle was altwee regverdiges voor die Aangesig van die Elohim en het in al die Gebooie en regte van JaHWeH onberispelik gewandel. LUK 1:7 : En hulle het geen kind gehad nie, omdat EliSheba onvrugbaar was en albei op ver gevorderde leeftyd. LUK 1:8 : En terwyl hy besig was om die priesteramp voor die aangesig van die Elohim te bedien in die beurt van sy afdeling, LUK 1:9 : het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die Huis van JaHWeH en reukwerk te brand. LUK 1:10 : En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukwerk. LUK 1:11 : Toe verskyn daar aan hom 'n Boodskapper van JaHWeH, wat aan die regterkant van die altaar vir die reukwerk, staan. LUK 1:12 : En toe ZekarJaH hom sien, was hy ontsteld, en Vrees het hom oorval. LUK 1:13 : Maar die Boodskapper sê vir hom: Moenie vrees nie, ZekarJaH, want jou gebed is verhoor, en jou vrou EliSheba sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom JeHôWganan noem. LUK 1:14 : En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees; LUK 1:15 : want hy sal groot wees voor die Aangesig van JaHWeH. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Gees van die Apartheid reeds van die skoot van sy moeder af. LUK 1:16 : En hy sal baie van die kinders van JisraEl bekeer tot JaHWeH hulle Elohey. LUK 1:17 : En hy sal voor Hom uit gaan in die Gees en die Krag van EliJaHûW, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir JaHWeH 'n toegeruste volk te berei. [Maleági 4:5,6] LUK 1:18 : Toe sê ZekarJaH vir die Boodskapper: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd. LUK 1:19 : En die Boodskapper antwoord en sê vir hom: Ek is GabriEl wat voor die aangesig van die Elohim staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie nuus te bring. [Boekrol van Henog 20:7] LUK 1:20 : En kyk? jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie. LUK 1:21 : En die volk het op ZekarJaH bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die Tempel vertoef. LUK 1:22 : Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy 'n visioen in die Tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly. LUK 1:23 : En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan. LUK 1:24 : En na hierdie dae het EliSheba, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê: LUK 1:25 : So het JaHWeH met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem. Die aankoms van die Verlosser van JisraEl bekend gemaak. LUK 1:26 : EN in die sesde maand is die Boodskapper, GabriEl deur JaHWeH gestuur na 'n stad in Galiléa met die naam van Násaret, LUK 1:27 : na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van JôWsef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Mirjam. LUK 1:28 : En die Boodskapper het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, barmhartige! JaHWeH is met jou; geseënd is jy onder die vroue. LUK 1:29 : En toe sy Hom sien, was sy baie ontsteld oor Sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. LUK 1:30 : En die Boodskapper sê vir haar: Moenie vrees nie, Mirjam, want jy het Barmhartigheid by JaHWeH gevind. LUK 1:31 : En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom JaHWèshua noem. LUK 1:32 : Hy sal groot wees en die Seun van die Hoogste El genoem word; en JaHWeH Elohim sal aan Hom die Troon van Sy vader Dawid gee, LUK 1:33 : en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan Sy Koninkryk sal daar geen einde wees nie. [Boekrol van Henog 25:3; DaniEl 7:13-14] LUK 1:34 : Toe sê Mirjam vir die Boodskapper: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? LUK 1:35 : En die Boodskapper antwoord en sê vir haar: Die Gees van die Apartheid sal oor jou kom en die Krag van die Hoogste El sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Aparte Een wat gebore word, Seun van Elohim genoem word. LUK 1:36 : En kyk, EliSheba, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. LUK 1:37 : Want geen ding sal by Elohim onmoontlik wees nie. LUK 1:38 : En Mirjam sê: Hier is die diensmaagd van JaHWeH. Laat dit met my gaan volgens u Woord. En die Boodskapper het van haar weggegaan. Maria besoek Elisabet JeHôWganan met vreugde vervul. LUK 1:39 : EN in daardie dae het Mirjam opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na 'n stad van JeHûWdah; LUK 1:40 : en sy het in die huis van ZekarJaH gekom en EliSheba gegroet. LUK 1:41 : En toe EliSheba die groet van Mirjam hoor, het die kindjie in haar moederskoot opgespring; en EliSheba is vervul met die Gees van die Apartheid LUK 1:42 : en het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou moederskoot! LUK 1:43 : En wat het my oorgekom dat die moeder van my Meester na my toe kom? LUK 1:44 : Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my moederskoot van vreugde opgespring. LUK 1:45 : En geseënd is sy wat geglo het, want die dinge wat deur JaHWeH aan haar gesê is, sal vervul word. Lofsang van Mirjam. LUK 1:46 : EN Mirjam het gesê: My siel maak JaHWeH groot, LUK 1:47 : en my gees is verheug in Elohey, my Verlosser; LUK 1:48 : omdat Hy die nederige toestand van Sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my geseënd noem. LUK 1:49 : Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en apartgestel is Sy Naam. LUK 1:50 : En Sy Barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees. LUK 1:51 : Hy het deur Sy Arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi. LUK 1:52 : Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog. LUK 1:53 : Hongeriges het Hy met suiwer dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur. LUK 1:54 : Hy het Sy kneg JisraEl bygestaan, sodat Hy aan Sy Barmhartigheid sou dink - LUK 1:55 : soos Hy tot ons vaders gespreek het - aan Abraham en sy saad tot in ewigheid. LUK 1:56 : En Mirjam het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe. Geboorte van JeHôWganan die Wasser/Doper. LUK 1:57 : EN die tyd dat sy moeder moes word, is vir EliSheba vervul, en sy het 'n seun gebaar. LUK 1:58 : En toe haar bure en bloedverwante hoor dat JaHWeH SY Barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly. LUK 1:59 : En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom ZekarJaH noem, na die naam van sy vader. LUK 1:60 : Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet JeHôWganan genoem word. LUK 1:61 : En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie. LUK 1:62 : En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word. LUK 1:63 : Hy vra toe 'n skryfbordjie en skryf: JeHôWganan is sy naam. En almal was verwonderd. LUK 1:64 : En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en die Elohim geloof. LUK 1:65 : En daar het Vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van JeHûWdah. LUK 1:66 : En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die Hand van JaHWeH was met hom. LUK 1:67 : EN ZekarJaH, sy vader, is vervul met die Gees van die Apartheid en het geprofeteer en gesê: LUK 1:68 : Geloofd sy JaHWeH die Elohey van JisraEl, omdat Hy Sy volk besoek het en vir hulle Lossing teweeggebring het, [2 ShemuEl 22:3 ; Psalm 18:2 ; Henog 90:16 ; JeségiEl 29:21] LUK 1:69 : en 'n Horing van Lossing vir Ons opgerig het in die huis van Dawid, Sy kneg - LUK 1:70 : soos Hy gespreek het deur die Mond van Sy Profete, die Apartes van begin van tyd af - LUK 1:71 : Lossing van Ons vyande en uit die hand van almal wat Ons haat, LUK 1:72 : om Barmhartigheid te bewys aan Ons vaders en aan SY Verbond van die Apartheid te dink, LUK 1:73 : aan die Eed wat HY gesweer het vir Abraham, Ons vader, om aan Ons te gee LUK 1:74 : dat Ons, verlos uit die hand van Ons vyande, HOM sonder vrees kan dien, LUK 1:75 : deur Apartheid en Geregtigheid voor HOM, al die dae van Ons lewe. LUK 1:76 : En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Hoogste El genoem word, want jy sal voor die Aangesig van JaHWeH uitgaan om Sy Weë reg te maak; [Maleagi 3] LUK 1:77 : om Kennis van Verlossing aan Sy volk te gee in die vergifnis van hulle oortredinge, LUK 1:78 : deur die innige Barmhartigheid van onse Elohey waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, LUK 1:79 : om te skyn oor die wat in Duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die Weg van Vrede te rig. [JeshaJaH 9:6] LUK 1:80 : En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die wildernisse tot op die dag van sy vertoning aan JisraEl. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |