Gebed van NegemJaH vir die kinders van JisraEl.
NEH 1:1 : DIE geskiedenis van NegemJaH, die seun van HagalJaH. En in die maand Kislew van die twintigste jaar toe ek in die vesting Susan was,
NEH 1:2 : het Hanáni, een van my broers, gekom, hy en manne uit JeHûWdah; en ek het hulle gevra na die manne van JeHûWdah, die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem.
NEH 1:3 : En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot besoedeling en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en haar Poorte is met vuur verbrand.
NEH 1:4 : En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die Aangesig van die Elohey van die Hemele
NEH 1:5 : en gesê: Ag, JaHWeH, Elohey van die Hemele, grote en gedugte El, wat die Verbond hou en Medelye het met die wat U liefhet en U Gebooie onderhou -
NEH 1:6 : laat U Oor tog opmerksaam en U Oë oop wees, om te luister na die gebed van U kneg wat ek vandag voor U Aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van JisraEl, U knegte, terwyl ek die oortredinge van die kinders van JisraEl bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het oortree.
NEH 1:7 : Ons het baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die Gebooie en Insettinge en Regsprake wat U aan Moshè, U kneg, beveel het, nie gehou nie.
NEH 1:8 : Dink tog aan die Woord wat U aan Moshè, U kneg, beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;
NEH 1:9 : maar as julle jul tot My bekeer en My Gebooie onderhou en haar doen - al was julle verjaagdes aan die einde van die Hemele, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om My Naam daar te laat woon.
NEH 1:10 : Hulle is tog U knegte en U volk wat U verlos het deur U grote Krag en deur U Sterke Hand.
NEH 1:11 : Ag, my Meester, laat U oor tog opmerksaam wees op die gebed van U kneg en op die gebed van U knegte wat verlang om U Naam te vrees; en laat dit tog vandag U kneg toegereken word, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.