| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Voortsetting van die stryd teen die naburige volke. 2 MAK 12:1 : NADAT hierdie verdrae gesluit is, het Lísias teruggegaan na die koning, terwyl die manne van JeHûWdah weer hulle plaaswerk opgeneem het. 2 MAK 12:2 : Maar 'n paar plaaslike leëraanvoerders, te wete Timótheüs en Apollónius, die seun van Gennaíus, en verder Hiëronimus en Démofon, en ook nog Nikánor, die goewerneur van Ciprus, het hulle nie vreedsaam en rustig laat begaan nie. 2 MAK 12:3 : Die inwoners van Joppe het hierdie vreeslike misdaad gedoen: Hulle het die manne van JeHûWdah wat by hulle gewoon het, uitgenooi om saam met hulle vroue en kinders op skepe te gaan wat hulle in gereedheid gebring het, asof hulle geen vyandigheid in die skild voer nie. 2 MAK 12:4 : Dit was 'n algemene stadsbesluit, en hulle het toegestem omdat hulle in vrede wou lewe en geen argwaan gekoester het nie. So is nie minder as tweehonderd persone in die oop see gebring, waar hulle verdrink het! 2 MAK 12:5 : Toe Judas berig gekry het hoe wreed sy volksgenote mishandel is, het hy dit meegedeel aan die manne wat by hom was. 2 MAK 12:6 : En nadat hy sy Elohey, die regverdige Regter, aangeroep het, het hy opgeruk teen die moordenaars van sy broers. In die nag het hy die hawe aan die brand gesteek en die skuite verbrand, terwyl hy die wat daar weggeskuil het, gedood het. 2 MAK 12:7 : Omdat die stad self toegesluit is, het hy weggetrek met die bedoeling om weer terug te keer en dan die hele bevolking van Joppe uit te roei. 2 MAK 12:8 : Toe hy verneem dat die inwoners van Jámnia besluit het om op dieselfde wyse te handel met die manne van JeHûWdah wat by hulle woon, 2 MAK 12:9 : het hy die inwoners van Jámnia in die nag oorval en hulle hawe saam met die vloot aan die brand gesteek. Die vuurgloed kon sover soos Jerusalem, op 'n afstand van tweehonderd-en-veertig stadiums, gesien word. 2 MAK 12:10 : Nadat hulle nege stadiums daarvan weggetrek het, omdat hulle 'n veldtog teen Timótheüs begin het, het die Arabiere hulle met 'n strydmag van nie minder nie as vyfduisend voetknegte en vyfhonderd ruiters aangeval. 2 MAK 12:11 : In 'n hewige geveg het Judas se manne met die hulp van Elohim die oorwinning behaal, en die verslane nomade het Judas om vrede gevra en belowe om hulle vee te gee en in al die ander behoeftes behulpsaam te wees. 2 MAK 12:12 : Omdat Judas gemeen het dat hulle werklik in baie opsigte nuttig kon wees, het hy toegestaan om vrede met hulle te sluit; en nadat hulle mekaar die hand gereik het, het hulle na hulle tente teruggegaan. 2 MAK 12:13 : Daarna het hy 'n stad, met name Kaspin, aangeval wat met skanse versterk en rondom met mure omring is, en waar groepe van allerlei nasies gewoon het. 2 MAK 12:14 : Die inwoners het egter op die sterkte van die mure en die voorraad lewensmiddele vertrou, en daarom het hulle op 'n baie onbeskaamde wyse die manne van Judas uitgedaag en beskimp, terwyl hulle verder besoedelde spraak en onbehoorlike taal gepraat het. 2 MAK 12:15 : Toe het Judas se manne die Magtige Majesteit van die heelal aangeroep, wat in die dae van JeHôWshua sonder stormram of oorlogswerktuie Jerigo omvergewerp het; en onverskrokke het hulle die mure bestorm. 2 MAK 12:16 : Omdat dit die wil van Elohim was, het hulle die stad ingeneem. En hulle het so 'n onbeskryflike slagting aangerig, dat dit gelyk het of die nabygeleë meer, wat twee stadiums breed is, met bloed gevul is. 2 MAK 12:17 : Vandaar het hulle sewehonderd-en-vyftig stadiums verder getrek en in Charaka aangekom by die manne van JeHûWdah in Toebini. 2 MAK 12:18 : Tog het hulle in hierdie streke nie vir Timótheus gekry nie, want hy het onverrigtersake daarvandaan getrek, nadat hy op een plek 'n sterk besetting agtergelaat het. 2 MAK 12:19 : Twee van die Makkabeër se aanvoerders, Dositéüs en Sosípatros, het toe op pad gegaan en die soldate wat deur Timótheüs in die vesting agtergelaat is, uitgeroei. 2 MAK 12:20 : Toe het die Makkabeër sy leër in twee groepe verdeel en hulle oor een deel aangestel; daarna het hy teen Timótheüs opgetrek, wat honderd-en-twintigduisend voetknegte en tweeduisend-vyfhonderd ruiters by hom gehad het. 2 MAK 12:21 : Toe Timótheüs berig kry van Judas se opmars, het hy die vroue en kinders en ook die bagasie vooruitgestuur na 'n plek wat Karnion genoem word, omdat sy moeilik verower en bereik kan word vanweë al die nou bergpasse. 2 MAK 12:22 : Maar toe die vyande die eerste afdeling van Judas se leër sien, het die verskyning van die Oë [van JaHWeH] hulle so 'n vrees en angs ingeboesem, dat hulle op die vlug geslaan het. En omdat hulle na alle kante tegelyk weggehardloop het, is hulle dikwels deur hulle eie mense verwond en met die skerpte van die swaarde deursteek. [Openbaring 5:6] 2 MAK 12:23 : Judas het hulle vervolgens baie kragtig agtervolg en die booswigte afgemaai, sodat omtrent dertigdui-send man omgekom het. 2 MAK 12:24 : Timótheüs is self deur die manskappe van Dositéüs en Sosípatros gevange geneem, vir wie hy om lewensbehoud gesmeek het. Op baie listige wyse het hy dit laat voorkom of hy van sommige die ouers en van ander die broers in sy mag gehou het, en dat hulle 'n teleurstelling kon verwag as hy sou sneuwel. 2 MAK 12:25 : Nadat hy sy woord gegee en uitdruklik verseker het dat hy hulle ongedeerd sou laat gaan, het hulle hom vrygelaat om hulle broers te red. 2 MAK 12:26 : Daarna het Judas Karnion en die tempelgebied van Atergatis aangeval en vyf-en-twintigduisend man om die lewe gebring. 2 MAK 12:27 : Toe hy hierdie plekke ingeneem en verwoes het, het hy teen die versterkte stad Efron opgeruk, waar Lísias en 'n bont menigte uit allerlei nasies gewoon het. Voor die mure het fris jong manne op pos gestaan en dapper gestry, terwyl hulle in die stad self die beskikking gehad het oor 'n groot aantal oorlogswerktuie en katapulte. 2 MAK 12:28 : Maar die manne van JeHûWdah het die Meester aangeroep, wat met geweld die krag van die vyande vernietig het; en hulle het die stad in die hande gekry en omtrent vyf-en-twintigduisend inwoners gedood. 2 MAK 12:29 : Daarvandaan het hulle weggetrek en na Skitópolis opgeruk, wat seshonderd stadiums van Jerusalem geleë is. 2 MAK 12:30 : Maar die manne van JeHûWdah wat daar gewoon het, het verklaar dat die burgers van Skitópolis altyd baie goedgesind jeens hulle was en hulle in moeilike tye goed behandel het. 2 MAK 12:31 : Hulle het die burgers daarvoor hulle dank betoon met die versoek om ook in die toekoms welwillend jeens die volk te wees. Daarna het hulle na Jerusalem teruggekeer, omdat die Fees van die Weke naby gewees het. 2 MAK 12:32 : Na die Pinksterfees het hulle weer te velde getrek teen Górgias, die aanvoerder van die Edomiete. 2 MAK 12:33 : Hy het hulle tegemoet gegaan met drieduisend voetknegte en vierhonderd ruiters. 2 MAK 12:34 : Nadat hulle slaags geraak het, het dit egter gebeur dat 'n paar manne van JeHûWdah gesneuwel het. 2 MAK 12:35 : Toe het een van Bakénor se manskappe, met name Dositéüs, wat 'n besonder goeie ruiter was, kans gesien om Górgias se mantel vas te gryp. En terwyl hy besig was om hom met geweld weg te voer [want hy wou die booswig lewendig vang], het een van die Traciese ruiters hom aangeval en sy arm afgeslaan. So het Górgias na Marésa kon ontsnap. 2 MAK 12:36 : Maar toe ook die soldate van Esdris deur die langdurige stryd uitgeput raak, het Judas tot JaHWeH gebid om hulle Bondgenoot en Leier in die oorlog te wees. 2 MAK 12:37 : Vervolgens het hy in sy moedertaal 'n strydlied aangehef en onverwags op Górgias se soldate losgestorm en hulle op die vlug gedryf. 2 MAK 12:38 : Daarna het Judas sy leër versamel en na die stad Adúllam gegaan, maar omdat die sewende dag op hande was, het hulle hulleself ooreenkomstig die gewoonte gewas en daar Sabbat gehou. 2 MAK 12:39 : Die volgende dag het Judas se manne, omdat dit hoog tyd geword het, uitgegaan om die lyke van die gesneuweldes te haal en hulle by hulle bloedverwante in die grafte van hulle vaders te begrawe. 2 MAK 12:40 : Maar onder die klere van elke gesneuwelde soldaat het hulle amulette ontdek van die idole van Jámnia, terwyl dit deur die Wet aan die manne van JeHûWdah verbied is. Vir almal het dit toe duidelik gewees om watter rede hulle omgekom het. 2 MAK 12:41 : Hulle almal het JaHWeH, die regverdige Regter, geloof omdat Hy die verborge dinge openbaar maak. 2 MAK 12:42 : Daarna het hulle gaan bid, en hulle het gesmeek dat die oortreding wat gedoen is, volledig sou vergewe word. En die edele Judas het die volk vermaan om hulle van oortreding te vrywaar, want hulle het nou met hulle eie oë kon aanskou watter dinge aan die gesneuweldes vanweë die oortreding oorkom het. 2 MAK 12:43 : Ook het hy onder die manne deur 'n geldinsameling tweeduisend dragmes bymekaar gemaak, en hy het dit na Jerusalem gestuur om 'n versoeningsbydrae vir die oortreding op te dra. Dit was 'n besonder mooi en edele daad, omdat hy aan die wederopstanding gedink het. 2 MAK 12:44 : Want as hy nie verwag het dat die gestorwenes weer sal verrys nie, sou dit nutteloos en onverstandig gewees het om vir die oorledenes te bid. 2 MAK 12:45 : Verder het hy ook oorweeg dat vir die wat vroom ontslaap het, 'n glansryke beloning wag. Inderdaad 'n spesiale en vrome gedagte. En om hierdie rede het hy vir die oorledenes 'n versoeningsbydrae laat opdra, sodat hulle van hulle oortreding verlos mag word. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |