| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die einde van Antíochus Epifanes. 2 MAK 9:1 : OMTRENT hierdie tyd het dit gebeur dat Antíochus in wanorde uit die stede van Persië moes wegtrek. 2 MAK 9:2 : Hy het naamlik in die stad Persépolis binnegedring en pogings aangewend om die Tempel te plunder en die stad in sy mag te kry. Maar die volk het soos een man na die wapens gegryp en die aanval afgeslaan, sodat Antíochus, wat deur die inwoners op die vlug gedryf is, beskaam moes aftrek. 2 MAK 9:3 : En toe hy hom naby Ekbátana bevind het, het hy berig gekry wat met Nikánor en die soldate van Timótheüs gebeur het. 2 MAK 9:4 : Buite homself van woede het hy toe die plan opgevat om die skande van sy vlug op die manne van JeHûWdah te wreek, en hy het aan sy wadrywer beveel om sonder onderbreking deur te ry en 'n einde te maak aan die tog. Maar die oordeel van die Hemele het hom reeds agterhaal, want in sy vermetelheid het hy gesê: Ek sal Jerusalem 'n begraafplaas van manne van JeHûWdah maak, so gou ek daar is. 2 MAK 9:5 : Maar die alsiende, JaHWeH, die Elohey van JisraEl, het hom met 'n ongeneeslike en onbekende siekte geslaan; want hy het nog maar net opgehou met praat, toe 'n ondraaglike siekte in sy ingewande en vreeslike inwendige pyne hom tref. 2 MAK 9:6 : Dit was volkome reg teenoor hom wat ander met allerlei vreemdsoortige folteringe in hulle diepste gevoelens gekwes het. 2 MAK 9:7 : Tog het hy sy oormoedigheid beslis nie laat staan nie, en vol vermetelheid het hy in sy woede selfs vuur en vlam gespuug teen die manne van JeHûWdah en opdrag gegee om die tog te bespoedig. Maar terwyl sy wa teen 'n baie hoë spoed gery het, het hy skielik so ongelukkig afgeval, dat al sy ledemate ontwrig is. 2 MAK 9:8 : En hy wat so pas nog in onmenslike grootpraat gemeen het dat hy die golwe van die see kan beveel, en wat hom verbeel het dat hy die hoë berge met 'n weegskaal kan weeg, het daar op die grond gelê, sodat hy in 'n draagstoel vervoer moes word as 'n duidelike bewys vir almal van die Krag van Elohim; 2 MAK 9:9 : en dit nog wel in so 'n mate, dat wurms uit die liggaam van die besoedelde gekruip het, en sy vlees nog tydens sy lewe onder smarte en pyne tot ontbinding oorgegaan het, en die hele leër oorlas aangedoen is deur die sterk stank van sy verrotting. 2 MAK 9:10 : En hy hom wat 'n kort tydjie tevore nog gemeen het dat hy die Sterre van die Hemele kon gryp, kon niemand dit uithou vanweë die ondraaglike sterk stank nie. 2 MAK 9:11 : Maar toe het hy in sy ellende begin om sy groot vermetelheid kort te vat deur die hemelse Tugtiging het hy tot inkeer gekom, omdat hy elke oomblik erger deur die pyne gekwel is. 2 MAK 9:12 : En toe hy self ook die stank nie langer kon verdra nie, het hy gesê: Dit is reg dat 'n adamiet hom onderwerp aan die Elohim; en 'n sterfling moet nie dink dat hy aan JaHWeH gelyk is nie. 2 MAK 9:13 : En die booswig het aan JaHWeH, wat Hom nie meer oor hom sou ontferm nie 'n gelofte gedoen en gesê: 2 MAK 9:14 : Dat hy die vryheid sou gee aan die Stad van Apartheid waarheen hy met spoed op reis gewees het om haar met die grond gelyk te maak en in 'n begraafplaas te verander; 2 MAK 9:15 : dat hy die manne van JeHûWdah, wat hy nie 'n begrafnis werd geag het nie en wat hy saam met hulle kinders as voedsel vir die voëls en die wilde diere wou weggooi, almal sou gelykstel met die burgers van Athene; 2 MAK 9:16 : dat hy die Tempel van Apartheid, wat hy vroeër geplunder het, met die pragtigste geskenke sou versier en die gewyde gebruiksvoorwerpe oorvloedig sou vergoed, en dat hy die onkoste in verband met die bydraes sou bestry uit sy eie inkomste 2 MAK 9:17 : dat hy bowendien self deur die hele bewoonde wêreld sou trek om die Krag van Elohim te verkondig. 2 MAK 9:18 : Maar toe die pyne nie minder word nie, omdat Elohim se regverdige oordeel oor hom gevel is, en hy begin wanhoop het aan sy herstel, het hy aan die manne van JeHûWdah die volgende brief geskryf wat soos 'n smeekskrif gelyk het. Hy het verklaar: 2 MAK 9:19 : Antíochus, koning en veldheer, stuur baie groete aan sy uitstekende onderdane, die manne van JeHûWdah, en wens hulle gesondheid en voorspoed toe. 2 MAK 9:20 : As dit met julle en julle kinders goed gaan en die dinge by julle na wens is, dan is ek Elohim baie dankbaar, want ek het my hoop op die Hemele gevestig, 2 MAK 9:21 : terwyl ek met tere liefde dink aan julle hoogagting en welwillendheid. Op my terugreis uit die gebiede van Persië is ek deur 'n ernstige siekte oorval, en daarom ag ek dit noodsaaklik om maatreëls te tref vir die algemene veiligheid. 2 MAK 9:22 : Want ofskoon ek nie aan my toestand wanhoop nie, maar selfs die beste verwagtinge koester dat die siekte sal oorgaan, 2 MAK 9:23 : onthou ek dat my vader by geleentheid van sy veldtog in die Noordelike gebiede, sy opvolger aangewys het, 2 MAK 9:24 : sodat as daar onverwags iets sou gebeur het of as daar 'n gevaar sou gemeld word, die inwoners van die land dan nie ongerus sou word nie, omdat hulle weet aan wie die bestuur oorgelaat is. 2 MAK 9:25 : Omdat ek verder ook die feit in aanmerking neem dat die naburige vorste en die wat naby die koninkryk woon, 'n gunstige geleentheid afwag en dus die afloop in die oog hou, het ek my seun Antíochus as koning aangewys. Hom het ek reeds dikwels, wanneer ek self deur die Noordelike landstreke getrek het, by die meeste van julle met vertroue aanbeveel; en ek het hom die ingeslote brief gestuur. 2 MAK 9:26 : Nou doen ek dan 'n beroep op julle en ek versoek julle om daaraan te dink hoeveel goed ek julle in die algemeen en in die besonder gedoen het, en om almal die bestaande goeie gesindheid jeens my en my seun te bewaar. 2 MAK 9:27 : Ek is oortuig dat hy my aanwysinge met mildheid en mensliewendheid sal opvolg en met julle in 'n goeie verstandhouding sal lewe. 2 MAK 9:28 : En so het hierdie moordenaar en lasteraar, net soos hy dit vir ander bepaal het, onder die vreeslikste pyne in die vreemde, 'n jammerlike dood gesterf in die bergland. 2 MAK 9:29 : Filippus wat saam met hom groot geword het, het sy lyk begrawe en vervolgens uit vrees vir Antíochus se seun na Ptoloméüs Filométor in Egipte gevlug. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |