1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die manne van JeHûWdah word deur Antíochus vervolg.

2 MAK 6:1 : NIE lank daarna nie het die koning 'n grysaard van Athene gestuur, wat die manne van JeHûWdah moes dwing om af te wyk van die Wette van hulle vaders en om nie meer die Wette van Elohim te onderhou nie.

2 MAK 6:2 : Ook moes hy die Tempel van Jerusalem skend, en toewy aan Zeus Olimpius; en die tempel op die Gerisim, vanweë die gasvryheid van die bewoners, toewy aan Zeus Xénius.

2 MAK 6:3 : En die besoedeling het voortgewoeker, totdat dit vir die groot massa ook te swaar en ondraaglik geword het.

2 MAK 6:4 : Want in die tempel was daar volop liederlikheid en drinkpartye van die nasies; hulle het hulle verlustig in hoere, en in die suilegange van Apartheid, het hulle met vroue omgegaan, terwyl hulle verder allerlei aanstootlike dinge na binne gebring het.

2 MAK 6:5 : Ook die brandoffer het vol gelê met gruwelike aanbiedings, wat deur die Wet verbied is.

2 MAK 6:6 : Dit was verbode om die Sabbat of die voorvaderlike Feeste te vier, of om kenbaar te wees as 'n Hebreër,

2 MAK 6:7 : Met brute geweld is hulle na die offermaaltyd gesleep wat maandeliks op die koning se geboortedag plaasvind; en op die fees van Dionysus is hulle gedwing om met klimopranke deel te neem aan die optog vir Dionysus.

2 MAK 6:8 : Op voorstel van Ptoloméüs is vir die naburige Griekse stede 'n bevel uitgevaardig om daar op dieselfde wyse teen die manne van JeHûWdah op te tree en hulle te laat deelneem aan die offermaaltye;

2 MAK 6:9 : en die wat weier om die Griekse lewenswyse oor te neem, moes om die lewe gebring word. Toe kon 'n mens die begin van die ellende aanskou!

2 MAK 6:10 : Want twee vroue is voorgebring, omdat hulle hulle kinders laat besny het; hulle het die kinders aan die moeders se nekke gehang, en so is hulle openlik deur die stad gevoer en toe van die mure afgegooi.

2 MAK 6:11 : Ander, wat haastig bymekaar gekom het in 'n grot in die omgewing om daar in die geheim die Sabbat te vier, is aan Filippus verraai en gesamentlik verbrand, want hulle het hulleself nie durf verdedig uit eerbied vir die apartgestelde dag nie.

2 MAK 6:12 : Ek versoek die wat hierdie Boekrol in die hande kry, om hulle nie te vererg oor hierdie gebeurtenisse nie, maar om te bedink dat die strawwe nie die ondergang van ons volk beoog het nie, maar sy opvoeding.

2 MAK 6:13 : Want as die wetsoortreders nie lank met rus gelaat word nie, maar terstond hulle straf ontvang, dan is dit die teken van 'n groot weldaad.

2 MAK 6:14 : By die ander nasies was JaHWeH geduldig met Sy straf, totdat hulle die volle maat van hulle oortredinge bereik het, maar met ons het Hy besluit om dit anders te doen.

2 MAK 6:15 : Maar Hy het anders besluit, sodat Hy ons nie op die laaste oomblik, wanneer ons die hoogtepunt van ons oortredinge bereik het, met Sy wraak tref nie.

2 MAK 6:16 : Want Hy onttrek nooit Sy Ontferming aan ons nie, maar Hy tugtig Sy volk met rampe, sonder dat Hy hulle verlaat.

2 MAK 6:17 : Nietemin word hierdie dinge vir ons gesê, om te oorpeins. Na hierdie kort onderbreking moet ons voortgaan met die verhaal.

2 MAK 6:18 : Eleásar, wat een van die uitstekendste skrifgeleerdes was en 'n hoogbejaarde man met 'n indrukwek-kende voorkoms, is gedwing om varkvleis te eet, nadat hulle sy mond oopgemaak het.

2 MAK 6:19 : Maar omdat hy liewer eervol gesterf as in skande aan die lewe gebly het, het hy uit eie beweging na die pynbank gegaan.

2 MAK 6:20 : Hy het die vleis uitgespuug op dieselfde manier waarop ook die ander altyd die verbode voedsel behoort te weier, selfs ten koste van die lewe wat hulle liefhet.

2 MAK 6:21 : Maar omdat hulle die man nog van vroeër geken het, het die wat met die onwettige offermaaltye belas is, hom eenkant toe geneem en by hom daarop aangedring om sy eie vleis te laat kom, wat hy wel mag eet. Hy sou dit dan self kon toeberei en die skyn wek of hy van die offervleis eet wat deur die koning voorgeskryf is.

2 MAK 6:22 : Deur so te maak, sou hy aan die dood ontkom en deur hulle ou vriendskap welwillend behandel word.

2 MAK 6:23 : Maar hy het 'n pragtige besluit geneem, wat gepas het by sy leeftyd, die aansien van sy ouderdom, die edele grys hare wat hy gekry het, en by die uitstekende lewe wat hy sedert sy jeug gelei het. Maar dit was veral in ooreenstemming met die Wette van Apartheid wat Elohim gegee het, want hy het onmiddellik laat weet dat hulle hom na die Doderyk/Sheol moet stuur.

2 MAK 6:24 : Hy het gesê: Op ons leeftyd is dit nie betaamlik om te huigel nie, omdat baie jong manne sou kon meen dat die negentigjarige Eleásar die opvattinge van die verbasterdes oorgeneem het.

2 MAK 6:25 : As gevolg van my huigelary en ter wille van die bietjie lewe wat ek nog 'n kort tydjie kan hê, sou hulle deur my toedoen op 'n dwaalspoor kom, terwyl ek self 'n ouderdom van oortreding en skande sou verwerf.

2 MAK 6:26 : Want, ook al sou ek vir die oomblik ontslae wees van die mense se kwellinge, ek sou tog lewendig of dood nie aan die Hande van die Almagtige kon ontkom nie.

2 MAK 6:27 : Soos 'n man sal ek nou daarom my lewe verruil en wys dat ek my ouderdom werd is.

2 MAK 6:28 : En aan die jong manne sal ek 'n edele voorbeeld agterlaat, hoe 'n mens met moed en karakter goed kan sterf ter wille van die Wette van Apartheid. En toe hy dit gesê het, het hy met spoed na die pynbank gegaan.

2 MAK 6:29 : Maar vanweë hierdie woorde het sy begeleiers se vroeëre welwillendheid jeens hom in vyandigheid omgeslaan, want hulle het hom vir 'n dwaas aangesien.

2 MAK 6:30 : Toe hy dan op die punt gestaan het om onder die géselslae te beswyk, het hy gekreun en gesê: Aan JaHWeH is dit in Sy Wysheid bekend dat ek kon ontkom het aan die dood en nou die vreeslikste géselpyne in my liggaam verdra, maar dat ek dit met vreugde in my siel ondergaan uit eerbied vir Hom.

2 MAK 6:31 : Hy, wat op hierdie wyse gesterf het, het deur sy dood nie alleen vir die jong manne nie, maar vir die grootste deel van die volk 'n voorbeeld agtergelaat van 'n edele karakter en die herinnering van ware deug.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
6
Pablo Software Solutions Datum
OT