1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15   16   17   18   19   20   21   22   23   24   25   26   27   28   29   30   31   32   33   34   35   36   37   38   39   40
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Samestelling van die Ark, die tafel, die kandelaar en die altaar vir soet geur.

EXO 37:1 : EN BesalEl het die Ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half voorarm was haar lengte, en 'n voorarm en 'n half haar breedte, en 'n voorarm en 'n half haar hoogte.

EXO 37:2 : En hy het haar oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het aan haar 'n goue kroonlys gemaak rondom.

EXO 37:3 : En hy het vir haar vier goue ringe gegiet, aan haar vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.

EXO 37:4 : En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en haar met goud oorgetrek;

EXO 37:5 : en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die Ark om die Ark te dra.

EXO 37:6 : Hy het ook 'n Versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half voorarm was haar lengte, en 'n voorarm en 'n half haar breedte.

EXO 37:7 : Ook het hy twee Gérubs van goud gemaak. Van smeewerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die Versoendeksel.

EXO 37:8 : Een Gérub aan die een ent en een Gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die Versoendeksel, het hy die Gérubs gemaak, aan die twee ente.

EXO 37:9 : En die Gérubs het die Vleuels boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul Vleuels die Versoendeksel beskut; en hulle Aangesigte was man teen sy broer gerig. Die gesigte van die Gérubs was op die Versoendeksel gerig.

EXO 37:10 : Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee voorarm was sy lengte, en 'n voorarm sy breedte, en 'n voorarm en 'n half sy hoogte.

EXO 37:11 : En hy het hom met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue kroonlys gemaak rondom.

EXO 37:12 : Hy het ook vir hom 'n lys van 'n handbreedte gemaak rondom; en hy het 'n goue kroonlys vir die lys gemaak rondom.

EXO 37:13 : Hy het ook vier goue ringe vir hom gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.

EXO 37:14 : Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

EXO 37:15 : Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en hom met goud oorgetrek om die tafel te dra.

EXO 37:16 : En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees; sy skottels en sy panne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.

EXO 37:17 : Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van smeewerk het hy die kandelaar gemaak, haar voetstuk en haar stam; haar kelkies, haar knoppe en haar blomme, hulle het vanuit haar gekom.

EXO 37:18 : En ses arms het uit haar sykante uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit haar ander kant.

EXO 37:19 : Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom - so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

EXO 37:20 : Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, haar knoppe en haar blomme:

EXO 37:21 : daar was 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en 'n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan - vir die ses arms wat uit haar uitgaan.

EXO 37:22 : Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit haar een stuk - alles van haar saam een stuk smeewerk van suiwer goud.

EXO 37:23 : En hy het haar sewe lampe gemaak en haar vuurtange en haar bakkies van suiwer goud.

EXO 37:24 : Van 'n talent suiwer goud het hy haar gemaak met al haar gereedskap.

EXO 37:25 : En hy het die altaar vir soet geur van akasiahout gemaak; 'n voorarm was sy lengte en 'n voorarm sy breedte, vierkantig, en twee voorarm sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.

EXO 37:26 : En hy het hom met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het vir hom 'n goue kroonlys gemaak rondom.

EXO 37:27 : Hy het ook twee goue ringe vir hom gemaak, onderkant die kroonlys aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om hom daarmee te dra.

EXO 37:28 : En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.

EXO 37:29 : Hy het ook die salfolie van Apartheid gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger haar maak.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
37
Pablo Software Solutions Datum
OT