| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Wette oor die eiendom van volksgenote. EXO 22:1 : AS iemand 'n bees of 'n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir 'n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir 'n stuk kleinvee. EXO 22:2 : As 'n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie; EXO 22:3 : as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word. EXO 22:4 : As die gesteelde goed - of dit 'n bees, 'n esel of 'n stuk kleinvee is - nog lewendig in sy besit gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee. EXO 22:5 : As iemand 'n stuk veld of 'n wingerd laat afwei en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van 'n ander wei, moet hy van die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee. EXO 22:6 : As 'n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat 'n mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee. EXO 22:7 : As iemand aan sy naaste silwer of goed in bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy uitgevind word, dubbel vergoeding gee. EXO 22:8 : As die dief nie uitgevind word nie, moet die eienaar van die huis na die Elohim gaan [om te beslis] of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgestrek het nie. EXO 22:9 : By alle sake van opstandigheid, of dit gaan oor 'n bees, oor 'n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! moet die saak van altwee voor die Elohim kom; die een wat deur die Elohim skuldig verklaar word, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee. EXO 22:10 : As iemand aan sy naaste 'n esel of bees of stuk kleinvee of enige dier gee om op te pas, en dit gaan dood of raak gebreklik of word weggevoer sonder dat iemand dit sien, EXO 22:11 : dan moet die eed by JaHWeH tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie. EXO 22:12 : Maar as dit van hom weggesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee. EXO 22:13 : As dit verskeur is, moet hy dit as bewys bring; wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie. EXO 22:14 : En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en dit breek of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle vergoeding gee. EXO 22:15 : As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom die huurfooi daarvoor. EXO 22:16 : As iemand 'n maagd wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop. EXO 22:17 : As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy silwer gee volgens die huweliksprys vir 'n maagd. EXO 22:18 : Die towerheks mag jy nie laat lewe nie. EXO 22:19 : Elkeen wat met 'n dier gemeenskap het, moet sekerlik gedood word. EXO 22:20 : Hy wat aan gode van andere slag, behalwe aan JaHWeH alleen, moet met die banvloek getref word. EXO 22:21 : Jy mag ook die besoeker nie kwel of hom verdruk nie, want julle was besoekers in die Aarde van Egipte. EXO 22:22 : Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie. EXO 22:23 : As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor, EXO 22:24 : en My Woede sal ontvlam, en Ek sal julle met die Swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word. EXO 22:25 : As jy aan My volk, aan die arme by jou, silwer leen, mag jy vir hom nie soos 'n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente oplê nie. EXO 22:26 : As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee voor die son ondergaan; EXO 22:27 : want sy is sy enigste bedekking, sy is sy bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is barmhartig. EXO 22:28 : Jy mag Elohim nie vloek nie, en 'n owerste onder jou volk mag jy nie verwens nie. EXO 22:29 : Hou nie terug die rypheid van jou sap nie. Gee My die eersgeborene van jou seuns. EXO 22:30 : Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou kleinvee: sewe dae moet hy by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy hom aan My gee. EXO 22:31 : En julle moet vir My manne van Apartheid wees. Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit vir die honde gooi. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |