1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Verdere oorwinnings van Judas. Vredesverdrag met Antíochus.

2 MAK 13:1 : IN die jaar honderd-nege-en-veertig het die aanhangers van Judas berig gekry dat Antíochus Eúpator met 'n menigte manskappe teen JeHûWdah opruk,

2 MAK 13:2 : en dat Lísias, sy voog en regeringshoof, hom vergesel. Hulle het die bevel gevoer oor 'n Griekse leër van honderd-en-tienduisend voetknegte, vyfduisend-driehonderd ruiters, twee-en-twintig olifante en driehonderd strydwaens met sense.

2 MAK 13:3 : Ook Meneláüs het hom by hulle aangesluit en het deur sy herhaalde huigelary Antíochus nog opgestook; want hy was nie op die redding van sy vaderland bedag nie maar om in sy amp herstel te word.

2 MAK 13:4 : Maar die Koning van die konings het Antíochus se toorn teen die booswig opgewek, en toe Lísias nog die bewys lewer dat hy die oorsaak van al die moeilikhede is, het Antíochus opdrag gegee om hom na Berea te bring en daar volgens die plaaslike gebruik tereg te stel.

2 MAK 13:5 : Daar staan naamlik 'n toring van vyftig voorarm wat vol as is, en wat voorsien is van 'n draaibare werktuig wat aan alle kante steil na die as lei.

2 MAK 13:6 : Diegene wat hom nou aan tempelroof of enige ander swaar misdaad skuldig gemaak het, is daar in die teenwoordigheid van almal in die verderf gestort.

2 MAK 13:7 : Dit was dan ook die wettelose Meneláüs se lot om op hierdie wyse om te kom sonder om 'n graf in die grond te kry.

2 MAK 13:8 : En volkome tereg; want hy het so baie oortredinge teen die altaar gedoen, waarvan die vuur en die as gewyd is, dat hy sy dood in die as moes vind.

2 MAK 13:9 : Intussen het die koning opgeruk met die barbaarse plan om die manne van JeHûWdah nog erger te mishandel as wat onder sy vader die geval gewees het.

2 MAK 13:10 : Toe Judas hiervan berig gekry het, het hy die volk laat weet om bedags en snags na JaHWeH te roep, dat Hy ook nou, net soos by vroeër geleenthede, die te hulp sou kom wat op die punt staan om die Wet, die vaderland en die Tempel van Apartheid te verloor;

2 MAK 13:11 : en dat Hy nie sou toestaan dat die volk, wat nog slegs kortliks herstel het, opnuut in die hande van die wettelose nasies val nie.

2 MAK 13:12 : Eensgesind het hulle dit almal gedoen; en met weeklagte en vas en op hulle knieë het hulle die barmhartige JaHWeH drie dae lank sonder onderbreking gesmeek. Intussen het Judas hulle moed ingespreek; daarna het hy hulle beveel om hulle gereed te maak.

2 MAK 13:13 : In oorleg met die oudstes het hy toe besluit om op te ruk en met die hulp van Elohim die saak te beslis, voordat die leër van die koning in JeHûWdah val en die stad inneem.

2 MAK 13:14 : En terwyl hy die afloop aan die Skepper van die Aarde oorgelaat het, het hy sy manne aangespoor om dapper tot die dood te stry vir die Wet, die Tempel, die Stad, die vaderland en die staat. Daarna het hy naby Modin laer getrek.

2 MAK 13:15 : Aan sy manne het hy as wagwoord gegee: "Die oorwinning kom van die Elohim". Vervolgens het hy die dapperste jong manne uitgekies en 'n nagtelike aanval gedoen op die koninklike tent, waarby hy tweeduisend man in die laer neergeslaan het en selfs die grootste olifant saam met sy oppasser gedood het.

2 MAK 13:16 : Oplaas het hulle die hele laer in vrees en verwarring gebring en voorspoedig teruggetrek.

2 MAK 13:17 : Dit het gebeur toe dit al dag begin word het, omdat JaHWeH hom met Sy beskerming te hulp gekom het.

2 MAK 13:18 : Omdat die koning 'n voorsmaak van die manne van JeHûWdah se vasberadenheid gekry het, het hy pogings aangewend om die plekke deur lis in die hande te kry.

2 MAK 13:19 : Hy het die sterk Hebreeuse vesting Bet-Sur aangeval, maar is afgeslaan; hy het opnuut gestorm, maar weer gefaal.

2 MAK 13:20 : Intussen het Judas aan die inwoners gestuur wat hulle nodig het.

2 MAK 13:21 : Maar Rodokus, een van die Hebreeuse soldate, het die geheim aan die vyande verraai; hy is egter betrap, gevang en opgesluit.

2 MAK 13:22 : Toe het die koning opnuut onderhandelinge gevoer met die inwoners van Bet-Sur en vredesvoorstelle gedoen, wat aangeneem is. Daarna het hy weggetrek en het hy Judas se leër aangeval; maar hy het verloor.

2 MAK 13:23 : Nadat hy vervolgens berig gekry het dat Filippus, wat hy in Antiochië as bestuurder agtergelaat het, in opstand gekom het, het hy in sy verwarring 'n beroep gedoen op die manne van JeHûWdah. Hy was baie toegewend en het met 'n eed tot al hulle regmatige begeertes ingewillig. Hy het hom met hulle versoen en selfs 'n aanbieding laat opdra, terwyl hy jeens die Tempel sy eerbied betoon het en hom vriendelik teenoor die stad gedra het.

2 MAK 13:24 : Hy het ook die Makkabeër ontvang en hom as sy goewerneur aangestel oor die gebied van Ptolemáïs tot Gerar.

2 MAK 13:25 : Daarna het hy na Ptolemáïs vertrek. Maar die inwoners van hierdie stad was ontevrede oor die verdrag, want hulle het hulle vererg oor die bepalinge en wou dat hulle sou herroep word.

2 MAK 13:26 : Lísias het toe op die spreekgestoelte geklim en met ywer die saak verdedig. Hy het hulle met kalmerende woorde tot ander gedagtes gebring en tevrede gestel. Daarna het hy na Antiochië teruggekeer. So het die opmars en terugtog van die koning verloop.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
13
Pablo Software Solutions Datum
OT