1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die klere van Apartheid.

EXO 28:1 : DAN moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van JisraEl, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar, die seuns van Aäron.

EXO 28:2 : En jy moet vir jou broer Aäron klere van Apartheid maak, tot eer en tot sieraad.

EXO 28:3 : Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die Gees van Wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom apart te stel, sodat hy vir My die priesteramp kan bedien.

EXO 28:4 : En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte kleed, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, klere van Apartheid maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

EXO 28:5 : En hulle moet die goud en die koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

EXO 28:6 : En hulle moet die skouerkleed maak van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.

EXO 28:7 : Hy moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet hy saamgevoeg word.

EXO 28:8 : En die band wat aan hom is om hom vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

EXO 28:9 : En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van JisraEl op hom graveer:

EXO 28:10 : ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle genelyn.

EXO 28:11 : Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van JisraEl. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.

EXO 28:12 : En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van JisraEl - Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die Aangesig van JaHWeH om hulle in gedagtenis te bring.

EXO 28:13 : Jy moet dan kassies van goud maak

EXO 28:14 : en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.

EXO 28:15 : Jy moet ook die borstas van die Reg maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy hom maak; van goud, koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy hom maak.

EXO 28:16 : Vierkantig moet hy wees en dubbel gevou; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte.

EXO 28:17 : En voorsien hom van 'n steeninvulling van vier rye stene: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag moet die eerste ry wees

EXO 28:18 : En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.

EXO 28:19 : En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.

EXO 28:20 : En die vierde ry: 'n chrisoliet en 'n oniks en 'n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.

EXO 28:21 : En die stene moet volgens die name van die kinders van JisraEl twaalf wees, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

EXO 28:22 : Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

EXO 28:23 : En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee [bo]-ente van die borstas,

EXO 28:24 : en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;

EXO 28:25 : en maak die twee [ander] ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

EXO 28:26 : Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee [onder]-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.

EXO 28:27 : En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.

EXO 28:28 : En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met 'n koningsblou toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

EXO 28:29 : So moet Aäron dan die name van die kinders van JisraEl in die borstas van die Reg op sy hart dra as hy na die Apartheid gaan, om [hulle] voortdurend in gedagtenis te bring voor die Aangesig van JaHWeH.

EXO 28:30 : Jy moet ook in die borstas van die Reg die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die Aangesig van JaHWeH ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van JisraEl voortdurend op sy hart dra voor die Aangesig van JaHWeH.

EXO 28:31 : En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van koningsblou stof maak.

EXO 28:32 : En die opening vir die hoof moet in die middel van hom wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n borsharnas moet hy daaraan wees, dat hy nie kan skeur nie.

EXO 28:33 : En maak aan die soom van hom granaatjies van koningsblou en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom van hom rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom

EXO 28:34 : 'n goue klokkie en 'n granaatjie, 'n goue klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

EXO 28:35 : En Aäron moet hom aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy na die Apartheid, voor die Aangesig van JaHWeH gaan en as hy uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

EXO 28:36 : Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en op hom graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: APARTHEID AAN JAHWEH. [ZekarJaH 3:5; Odes van Salomo 8:15]

EXO 28:37 : En maak hom vas aan 'n koningsblou toutjie, sodat hy aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet hy wees. [Odes van Salomo 9:8-9; 23:21]

EXO 28:38 : So moet hy dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die Aparthede wat die kinders van JisraEl sal apart stel - al hulle apartgestelde(s) [gawes]. En hy moet voortdurend op sy voorhoof wees, dat hulle voor die Aangesig van JaHWeH welgevalle mag vind. [Boekrol van die Opregte 23:15]

EXO 28:39 : Jy moet ook die kleed van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook 'n tulband van fyn linne maak, en 'n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

EXO 28:40 : En maak 'n kleed vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle 'n hoofbedekking maak, tot eer en tot sieraad.

EXO 28:41 : En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en verklaar hulle apart, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

EXO 28:42 : Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die geslagsdele te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

EXO 28:43 : En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die Tent van Samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die Apartheid te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige Insetting vir hom en vir sy saad na hom.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
28
Pablo Software Solutions Datum
OT