1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die bevrydingsoorlog van Judas die Makkabeër.

2 MAK 8:1 : INTUSSEN het Judas die Makkabeër en sy volgelinge in die geheim by die dorpe langs gegaan; hulle het hulle verwante opgeroep, en die manne versamel wat trou gebly het aan JeHûWdah. So het hulle omtrent sesduisend bymekaar gebring.

2 MAK 8:2 : En hulle het na JaHWeH geroep om neer te sien op die volk, wat aan alle kante verdruk is, en om Hom te ontferm oor die Tempel, wat deur besoedelde mense geskend is;

2 MAK 8:3 : om Medelye te hê met die vernielde stad, wat op die punt staan om met die Aarde gelyk gemaak te word, en om ag te slaan op die bloed wat om wraak roep;

2 MAK 8:4 : om te dink aan die ongeregverdige uitroeiing van onskuldige kinders en die laster teen Sy Naam, en om die Besoedeling te straf.

2 MAK 8:5 : Toe die Makkabeër 'n leër versamel het, het die nasies hom nie meer kon teëhou nie, omdat JaHWeH se Woede in Ontferming verander het.

2 MAK 8:6 : Onverwags het hy stede en dorpe aangeval en aan die brand gesteek; ook het hy gunstige stellinge beset, en so 'n hele aantal vyande op die vlug gedryf.

2 MAK 8:7 : Gewoonlik het hy vir dergelike aanvalle die nagte gebruik. En die berig van sy dapperheid het orals versprei.

2 MAK 8:8 : Toe Filippus sien dat hierdie man in 'n kort tydjie groot vorderings maak, en dat hy vanweë sy herhaaldelike suksesse steeds verder gaan, het hy na Ptoloméüs, die bevelhebber van Celesírië en Fenícië, geskryf om die saak van die koning te kom help.

2 MAK 8:9 : Laasgenoemde het terstond Nikánor, die seun van Pátroklus en een van sy vertrouelinge, ontbied en met 'n leër van nie minder as twintigduisend man, wat uit allerlei nasies saamgestel is, het hy hom uitgestuur om die hele Hebreeuse volk uit te roei. Ook het hy Górgias saamgestuur, 'n veldheer met baie oorlogservaring.

2 MAK 8:10 : Nikánor het homself voorgestel om aan die koning die hele bedrag van tweeduisend talente wat laasgenoemde aan die Romeine geskuld het, te kan aanbied uit die verkoping van Hebreeuse gevangenes.

2 MAK 8:11 : Hy het daarom terstond uitnodiginge na die kusstede gestuur vir die verkoping van Hebreeuse slawe; hy het belowe om negentig slawe vir een talent te verkoop, want hy het nie verwag met watter straf die Almagtige voornemens was om hom te agtervolg nie.

2 MAK 8:12 : Toe Judas berig ontvang het van Nikánor se opmars, het hy aan sy volgelinge deurgegee dat die leër in aantog is.

2 MAK 8:13 : Die kleinmoediges en die wat nie op Elohim se Geregtigheid vertrou het nie, het weggeloop en gemaak dat hulle weg kom.

2 MAK 8:14 : Maar die ander het al die dinge wat hulle oorgehou het, verkoop en tegelyk vir JaHWeH gebid om hulle te verlos van die wettelose Nikánor, wat hulle voor die ontmoeting al verkoop het.

2 MAK 8:15 : En as Hy dit nie ter wille van hulleself wou doen nie, dan tog ter wille van die Verbond met hulle vaders en vanweë Sy eie eerbiedwaardige en verhewe Naam, wat oor hulle uitgeroep is.

2 MAK 8:16 : Vervolgens het die Makkabeër sy volgelinge, wat omtrent sesduisend getel het, versamel en hulle vermaan om nie bang te wees vir die vyande nie en nie die moed te verloor teenoor die groot aantal nasies wat teen hulle optrek nie, maar om dapper te veg.

2 MAK 8:17 : Hulle moes daaraan dink hoe wetteloos die nasies teen Apartheid optree, watter gruweldade hulle in hulle vermetelheid teen die geteisterde stad pleeg, en hoe hulle die voorouerlike regeringsvorm afgeskaf het.

2 MAK 8:18 : Hulle vertrou wel op hulle wapens en roekeloosheid, het hy gesê, maar ons vertrou op die Almagtige El, wat ons vyande en die hele wêreld in een oogwink kan vernietig.

2 MAK 8:19 : Verder het hy hulle herinner aan die hulp wat hulle vaders ondervind het, hoe in die tyd van Sánherib honderd-vyf-en-tagtigduisend gesneuwel het;

2 MAK 8:20 : hoe in die slag teen die Galásiërs in Babel [waaraan slegs agtduisend manne van JeHûWdah en vierduisend Macedoniërs deelgeneem het] daardie agtduisend, toe die Macedoniërs in die verdrukking kom, honderd-en-twintig-duisend kon verslaan en 'n ryke buit kon bemagtig, danksy die hulp en bystand van die Hemele.

2 MAK 8:21 : So het hy hulle bemoedig. En hulle was bereid om hulle lewe te gee vir die Wet en hulle vaderland. Daarna het hy die leër in vier afdelings verdeel.

2 MAK 8:22 : Oor elke afdeling het hy een van sy broers aangestel: Simon, JôWsef en JeHôWnatan; en aan elkeen van hulle het hy die bevel oor vyftienhonderd manskappe gegee.

2 MAK 8:23 : Vervolgens het hy Eleásar laat voorlees uit die Boek van Apartheid, en aan hulle as strydkreet gegee: Met die hulp van die Elohim! En nadat hy self die bevel oor die eerste afdeling geneem het, het hy opgetrek teen Nikánor.

2 MAK 8:24 : Die Almagtige was hulle bondgenoot, en daarom het hulle meer as negeduisend vyande gedood en die grootste deel van Nikánor se leër verwond en vermink, en die hele leër op die vlug gedryf.

2 MAK 8:25 : Hulle het die geld geneem van die wat gekom het om hulle te koop en daarna nog taamlik ver agtervolg; maar toe die tyd 'n beswaar word, het hulle die agtervolging gestaak.

2 MAK 8:26 : Dit was naamlik die dag voor die Sabbat, en daarom kon hulle die vyande nie verder agtervolg nie.

2 MAK 8:27 : Hulle het dus die wapens en die buit van die vyande geneem en Sabbat gevier, terwyl hulle met ywer JaHWeH geloof en geprys het, omdat Hy hulle op daardie dag gered het en begin het om weer Sy Barmhartigheid te betoon.

2 MAK 8:28 : Na die Sabbat het hulle 'n deel van die buit gegee aan die wat vervolg is en aan die weduwees en die wese; en die res het hulle onder mekaar en hulle kinders verdeel.

2 MAK 8:29 : Nadat hulle dit gedoen het, het hulle gesamentlik tot die barmhartige JaHWeH gebid, en het hulle gesmeek om Hom volkome met Sy diensknegte te versoen.

2 MAK 8:30 : Toe het hulle slaags geraak met die soldate van Timótheüs en Bakchídes, aan wie hulle meer as twintigduisend gedood het, terwyl hulle ook die vestings op die hoogste bergtoppe oormeester het. Die oorvloedige buit het hulle gelyklik onder mekaar verdeel en onder die vervolgdes, die wese, die weduwees en die oudstes.

2 MAK 8:31 : Al die wapens wat hulle gebuit het, het hulle sorgvuldig op geskikte plekke opgeslaan, terwyl hulle die res van die buit na Jerusalem gebring het.

2 MAK 8:32 : Ook het hulle die aanvoerder van Timótheüs se soldate gedood, 'n uiters wrede man wat baie smarte oor die manne van JeHûWdah gebring het.

2 MAK 8:33 : En toe hulle in die vaderstad hulle oorwinningsfeeste vier, het hulle die wat die apartgestelde poorte aan die brand gesteek het saam met Kallístenes verbrand, ofskoon laasgenoemde in 'n sekere huis weggeskuil het. En so het hy sy verdiende loon gekry vir sy besoedeling.

2 MAK 8:34 : En die aartsbooswig, Nikánor, wat reeds duisend slawehandelaars laat kom het om die manne van JeHûWdah te koop,

2 MAK 8:35 : is met die hulp van JaHWeH deur hulle verneder wat hy self die diepste verag het. Hy het sy fraai uitrusting moes aflê en soos 'n gedroste slaaf op eensame paaie loop, totdat hy, volkome oorweldig deur die ondergang van sy leër, in Antiochië aangekom het.

2 MAK 8:36 : En hy wat belowe het om die belasting aan die Romeine te betaal uit die opbrengs van die krygsgevangenes van Jerusalem, moes nou meld dat die manne van JeHûWdah vir JaHWeH as hulle bondgenoot het en dat die manne van JeHûWdah daarom onkwetsbaar is, omdat hulle die Wet onderhou wat Hy aan hulle opgelê het.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
8
Pablo Software Solutions Datum
OT