1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHűW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWčshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWčshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Judas se stryd teen Demétrius.

2 MAK 14:1 : DRIE jaar later het Judas se aanhangers verneem dat Demétrius, die seun van Seleúkus, met 'n sterk leër en 'n vloot uit die hawe van Trípolis weg gevaar het,

2 MAK 14:2 : en dat hy die land in besit geneem het, nadat hy Antíochus en sy voog Lísias om die lewe gebring het.

2 MAK 14:3 : Daar was toe 'n sekere Alkimus, 'n voormalige hoëpriester, wat hom in die tyd van die vyandelikhede uit eie beweging besoedel het omdat hy ingesien het dat daar vir hom op geen enkele wyse nog Verlossing of toegang tot die altaar van Apartheid sou wees nie.

2 MAK 14:4 : In die jaar honderd-een-en-vyftig het hy dan ook na koning Demétrius gegaan en vir hom 'n goue krans en palmtak gebring, en verder ook nog die gebruiklike tempeltakke. Origens het hy hom daardie dag nog rustig gehou.

2 MAK 14:5 : Maar hy het sy kans gekry om sy misdadige plan uit te voer, toe Demétrius hom na 'n vergadering uitnooi en hom omtrent die stemming en planne van die manne van JeHűWdah ondervra. Hy het daarop geantwoord:

2 MAK 14:6 : Die manne van JeHűWdah wat Assideërs genoem word en onder die leiding van Judas die Makkabeër staan, is oorlogsugtig en soek opstand, en hulle gee die koninkryk nie die geleentheid om tot rus te kom nie.

2 MAK 14:7 : Om hierdie rede het ek my erflike waardigheid [ek bedoel die hoëpriesterskap] verloor en nou hierheen gekom:

2 MAK 14:8 : Eerstens uit opregte bekommernis oor die regte van die koning, vervolgens omdat ek die welsyn van my medeburgers op die hart dra; want deur die dwaasheid van die strewers ly ons hele volk baie skade.

2 MAK 14:9 : Koning, laat u omtrent al hierdie dinge voorlig, en neem u dan vir ons verdrukte land en volk maatreëls ooreenkomstig die welwillendheid wat u aan elkeen betoon.

2 MAK 14:10 : Want so lank soos Judas lewe, is dit onmoontlik dat die staat tot rus kom.

2 MAK 14:11 : Nadat hy hierdie woorde gesę het, het die ander vertrouelinge wat Judas vyandig gesind was, Demétrius nog feller opgestook.

2 MAK 14:12 : Hy het daarom terstond Nikánor, 'n voormalige hoofman oor die olifante, laat kom en hom as bevelhebber aangestel en na JeHűWdah gestuur.

2 MAK 14:13 : Daarby het hy hom opdrag gegee om Judas om die lewe te bring, sy aanhangers uitmekaar te ja en Alkimus as hoëpriester van die verhewe Tempel aan te stel.

2 MAK 14:14 : AI die nasies wat vanweë Judas uit JeHűWdah weggevlug het, het hulle nou groepsgewys by Nikánor aangesluit, omdat hulle gereken het dat die manne van JeHűWdah se rampe en teenspoed vir hulleself seën [voorspoed] sou bring.

2 MAK 14:15 : By die berig van Nikánor se opmars en die nasies se vyandigheid het die manne van JeHűWdah stof op hulle hoofde gestrooi en Hom gesmeek wat Sy volk vir ewig gevestig het en wat altyd Sy Erfdeel sigbaar beskerm.

2 MAK 14:16 : Op bevel van hulle aanvoerder het hulle vervolgens met spoed opgeruk en naby die dorp Dessaöe die vyande aangetref.

2 MAK 14:17 : Simon, die broer van Judas, het met Nikánor slaags geraak, maar vanweë die skielike verskyning van sy teëstanders is hy met traagheid en verstomming geslaan.

2 MAK 14:18 : Tog het Nikánor dit nie gewaag om die beslissing deur bloedvergieting deur te druk nie, omdat hy gehoor het hoe groot die moed en dapperheid van Judas se manne is in die stryd vir hulle vaderland.

2 MAK 14:19 : Hy het daarom Posidónius, Teodótus en Mattatías gestuur om oor die vrede te onderhandel.

2 MAK 14:20 : Na taamlik langdurige besprekings het die aanvoerder sy manne mededeling gedoen omtrent die toestand, en hulle het die ooreenkoms met algemene stemme goedgekeur.

2 MAK 14:21 : Verder het hulle 'n dag vasgestel waarop hulle mekaar persoonlik sou ontmoet. Van albei kante het 'n strydwa voorgery, en setels is gereedgesit.

2 MAK 14:22 : Judas het nog op verskeie gunstige plekke gewapende manne geplaas vir ingeval die vyande skielik verraad sou pleeg, maar die onderhandelinge het sonder onenigheid verloop.

2 MAK 14:23 : Nikánor het verder Jerusalem besoek en daar geen onbehoorlike dinge gedoen nie; hy het selfs die manskappe afgedank wat hulle in groepe by hom aangesluit het.

2 MAK 14:24 : Hy het ook voortdurend Judas se geselskap gesoek, want hy het baie aangetrokke gevoel.

2 MAK 14:25 : En toe hy hom aanraai om te trou en 'n nageslag te verwerf, het Judas inderdaad getrou; hy was geseënd en het die lewe geniet.

2 MAK 14:26 : Alkimus het hierdie wedersydse vriendskap opgemerk, en nadat hy hom op hoogte gestel het van die verdrae wat hulle gesluit het, het hy na Demétrius gegaan en Nikánor van hoogverraad beskuldig, omdat hy Judas, die belaer van die koninkryk, as sy opvolger aangewys het.

2 MAK 14:27 : Die koning het woedend geword en omdat hy deur die booswig se lasterpraatjies opgestook is, het hy Nikánor 'n brief geskryf en vir hom laat weet dat hy die verdrae nie goedkeur nie. Ook het hy hom beveel om die Makkabeër so gou moontlik in boeie na Antiochië te stuur.

2 MAK 14:28 : Hierdie feite het Nikánor baie verontrus, en dit het hom swaar geval om die ooreenkomste te skend, omdat Judas geen onreg gepleeg het nie.

2 MAK 14:29 : Maar omdat dit ook nie moontlik was om hom teen die koning te verset nie, het hy op 'n goeie geleentheid gewag om die opdrag langs 'n ompad uit te voer.

2 MAK 14:30 : Toe die Makkabeër egter merk dat Nikánor hom koeler begin behandel en by die gereelde samekomste selfs taamlik terughoudend word, het hy begryp dat die koelheid geen goed voorspel nie. Daarom het hy 'n aan-sienlike getal aanhangers versamel en weggeskuil vir Nikánor.

2 MAK 14:31 : Toe laasgenoemde insien dat hy deur Judas se kragtige optrede uitoorlę is, het hy na die verhewe Tempel van Apartheid gegaan op die tyd dat die priesters die voorgeskrewe bydraes opdra, en hy het geëis om hom uit te lewer.

2 MAK 14:32 : Maar hulle het gesweer dat hulle nie weet waar die bewuste persoon is nie.

2 MAK 14:33 : Toe het hy sy regterhand teen die Tempel opgehef en gesweer: As julle Judas nie geboei aan my uitlewer nie, sal ek hierdie plek van Elohim met die grond gelykmaak en die brandoffer-altaar afbreek en op dieselfde plek dan 'n pragtige tempel vir Dionysos bou.

2 MAK 14:34 : Na hierdie dreigwoorde het hy weggegaan. En die priesters het hulle hande na die Hemele uitgestrek en Hom gesmeek wat in alle omstandighede vir ons volk stry, en hulle het gesę:

2 MAK 14:35 : JaHWeH, onafhanklik heers U oor die heelal, maar nietemin is dit U wil om 'n Tempel te hę waarin U onder ons woon.

2 MAK 14:36 : O Aparte Een, JaHWeH van die Apartheid, vrywaar U hierdie woning wat onlangs gesuiwer is dus van ontering tot in ewigheid!

2 MAK 14:37 : Ráges, een van die oudstes in Jerusalem, is toe by Nikánor aangekla. Hy was 'n man wat sy medeburgers liefgehad en baie gunstig bekendgestaan het; vanweë sy goedgeaardheid is hy selfs vader van die manne van JeHűWdah genoem.

2 MAK 14:38 : Reeds tydens die vroegste vyandelikhede het hy die saak van JisraEl verdedig, terwyl hy deur sy ywer sy liggaam en siel vir JisraEl op die spel gesit het.

2 MAK 14:39 : Maar omdat Nikánor 'n duidelike voorbeeld wou gee van sy afkeer van die manne van JeHűWdah, het hy meer as vyfhonderd soldate gestuur om hom gevange te neem;

2 MAK 14:40 : want hy het verwag dat sy gevangeneming hulle groot skade sou berokken.

2 MAK 14:41 : Maar toe die troepe op die punt staan om sy versterkte woning te oorweldig, en hy rondom ingesluit is [want hulle was reeds besig om die hoofingang oop te breek en het vuur laat bring om die deure aan die brand te steek], het hy homself met sy swaard deursteek.

2 MAK 14:42 : Hy het liewer eervol wou sterf as om in die hande te val van die booswigte, wat hom sou mishandel op 'n manier wat teenstrydig was met sy edele afkoms.

2 MAK 14:43 : Vanweë die haastigheid waarmee hy gehandel het [want die troepe het reeds deur die deure binnegedring], was die wond minder geslaagd. Hy het daarom onverskrokke op die muur geklim en homself vol moed op die menigte onder laat val.

2 MAK 14:44 : Maar hulle het haastig teruggewyk, sodat daar 'n oop ruimte ontstaan het, en hy in die midde daarvan tereggekom het.

2 MAK 14:45 : Tog het hy nog geleef; en terwyl die bloed in strome uit sy smartlike wonde gevloei het, het hy in brandende toorn opgespring, deur die menigte weggehardloop en op 'n steil rots gaan staan.

2 MAK 14:46 : Reeds volkome leeggebloei, het hy sy ingewande uitgeruk en met albei hande na die troepe gegooi. En nadat hy JaHWeH van lewe en gees nog gesmeek het om hom dit weer terug te gee, het hy gesterf.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
14
Pablo Software Solutions Datum
OT