| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die stryd teen Nikánor. 2 MAK 15:1 : TOE Nikánor verneem het dat die troepe van Judas hulle in die gebied van Samaría bevind, het hy besluit om hulle in alle sekerheid op die rusdag aan te val. 2 MAK 15:2 : Maar die manne van JeHûWdah, wat gedwing is om met hom saam te gaan, het gesê: Moenie hulle op so 'n wrede en barbaarse wyse om die lewe bring nie. Eerbiedig die Dag wat die Alsiende in Sy Apartheid van die ou tyd af, reeds apart verklaar het. 2 MAK 15:3 : Maar die aartsbooswig het gevra of daar in die Hemele soms 'n Meester is, wat beveel het om die Sabbatdag te vier. 2 MAK 15:4 : En daarop het hulle geantwoord: JaHWeH, wat in die Hemele leef, is my Meester wat Self beveel het om die sewende dag te eerbiedig. 2 MAK 15:5 : Maar die ander het verklaar: En ek is op die Aarde die meester wat beveel om die wapens op te neem en die belange van die koning te behartig. Tog het hy nie daarin geslaag om sy gruwelike plan uit te voer nie. 2 MAK 15:6 : Met al sy hoogmoedige grootspraak het Nikánor ook reeds laat weet dat hy 'n openbare gedenkteken van sy oorwinning op Judas se troepe gaan oprig. 2 MAK 15:7 : Maar die Makkabeër het vasberade sy volk se vertroue in die Hulp van JaHWeH gestel. 2 MAK 15:8 : Daarom het hy sy volgelinge aangespoor om nie bang te wees vir die aanval van die nasies nie, maar om daaraan te dink hoe hulle vroeër deur die Hemele gehelp is en om dus vas te reken op die oorwinning wat die Almagtige sekerlik aan hulle sal gee. 2 MAK 15:9 : Hy het hulle moed ingespreek uit die Wet en die Profete; en hy het hulle strydlus aangevuur deur die gevegte wat hulle vroeër belewe het, in hulle herinnering op te roep. 2 MAK 15:10 : Met sy boodskap het hy verder ook hulle toorn opgewek, deur te wys op die nasies se troueloosheid en hulle eedskending. 2 MAK 15:11 : Toe hy elkeen van hulle gewapen het, nie met 'n vertroue op skilde en spiese nie, maar met die bemoediging van sy uitstekende woorde, het hy ook nog 'n geloofwaardige droom meegedeel, waardeur hy hulle almal werklik geesdriftig gemaak het. 2 MAK 15:12 : Dit was dan die droomgesig: Hy het die voormalige hoëpriester Onías gesien, 'n edele en goedaardige man, beskeie in die omgang, vriendelik van karakter, wat altyd met waardigheid gespreek het en sedert sy kinderjare in elke vorm van deug geoefen is. Hy het met uitgestrekte hande vir die hele Hebreeuse volk gebid. 2 MAK 15:13 : Daarna het op dieselfde wyse 'n ander Man verskyn met grys hare en 'n eerbiedwaardige voorkoms, terwyl rondom sy persoon 'n wonderlike en glansryke glans gestraal het. 2 MAK 15:14 : Toe het Onías begin praat, wat sê: Hier is nou 'n Man wat sy broers liefhet en baie bid vir die volk en die Stad van Apartheid; hy is JermíJaHûW, die profeet van Elohim. 2 MAK 15:15 : Vervolgens het JermíJaHûW sy hand uitgestrek en aan Judas 'n goue swaard gegee. En terwyl hy haar oorhandig, het hy gesê: 2 MAK 15:16 : Ontvang hierdie swaard as 'n geskenk van Elohim. Met haar sal jy die vyande vernietig. 2 MAK 15:17 : Hierdie pragtige verhaal van Judas het hulle besiel en was besonder geskik om die moed aan te wakker en die harte van die jong manne te versterk. Hulle het dan ook besluit om nie laer te trek nie maar om terstond met onverskrokkenheid aan te val en met die inspanning van al hulle kragte 'n beslissende slag te lewer, want daar het gevaar gedreig vir die Stad, die geloof en die Tempel. 2 MAK 15:18 : Hulle het hulle naamlik minder bekommer oor hulle vroue en kinders, hulle broers en verwante; hulle grootste en eerste sorg was vir die Tempel van Apartheid. 2 MAK 15:19 : Tog het die wat in die Stad agtergebly het, dodelik verontrus gewees oor hierdie aanval in die oop veld. 2 MAK 15:20 : Met spanning het hulle die koms van die beslissing afgewag. Want die vyande het hulle reeds saamgetrek en die leër in slagorde opgestel, die olifante op die gunstige plekke ingedeel en die ruitery oor die vleuels verdeel. 2 MAK 15:21 : Toe die Makkabeër die troepemagte met allerlei wapens en oorlogswerktuie en wilde diere sien verskyn, het hy sy hande na die Hemele uitgestrek en geroep na JaHWeH, wat wonders werk. Want hy het geweet dat die oorwinning nie deur die wapens beslis word nie, maar dat JaHWeH dit skenk aan die wat Hy dit werd ag. 2 MAK 15:22 : Hy het die volgende gebed gebid: JaHWeH, U het onder die regering van JegiskiJaHûW, die koning van JeHûWdah, U Boodskapper gestuur wat in die laer van Sánherib honderd-vyf-en-tagtigduisend man gedood het. 2 MAK 15:23 : Majesteit van die Hemele, stuur U ook nou 'n goeie Boodskapper vooruit om vir ons skrik en verwarring te versprei. 2 MAK 15:24 : Laat hulle wat met laster [teen Elohim] teen U volk van Apartheid opruk, verpletter word deur die Krag van U Arm. En met hierdie woorde het hy opgeruk. 2 MAK 15:25 : Nikánor se troepe het egter vorentoe gekom onder trompetgeskal en krygsliedere. 2 MAK 15:26 : So het Judas se manne dan onder aanroepinge en gebede slaags geraak met hulle vyande. 2 MAK 15:27 : En terwyl hulle met hulle hande veg, maar met hulle harte tot hul Elohey bid, het hulle ruim vyf-en-dertigduisend vyande gedood, sodat hulle op 'n besondere wyse die sigbare Krag van die Elohim geniet het. 2 MAK 15:28 : Toe hulle na die afloop van die veldslag vol vreugde ophou, het hulle Nikánor herken, wat in sy volledige wapenrusting geval het. 2 MAK 15:29 : Hierdie feit is gevolg deur 'n algemene gejuig en uitgelatenheid, en in hulle moedertaal het hulle 'n lofsang vir JaHWeH aangehef. 2 MAK 15:30 : Judas, wat volkome met liggaam en siel vir sy medeburgers in die bres getree het en wat sedert sy kinderjare trou die liefde vir sy volksgenote bewaar het, het toe bevel gegee om Nikánor se hoof en sy hand saam met die arm af te slaan en na Jerusalem te bring. 2 MAK 15:31 : En toe hy self daar aangekom het, het hy sy volksgenote saamgeroep en die priesters voor die altaar laat plaasneem, terwyl hy ook die soldate van die bergvesting uitgenooi het. 2 MAK 15:32 : Toe het hy aan hulle die hoof van die boosdoener Nikánor gewys en die hand, wat die lasteraar vol trots teen die Apartheidsplek van die Almagtige opgehef het. 2 MAK 15:33 : Verder het hy opdrag gegee om die tong van die boosaardige Nikánor uit te sny en in stukke aan die voëls te gee, terwyl hy die hand wat in dwaasheid gehandel het, teenoor die Apartheidsplek opgehang het. 2 MAK 15:34 : Ook het hulle almal hulle lofprysinge na die Hemele gestuur en JaHWeH, wat Hom aan hulle geopenbaar het, geloof en gesê: Geloofd sy Hy, wat Sy woning ongeskonde bewaar het! 2 MAK 15:35 : Daarna het hy die hoof van Nikánor aan die bergvesting gehang as 'n duidelike en sigbare teken vir almal, van JaHWeH se hulp. 2 MAK 15:36 : En met algemene stemme het hulle besluit om hierdie dag nie onopgemerk te laat verbygaan nie, maar om dit een dag voor die Mórdegaifees, op die dertiende dag van die twaalfde maand, wat in Siries Adar genoem word, te herdenk. Slotwoord van die skrywer. 2 MAK 15:37 : DIT is die einde van Nikónor se geskiedenis. En omdat die manne van JeHûWdah sedert daardie tye die Stad in hulle mag gehou het, eindig ek hiermee ook my verhaal. 2 MAK 15:38 : As die samevatting goed en raak is, dan het ek in my opset geslaag; as dit swak en middelmatig is, is dit al wat ek kon bereik. 2 MAK 15:39 : Want net soos dit onjuis is om uitsluitlik wyn te drink, en alleen water ook 'n verkeerde ding is, terwyl wyn wat met water vermeng is, aangenaam is en 'n genoeglike bevrediging skenk, so is ook in 'n Boekrol die verbinding van die stof en die styl 'n genot vir die wat dit lees. En dit is dan die einde. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |