| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die martelaarskap van 'n moeder en haar sewe seuns. 2 MAK 7:1 : SO het dit gebeur dat ook sewe broers en hulle moeder gevange geneem is en deur die koning met gesel- en sweepslae gedwing is om die verbode varkvleis te eet. [Hebreërs 11:35] 2 MAK 7:2 : Toe het een van hulle, wat ook namens die ander gepraat het, gesê: Wat wil u vir ons vra en te wete kom? Want ons is bereid om liewer te sterf as om die Wette van ons vaders te oortree. 2 MAK 7:3 : Maar die koning het woedend geword en opdrag gegee om die ketels en panne vuurwarm te maak. 2 MAK 7:4 : Toe hulle vuurwarm was, het hy van diegene wat ook namens die ander gepraat het, die tong laat uitsny en hom op die manier van die Skite sy hoofvel laat aftrek en ook sy hande en voete laat afkap. Intussen moes die ander broers en sy moeder toekyk. 2 MAK 7:5 : Hy het hom aldus volkome vermink na die vuur laat bring en lewendig in 'n pan laat braai. En terwyl die damp wyd uit die pan opgestyg het, het hulle mekaar aangespoor om saam met die moeder moedig te sterf. Hulle het gesê: 2 MAK 7:6 : JaHWeH, onse Elohey sien dit, en Hy sal ons deur die Waarheid vertroos, soos Moshè duidelik in sy gesang van getuienis voorspel het, toe hy sê: En Hy skenk vertroosting aan Sy diensknegte. [JeHôWganan 14:26] 2 MAK 7:7 : Toe die eerste een op hierdie wyse gesterf het, het hulle die tweede gebring om bespot te word. Hulle het sy hoofvel met die hare daaraan rondom afgetrek en toe vir hom gevra of hy nie liewers sou eet as om sy liggaam lit vir lit te laat vermink nie. 2 MAK 7:8 : Maar in sy moedertaal het hy geantwoord en gesê: Beslis nie! Daarom het ook hy agtereenvolgens dieselfde folteringe ondergaan as die eerste. 2 MAK 7:9 : Tog het hy met sy laaste asem nog gesê: Booswig! jy beroof ons wel van die teenswoordige lewe, maar die Koning van die heelal sal ons, wat om Sy Wette gedood word, laat opstaan vir die opstanding tot die Ewige Lewe. 2 MAK 7:10 : Na hom is die derde gemartel. Terstond toe hulle hom vra, het hy sy tong uitgesteek en sy hande moedig voor hom uitgestrek. 2 MAK 7:11 : En met fierheid het hy gesê: Van die Hemele het ek hierdie lede gekry, en ter wille van Sy Wette spaar ek hulle nie; maar ek hoop dat ek hulle weer opnuut van Hom sal terugkry. 2 MAK 7:12 : Selfs die koning en die wat by hom was, het hulle verbaas oor die seun se moed, omdat hy hom heeltemal nie oor die folteringe bekommer het nie. 2 MAK 7:13 : Nadat ook hy gesterf het, het hulle die vierde met dieselfde folteringe gemartel. 2 MAK 7:14 : Toe hy aan sy einde kom, het hy nog gesê: Dit is verkiesliker om deur mense om die lewe gebring te word as deur Elohim, van wie ons met vertroue verwag dat Hy ons sal opwek. Maar vir jou sal daar geen wederopstanding wees tot die lewe nie. 2 MAK 7:15 : Onmiddellik hierna het hulle toe die vyfde voorgebring en gemartel. 2 MAK 7:16 : Hy het na die koning gekyk en gesê: By die mense het jy die mag om met hulle te maak soos jy wil, ofskoon jy ook sterflik is; maar jy moet nie meen dat ons volk deur Elohim verlaat is nie. 2 MAK 7:17 : Leef jy net lank genoeg, en aanskou dan die grootheid van Sy Mag: hoe Hy jou en jou nageslag sal folter. 2 MAK 7:18 : Na hom het hulle die sesde gebring. En toe hy ook op die punt staan om die gees te gee, het hy nog gesê: Jy moet jou nie deur die skyn laat mislei nie; ons ondergaan hierdie folteringe om ons eie ontwil. Ontstellende dinge het oor ons gekom, omdat ons teen onse Elohey oortree het. 2 MAK 7:19 : Maar jy moet nie meen dat jy self ongestraf sal bly nie, want jy het dit gewaag om teen Elohim te veg. 2 MAK 7:20 : Tog het die moeder ook reg op ons bewondering, en sy verdien dat haar gedagtenis geëer word. Want ofskoon sy op een dag haar sewe seuns sien sterf het, het sy moedig standgehou, omdat sy op JaHWeH gehoop het. 2 MAK 7:21 : Sy het elkeen van hulle in die moedertaal met edele oortuiging bygestaan. En terwyl sy haar vrouehart met mannemoed opgewek het, het sy vir hulle gesê: 2 MAK 7:22 : Ek weet nie hoe julle in my skoot gevorm is nie, want dit is nie ek wat julle asem en lewe gegee het nie; en dit is ook nie ek wat elkeen se lewensbeginsels gerangskik het nie. 2 MAK 7:23 : Nee, dit was die Skepper van die heelal. Hy laat 'n adamiet ontstaan, soos Hy die ontstaan van alles uitdink. Hy sal julle in Sy Ontferming opnuut weer asem en lewe gee, as julle nou terwille van Sy Wette julleself nie spaar nie. 2 MAK 7:24 : Antíochus het gemeen dat sy hom hoon, en hy het vermoed dat sy met minagting praat. Daarom het hy geprobeer om die jongste seun, wat nog oorgebly het, nie alleen met woorde te verlei nie, maar hy het ook met ede verseker dat hy hom ryk en geseënd sal maak, as hy net die Wette van sy vaders verloën; en sou hom sy vertroueling maak en openbare ampte aan hom toevertrou. 2 MAK 7:25 : Maar toe die seun hom heeltemal nie daaraan steur nie, het die koning die moeder geroep, en hy het by haar daarop aangedring om die seun vir sy eie beswil te raai. 2 MAK 7:26 : Omdat hy baie lank bly aandring, het sy ingestem om haar seun te raai. 2 MAK 7:27 : Sy het oor hom gebuig en ten spyte van die tiran het sy in die moedertaal met hom gepraat en gesê: My seun, betoon medelye met my! Nege maande het ek jou in my skoot gedra, drie jaar het ek jou self gevoed en tot op hierdie leeftyd het ek jou versorg en grootgemaak en opgepas. 2 MAK 7:28 : Ek smeek jou, my kind, kyk na die Hemele en die Aarde en alles wat in haar is. Dink daaraan dat Elohim hierdie dinge uit niet gemaak het, en dat die mensdom net so ontstaan het. 2 MAK 7:29 : Wees nie bang vir daardie laksman nie, maar wys dat jy jou broers werd is, en neem die dood aan, sodat ek jou saam met jou broers op die dag van ontferming weer terugkry. 2 MAK 7:30 : Nouliks nadat sy hierdie dinge gesê het, het die seun geantwoord: Vir wie wag julle? Die bevel van die koning gehoorsaam ek nie, maar wel luister ek na die bevel van die Wet, wat deur Moshè aan ons vaders gegee is. 2 MAK 7:31 : Jy dan, wat al die rampe vir die manne van JeHûWdah uitgedink het, jy sal nie aan die Hande van Elohim ontkom nie. 2 MAK 7:32 : Want ons ly net om ons eie oortredinge. 2 MAK 7:33 : En as die lewende Meester vir 'n kort tydjie op ons vertoorn is, sodat Hy ons tugtig en straf, dan sal Hy Hom tog weer met Sy diensknegte versoen. 2 MAK 7:34 : Maar jy, die ellendigste booswig van al die mense, moenie jou verhoog in jou ydele waan of ongeduldig word in jou onsekere hoop nie, terwyl jy die hand slaan aan Sy diensknegte. 2 MAK 7:35 : Want jy het die oordeel van die Almagtige en Alsiende Elohim nog nie ontloop nie. 2 MAK 7:36 : Nadat hulle 'n kort tydjie pyn gely het, het ons broers nou immers onder die Verbond van Elohim die Ewige Lewe binnegegaan; maar jy sal in die oordeel van Elohim die regverdige straf vir jou hoogmoed ontvang. 2 MAK 7:37 : Ek dan, ek gee net soos my broers my liggaam en my lewe vir die voorvaderlike Wette. En ek smeek my Elohey dat Hy die volk weer spoedig in Barmhartigheid aanneem, terwyl Hy jou deur kwellinge en besoekinge sal dwing om te erken dat Hy alleen El is. 2 MAK 7:38 : En dat die Woede van die Almagtige, wat tereg oor ons hele volk gebring is, in my en my broers 'n einde mag vind. 2 MAK 7:39 : Hieroor het die koning mal van woede geword; en omdat hy deur die smaad verbitter is, het hy hom nog erger laat martel as die ander. 2 MAK 7:40 : Maar ook hy het met 'n suiwer gewete en in 'n volkome vertroue op JaHWeH die gees gegee. 2 MAK 7:41 : As laaste het ook die moeder van die seuns gesterf. 2 MAK 7:42 : Laat hiermee genoeg gesê wees oor die offermaaltye en die buitensporige folteringe. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |