1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Geboorte van Moshè. Hy vlug na Mìdian.

EXO 2:1 : EN 'n man uit die huis van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem.

EXO 2:2 : En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy suiwer was, het sy hom drie mane [se dae] weggesteek. [Openbaring 12:2]

EXO 2:3 : Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 'n Ark van biesies geneem en haar met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie in haar neergelê en haar in die riete aan die kant van die rivier gesit.

EXO 2:4 : En sy suster het op 'n afstand gaan staan om te wete te kom wat met hom sou gebeur.

EXO 2:5 : En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om 'n bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer geloop het. Toe sien sy die Ark tussen die riete en stuur haar slavin en laat dit haal.

EXO 2:6 : Nadat sy haar oopgemaak het, sien sy die kind, en kyk, dit was 'n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit is een van die kinders van die Hebreërs.

EXO 2:7 : Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u 'n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog?

EXO 2:8 : En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.

EXO 2:9 : Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.

EXO 2:10 : En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moshè genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.

EXO 2:11 : En in dié dae toe Moshè al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe 'n Egiptiese man 'n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.

EXO 2:12 : En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.

EXO 2:13 : Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die boosdoener: Waarom slaan jy jou naaste?

EXO 2:14 : En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moshè het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword!

EXO 2:15 : En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moshè dood te maak. Maar Moshè het van Farao af weggevlug en in die Aarde van Mídian gaan woon. En hy het by 'n put gesit.

EXO 2:16 : En die priester van Mídian het sewe dogters gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.

EXO 2:17 : Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moshè op en help hulle en laat hulle vee drink.

EXO 2:18 : En toe hulle by hul vader Rehuel kom, sê hy: Waarom kom julle vandag so gou?

EXO 2:19 : En hulle antwoord: 'n Egiptiese man het ons uit die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die vee laat drink.

EXO 2:20 : Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy? Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet.

EXO 2:21 : En Moshè het ingewillig om by die man te bly, en hy het aan Moshè sy dogter Sippóra gegee.

EXO 2:22 : En toe sy 'n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het 'n besoeker in 'n vreemde deel van die Aarde geword.

EXO 2:23 : En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van JisraEl het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot die Elohim.

EXO 2:24 : En Elohim het hulle gekerm gehoor, en Elohim het gedink aan Sy Verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.

EXO 2:25 : En Elohim het die kinders van JisraEl aangesien, en Elohim het kennis geneem.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
2
Pablo Software Solutions Datum
OT