| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die Helleniste se sportidool vernietig die JeHûWdahietiese volkswaardes 2 MAK 4:1 : MAAR bogenoemde Simon, wat saam met die skatte ook sy vaderland verraai het, het teen Onías gelaster dat dit hyself was wat Heliodórus mishandel het en die besoedeling veroorsaak het. 2 MAK 4:2 : Selfs het hy die vermetelheid gehad om hom, wat die weldoener van die stad, die beskermer van sy volksgenote en die yweraar vir die Wet was, 'n samesweerder teen die regering te noem. 2 MAK 4:3 : Die vyandigheid het so ver gegaan, dat een van die wat onder Simon se invloed gestaan het, hom aan moord skuldig gemaak het. 2 MAK 4:4 : Intussen het Onías goed die gevaar van hierdie lering raakgesien, en ook dat Apollónius, die seun van Menésteus en goewerneur van Celesírië en Fenicie, die boosheid van Simon gesteun het. 2 MAK 4:5 : Daarom het hy na die koning gegaan, nie as aanklaer van een van sy medeburgers nie, maar omdat hy hom bekommer het oor die algemene welsyn van die hele volk. 2 MAK 4:6 : Want hy het begryp dat dit sonder die koninklike inmenging onmoontlik sou wees om 'n vreedsame oplossing te kry, en om Simon te laat ophou met sy dwaasheid. 2 MAK 4:7 : Toe Antíochus, wat Epífanes genoem word, na die dood van Seleúkus die koningskap aanvaar het, het Jason, die broer van Onías, hom deur lis die hoëpriesterskap toegeëien. 2 MAK 4:8 : Tydens 'n ontmoeting het hy aan die koning driehonderd en sestig talente silwer uit die tempelskat belowe en verder nog 'n ander tagtig talente. 2 MAK 4:9 : Hy het ook onderneem om nog 'n verdere honderd-en-vyftig talente te betaal, as aan hom die bevoegdheid toegeken sou word om 'n gimnasium en 'n worstelperk op te rig en die inwoners van Jerusalem as burgers van Antiochië in te skryf. 2 MAK 4:10 : Toe die koning dit toegestaan het en Jason die hoëpriesterskap gekry het, het hy terstond met die hervorming van sy volksgenote volgens die Griekse voorbeeld begin. 2 MAK 4:11 : Hy het die bepalinge afgeskaf wat vir die manne van JeHûWdah voordelig was en wat destyds deur JeHôWganan, die vader van Eupólemus, as lid van die gesantskap na die Romeine by die koning beding is en waardeur hulle die reg gehad het tot vriendskapsverdrae en bondgenootskappe. Ook het hy gewoontes opgehef wat in ooreenstemming met die Wet was, terwyl hy nuwe gebruike ingevoer het wat met die Wet in stryd was. 2 MAK 4:12 : Opsetlik het hy juis onder teen die bergvesting 'n gimnasium opgerig, en hy het die seuns van die aansienlikste burgers daartoe gebring om 'n Griekse hoed te dra. 2 MAK 4:13 : Vanweë die grenselose onbe-skaamdheid van die wettelose en onpriesterlike Jason is die ver-Grieksing en die voorkeur vir verbasterde elemente so toegespits, 2 MAK 4:14 : dat die priesters nie meer belanggestel het in die altaardiens nie, die Tempel met minagting bejeën en die bydraes verwaarloos het, en dat hulle maar liewers na die gimnasium gegaan het om die besoedelde spele by te woon, wat na die oproep tot die skyfgooi gevolg het. 2 MAK 4:15 : Hulle het die eerbewyse van hulle vaders verag en het die Griekse onderskeidinge baie hoog geag. 2 MAK 4:16 : Maar hierdeur het hulle in moeilike omstandighede gekom, want die persone wie se lewenswyse hulle oorgeneem het en aan wie hulle volkome gelyk wou word, het juis hulle vyande en verdrukkers geword. 2 MAK 4:17 : Dit is ook nie gering om teen die Wette van Elohim te oortree nie, ook al volg die straf eers later. 2 MAK 4:18 : En toe in Tirus die vyfjaarlikse wedstryde voor die aangesig van die koning gehou is, 2 MAK 4:19 : het die wettelose Jason namens Jerusalem afgevaardigdes gestuur, wat die burgerregte van Antiochië besit het. Hulle het driehonderd silwer dragmes saamgeneem vir 'n aanbieding aan Hérkules. Maar toe hulle die geld oorhandig, het hulle versoek om dit nie vir 'n aanbieding te gebruik nie, omdat dit nie betaamlik sou wees nie, maar om dit liewers anders te bestee. 2 MAK 4:20 : Ofskoon die afsender dit dus wel vir 'n aanbieding aan Hérkules bestem het, is dit ter wille van die afgevaardigdes vir die uitrusting van oorlogskepe uitgegee. 2 MAK 4:21 : Van Apollonius, die seun van Menésteus, wat vir die inhuldiging van koning Filómetor as afgevaardigde na Egipte gestuur is, het Antíochus verneem dat Filómetor sy politiek vyandig gesind was. Omdat hy hom oor sy eie veiligheid bekommer het, het Antíochus na Joppe en vandaar na Jerusalem gegaan. 2 MAK 4:22 : Op grootse wyse is hy deur Jason en die stad ontvang, en hy is met fakkels en gejubel verwelkom. Daarna het hy met sy leër na Fenicië getrek. 2 MAK 4:23 : Na drie jaar het Jason Meneláüs, 'n broer van die bogenoemde Simon, na die koning gestuur om geld te bring en belangrike regeringsake af te handel. 2 MAK 4:24 : Maar hy het die koning vir hom gewen en die indruk geskep dat hy baie invloed het; so het hy die hoëpriesterskap vir homself bemagtig, deur driehonderd talente meer aan te bied as Jason. 2 MAK 4:25 : Hy het die koninklike aanstelling gekry en die hoëpriesterskap verwerf, ofskoon hy dit beslis nie werd gewees het nie, want hy het woedend kon word soos 'n tiran en hy het kon raas soos 'n wilde dier. 2 MAK 4:26 : So is Jason, wat sy eie broer die voet gelig het, deur 'n ander uitoorlê en gedwing om na die Aarde van die Ammoniete te vlug. 2 MAK 4:27 : Meneláüs het intussen wel die mag besit, maar hy het nie gesorg vir die geld wat hy die koning belowe het nie, 2 MAK 4:28 : ondanks die vorderings wat teen hom ingestel is deur Sóstrates, die bevelhebber van die bergvesting, wie se taak dit was om die belastings in te samel. Daarom het die koning altwee hieromtrent ontbied. 2 MAK 4:29 : Meneláüs het sy broer Lisímachus as sy plaasvervanger in die hoëpriesterskap agtergelaat, en Sóstrates het Krátes, die owerste oor die Cipriërs, as sy eie plaasvervanger aangestel. 2 MAK 4:30 : Terwyl hierdie sake aanhangig was, het die inwoners van Tarsus en Mallus in opstand gekom, omdat hulle grondgebied aan Antiochis, die bysit van die koning, as geskenk gegee is. 2 MAK 4:31 : Met spoed het die koning vertrek om die opstand te onderdruk, en hy het Andrónikus, een van die aansienlikes, agtergelaat as sy plaasvervanger. 2 MAK 4:32 : Meneláüs het toe gemeen dat hy moes gebruik maak van hierdie gunstige geleentheid. Hy het daarom 'n paar goue voorwerpe uit die Tempel gesteel en aan Andrónikus gegee, terwyl hy die res in Tirus en die naburige stede verkoop het. 2 MAK 4:33 : Toe Onías hierdie feite noukeurig vasgestel het, het hy teen hom opgekom in die vrystad Dáfne, wat naby Antiochië geleë is, en waar hy hom gevestig het. 2 MAK 4:34 : Dit het die gevolg gehad dat Meneláüs in die geheim by Andrónikus daarop aangedring het om die hand te slaan aan Onías. Andrónikus het toe na Onías gegaan en hom deur lis omgepraat, omdat hy hom deur ede gerusgestel en met die hand gegroet het. Ofskoon hy onder verdenking gestaan het, het hy Onías omgepraat om uit die vrystad te gaan, waarna hy hom sonder die minste eerbied vir die reg om die lewe gebring het. 2 MAK 4:35 : Oor hierdie misdaad was nie alleen die manne van JeHûWdah nie, maar ook baie ander volke ontstel, omdat hulle diep gegrief was deur die onwettige moord op hierdie man. 2 MAK 4:36 : En toe die koning uit die landstreek Cilícië teruggekom het, het die manne van JeHûWdah van die stad met aanklagte na hom toe gegaan, terwyl ook die Grieke hulle afkeuring van die moord op Onías laat blyk het. 2 MAK 4:37 : Sielsbedroef en vol meegevoel is Antíochus tot trane ontroer oor die deugsaamheid en groot regskapenheid van die dode. 2 MAK 4:38 : Sy woede het ontvlam, en terstond het hy Andrónikus se koningsblou kleed afgeneem. Vervolgens het hy hom die klere van sy lyf laat aftrek en hom deur die hele stad laat voer tot by die plek waar hy hom aan Onías vergryp het. Daar het hy die moordenaar laat doodmaak. So het JaHWeH hom na sy verdienste gestraf. 2 MAK 4:39 : Intussen is die Tempel met toestemming van Meneláüs herhaaldelik deur Lisímaehus geplunder. En toe die berig na buite versprei het dat reeds baie goue voorwerpe weggehaal is, het 'n volksmenigte teen Lisímaehus saamgeloop. 2 MAK 4:40 : Maar Lisímaehus het teen die menigte wat saamgedrom en van verontwaardiging gekook het, drieduisend manne bewapen en met geweld begin optree; hulle is aangevoer deur 'n sekere Auránus, wat reeds taamlik oud maar daarom nie minder wreed gewees het nie. 2 MAK 4:41 : Toe die menigte ontdek dat Lisímaehus begin aanval, het sommige klippe as wapens opgetel, ander dik stukke hout, en nog ander die straatvuil wat daar gelê het; en hulle het dit deurmekaar na Lisímaehus se manskappe gegooi. 2 MAK 4:42 : Die gevolg was dat hulle baie van die soldate verwond het; sommige is neergeslaan en die hele klomp is verwilder, terwyl hulle die tempelrower self naby die skatkamer om die lewe gebring het. 2 MAK 4:43 : Na aanleiding van hierdie gebeurtenisse is 'n ondersoek teen Meneláüs ingestel. 2 MAK 4:44 : En toe die koning daarvoor na Tirus gekom het, het die manne wat deur die raad van oudstes gestuur is, by hom 'n klag teen Meneláüs ingedien. 2 MAK 4:45 : Omdat laasgenoemde gemeen het dat hy reeds verlore was, het hy aan Ptolomëüs, die seun van Doriménes, baie geld belowe om die koning om te praat. 2 MAK 4:46 : Ptolomëüs het die koning daarom na die suilegang gelei, skynbaar om hom te laat rus, en hy het hom tot ander gedagtes gebring. 2 MAK 4:47 : Ofskoon Meneláüs die oorsaak van die hele moeilikheid was, het die koning hom van die aanklagte vrygespreek, maar die ongelukkiges ter dood veroordeel, wat as hulle by die Skiete aangekla was, hulle sekerlik vanweë hulle onskuld vrygespreek sou word. 2 MAK 4:48 : Terstond is hierdie onregverdige straf voltrek aan die manne, wat alleen maar opgekom het vir hulle stad en volk en die tempelvaatwerk. 2 MAK 4:49 : Ook die inwoners van Tirus het oor hierdie aangeleentheid só kwaad geword, dat hulle vir 'n grootse begrafnis van die dooies gesorg het. 2 MAK 4:50 : En Meneláüs is vanweë die hebsug van die gesaghebbers in sy amp gehandhaaf, terwyl hy steeds meer in misdadigheid gegroei het en sy medeburgers vreeslik vervolg het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |