1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die roeping van Moshè.

EXO 3:1 : EN Moshè het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die wildernis gedryf het, kom hy by die Berg van die Elohim, by Horeb.

EXO 3:2 : Daarop verskyn die Boodskapper van JaHWeH aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!

EXO 3:3 : En Moshè sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.

EXO 3:4 : Toe JaHWeH sien dat hy nuuskierig nader kom, roep Elohim na hom uit die doringbos en sê: Moshè, Moshè! En hy antwoord: Hier is ek.

EXO 3:5 : En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is Adamah[adamiet se Aarde] van Apartheid.

EXO 3:6 : Verder sê Hy: Ek is die Elohey van jou vader, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob. Toe het Moshè sy aangesig verberg, want hy was bevrees om die Elohim aan te sien.

EXO 3:7 : En JaHWeH sê: Ek het duidelik gesien die ellende van My volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. [Wysheid van Sirah 24:8]

EXO 3:8 : Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie Aarde na 'n suiwer en wye Aarde, na 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

EXO 3:9 : En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van JisraEl het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk.

EXO 3:10 : Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei My volk, die kinders van JisraEl, uit Egipte uit.

EXO 3:11 : Maar Moshè het tot die Elohim gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van JisraEl uit Egipte sou lei?

EXO 3:12 : En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou 'n Teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle die Elohim op hierdie berg dien.

EXO 3:13 : Hierop het Moshè tot die Elohim gespreek: Maar as ek by die kinders van JisraEl kom en aan hulle sê: Die Elohey van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is Sy Naam? - wat moet ek hulle antwoord?

EXO 3:14 : En Elohim sê vir Moshè: EK IS WAT HY IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van JisraEl antwoord: EK IS het my na julle gestuur. [JeHôWganan 8:18; Openbaring 1:8]

EXO 3:15 : Toe sê Elohim verder vir Moshè: Dit moet jy aan die kinders van JisraEl meedeel: JaHWeH, die Elohey van julle vaders, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is My Naam vir ewig, en dit is My Gedenkteken van geslag tot geslag. [Boekrol van die Opregte 79:43]

EXO 3:16 : Gaan heen en versamel die oudstes van JisraEl en sê vir hulle: JaHWeH, die Elohey van julle vaders, het aan my verskyn, die Elohey van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.

EXO 3:17 : Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die Aarde van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na 'n Aarde wat oorloop van melk en heuning.

EXO 3:18 : En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van JisraEl na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die wildernis intrek en aan JaHWeH, onse Elohey, slag.

EXO 3:19 : Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle nie sal laat gaan nie, ook nie deur die Sterke Hand nie.

EXO 3:20 : En Ek sal My Hand uitstrek in hul midde en Egipte tref met al My [buitengewone] wonders wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek.

EXO 3:21 : En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie,

EXO 3:22 : maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. En julle moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
3
Pablo Software Solutions Datum
OT