| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
2 MAK 2:1 : IN die Kroniekboeke vind 'n mens dat die profeet, JirmeJaHûW aan die ballinge beveel het om van die vuur te neem, soos ons reeds vermeld het. 2 MAK 2:2 : Maar ook dat die profeet aan die ballinge die Boek van die Wet gegee het, en dat hy aan hulle opdrag gegee het om die Gebooie van JaHWeH nie te vergeet nie en om hulle gewete nie op 'n dwaalspoor te laat lei, wanneer hulle die goue en silwer idole met al hulle kosbaarhede sou sien nie. 2 MAK 2:3 : En ook dat hy by hulle daarop aangedring het om die Wet nie uit hulle hart te verban nie. 2 MAK 2:4 : Verder staan nog beskrywe dat die profeet op grond van 'n openbaring opdrag gegee het om met die Tabernakel en die Ark agter hom te volg; dat hy na die berg gegaan het waarop Moshè geklim en vanwaar hy die Erfdeel van sy Elohey gesien het. 2 MAK 2:5 : Dat JirmeJaHûW op daardie tog 'n grot gekry het, waarin hy die Tabernakel en die Ark en die altaar gebring het, en dat hy die ingang daarvan toegemaak het. 2 MAK 2:6 : En toe sommige metgeselle van hom uitgegaan het om die pad in hulle geheue vas te lê, kon hulle dit nie vind nie. 2 MAK 2:7 : Toe JirmeJaHûW dit verneem het, het hy hulle berispe en gesê: Die plek moet onbekend bly, totdat Elohim die volk weer sal versamel en ons barmhartig sal wees. 2 MAK 2:8 : Dan sal JaHWeH hierdie dinge aanwys, en die Glansrykheid van JaHWeH sal in die Wolkkolom verskyn, soos dit in die dae van Moshè gesien is en in die dae van Salomo, toe hy gebid het dat die plek op grootse wyse gewy sou word. 2 MAK 2:9 : Verder is nog meegedeel dat hierdie wyse man by die inwyding en voltooiing van die Tempel 'n slagdier opgedra het. 2 MAK 2:10 : En net soos die vuur, na Moshè se gebed tot JaHWeH, uit die Hemele geval en die brandoffer verteer het, het Salomo ook gebid, en vuur het neergeval om die brandoffer te verteer. 2 MAK 2:11 : Dan nog dat Moshè gesê het om nie van die slagdier vir oortreding te eet nie; 2 MAK 2:12 : dat Salomo ook agt dae lank fees gevier het. 2 MAK 2:13 : En behalwe hierdie dinge staan ook in die Kroniekboeke en gedenkskrifte van NegemJaH beskrywe dat hy 'n biblioteek aangelê het, en dat hy daarin die Boekrolle van die konings, die profete en Dawid en ook die koninklike lyste van die tempelgeskenke versamel het. 2 MAK 2:14 : Nou het Judas net so ook al die Boekrolle wat deur die gebeurtenisse van die oorlog verstrooi is, weer vir ons versamel. Hulle is in ons besit. 2 MAK 2:15 : As julle daaraan behoefte het, stuur dan om dit vir julle te haal. 2 MAK 2:16 : Omdat ons voornemens is om die suiweringsfees te vier, het ons vir julle geskryf; want dit sou mooi wees as julle ook die dae sou vier. 2 MAK 2:17 : Dit is onse Elohey wat Sy hele volk gered het, en wat aan almal weer die Erfdeel en die koningskap en die priesterskap en Apartheid terug-gegee het. 2 MAK 2:18 : Soos Hy in die Wet beloof het; en ons verwag van ons Elohey dat Hy Hom spoedig oor ons sal ontferm en ons dan van oor die hele Aarde weer sal saambring op die plek van Apartheid. Want Hy het ons uit groot besoedeling gered en die plek gesuiwer. Voorwoord van die skrywer. 2 MAK 2:19 : DIE geskiedenis van Judas die Makkabeër en sy broers, die suiwering van die verhewe Tempel en die inwyding van die altaar; 2 MAK 2:20 : vervolgens die oorloë teen Antíochus Epífanes en sy seun Eúpator; 2 MAK 2:21 : en die verskyninge van die Hemele wat aan die beroemde en dapper stryders vir die manne van JeHûWdah oorkom het, sodat hulle, ondanks hulle klein getal, tog die hele land herower en die menigte barbare uitgedryf het; 2 MAK 2:22 : dat die wêreldberoemde Tempel opnuut in besit geneem en die Stad bevry is; dat die Wette, wat byna afgeskaf is, weer ingeskerp is; die goedgunstigheid van JaHWeH, wat Hom oor hulle ontferm het, 2 MAK 2:23 : al hierdie feite het Jáson van Ciréne in vyf Boekrolle beskrywe, en ons sal probeer om daarvan 'n samevatting in een Boekrol te gee. 2 MAK 2:24 : Want met die oog op die groot menigte getalle en die moeilikhede wat uit die omvattende stof voortvloei vir die wat hulle in die geskiedbeskrywinge wil inwerk, 2 MAK 2:25 : het ons oorweeg om vir die wat leeslustig is 'n onderhoudende verhaal te skrywe, en vir die wat lief vir studie is, iets wat maklik onthou word; dus 'n werk wat nuttig is vir almal wat dit in die hande kry. 2 MAK 2:26 : Tog is dit vir ons nie maklik om, soos ons voornemens is, 'n samevatting te gee nie; dit is 'n merk van sweet en slapeloosheid. 2 MAK 2:27 : Net soos dit vir iemand wat 'n feesmaal aanrig, nie maklik is om al die gaste tevrede te stel nie. Maar ons sal ons die moeite troos, omdat baie dankbaar daarvoor sal wees. 2 MAK 2:28 : Ons sal die noukeurige beoordeling van die feite aan die geskiedskrywer oorlaat, maar ons sal wel sorg vir 'n samevatting wat aan die eise voldoen. 2 MAK 2:29 : Want soos die boumeester van 'n nuwe huis vir die hele onderneming behoort te sorg, terwyl diegene wat die versiering en die skilderwerk doen, hom alleen moet besig hou met die verfraaiing, so is dit na my mening ook met ons. 2 MAK 2:30 : Want dit is die taak van die oorspronklike geskiedskrywer om die feite op te spoor, hulle van alle kante te bekyk en tot in onderdek na te vors. 2 MAK 2:31 : Maar die bewerker is vry om net 'n opsomming van die studie te gee en om af te sien van volledigheid. 2 MAK 2:32 : Maar laat ons met die verhaal begin en slegs dit by die voorwoord toevoeg: dat dit dwaas is om die voorwoord van 'n geskiedenis uitvoerig te maak, en die geskiedenis self in te kort. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |