1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die verraad van Simon. Die tempelroof van Heliodórus.

2 MAK 3:1 : IN die Stad van Apartheid het volkome Vrede geheers, en aan die vroomheid van die hoëpriester Onías en sy onverbiddelike optrede teen die misdaad was dit te danke dat die Wette so nougeset as moontlik onderhou is.

2 MAK 3:2 : Dit het selfs gebeur dat die konings die Stad eer bewys het en die Tempel met die kosbaarste geskenke vereer het.

2 MAK 3:3 : So het Seleúkus, die koning van Asië, uit sy eie inkomstes al die uitgawes bestry wat nodig was vir die offerdiens.

2 MAK 3:4 : Maar 'n sekere Simon uit die stam van Benjamin, wat tempelowerste was, het onenigheid gekry met die hoëpriester oor die markmeesterskap in die Stad.

2 MAK 3:5 : En omdat hy nie die oorhand oor Onías kon kry nie, het hy hom tot Apollónius van Tarsus gewend, wat toe goewerneur was van Celesírië en Fenícië.

2 MAK 3:6 : Hy het vir hom vertel dat die skatkamer in Jerusalem so vol onbeskryflike kosbaarhede was, dat die geldsomme nie bereken kon word nie en in geen verhouding gestaan het tot die uitgawes vir die bydraes nie, sodat dit bes moontlik tot die koning se beskikking gestel kon word.

2 MAK 3:7 : Apollónius het hom in verbinding gestel met die koning en hom mededeling gedoen omtrent die skatte wat aan hom verraai is. Die koning het toe Heliodórus ontbied, wat met die toesig oor al sy besittinge belas was, en hy het hom gelas om die bedoelde skatte in beslag te neem.

2 MAK 3:8 : Heliodórus het terstond op reis gegaan en dit laat voorkom of hy die stede in Celecírië en Fenicië wou besoek, maar in werklikheid was dit om die opdrag van die koning uit te voer.

2 MAK 3:9 : Toe hy in Jerusalem aankom en vriendskaplik deur die hoëpriester in die Stad ontvang is, het hy die verraaide geld ter sprake gebring en verklaar waarvoor hy gekom het. Hy het gevra of die dinge inderdaad so was.

2 MAK 3:10 : En die hoëpriester het vir hom verduidelik dat dit geldbelegginge vir weduwees en weeskinders is,

2 MAK 3:11 : en dat 'n gedeelte aan Hirkánus, die seun van Tobías behoort, wat 'n invloedryke man is. So was die saak, en die skelm Simon het gelieg. In totaal was daar vierhonderd talente silwer en tweehonderd talente goud.

2 MAK 3:12 : Dit sou beslis 'n onmiskenbare misdaad wees om dié te benadeel wat hulle vertroue gestel het in die Apartheid van die plek en in die eerbiedwaardigheid en onskendbaarheid van die Tempel, wat oor die hele wêreld in aansien was.

2 MAK 3:13 : Maar Heliodórus het hom beroep op die bevel van die koning en verklaar dat alles oorgedra moes word in die koninklike skatkis.

2 MAK 3:14 : Ook het hy die dag vasgestel waarop hy sou ingaan om self die dinge in oënskou te neem en maatreëls te tref. En dwarsdeur die hele Stad was daar groot bekommernis.

2 MAK 3:15 : Die priesters het in hulle priesterlike gewade voor die brandofferaltaar neergeval, en hulle het na die Hemele geroep na Hom wat die besittinge aan hulle toevertrou het, sodat Hy dit onaangetas sou bewaar vir die wat dit daar belê het.

2 MAK 3:16 : Dit was hartverskeurend om die gesig van die hoëpriester te aanskou, want sy oë en die verandering van sy gelaatskleur het die bekommernis van sy siel geopenbaar.

2 MAK 3:17 : Die ontsteltenis wat oor die man gekom het, was so groot, dat sy hele liggaam gebewe het, sodat die toeskouers duidelik kon sien, hoe erg die sielsverdriet is wat hom kwel.

2 MAK 3:18 : Met hele groepe tegelyk het hulle uit hulle huise gestroom om in die openbaar te bid, omdat dit sou uitloop op 'n skending van die tempel.

2 MAK 3:19 : Ook die vroue het in die strate verskyn met boeteklere wat onder die bors vasgemaak is; en die jongedogters wat anders opgesluit is, het nou by die poorte geloop, terwyl sommige van hulle op die mure was, en ander uit die vensters gekyk het.

2 MAK 3:20 : Maar almal het hulle die hande uitgestrek na die Hemele en gebid.

2 MAK 3:21 : Dit was om medelye te kry met die menigte wat deurmekaar gekniel het, en met die hoëpriester, wat hom baie bekommer het oor sy verwagtinge.

2 MAK 3:22 : Hulle het die Almagtige JaHWeH gesmeek om die toevertroude besittings in alle veiligheid te bewaar vir die wat dit daar in bewaring gegee het.

2 MAK 3:23 : Intussen het Heliodórus met die uitvoering van sy besluit begin.

2 MAK 3:24 : Hy het hom reeds saam met sy lyfwag by die skatkamer bevind, toe die Gees van JaHWeH so 'n indrukwekkende verskyning veroor-saak, dat almal wat dit gewaag het om binne te gaan deur die Krag van die Elohim getref is en met verlamming en skrik geslaan is.

2 MAK 3:25 : Want aan hulle het 'n perd verskyn met 'n vreeswekkende Ruiter. Die dier was pragtig opgetuig en het geweldig met sy voorpote op Heliodórus afgestorm, terwyl die Ruiter geskitter het in 'n goue wapenrusting.

2 MAK 3:26 : Saam met hom het nog twee ander Jongelinge verskyn. Hulle was uitermate sterk en rondom Hulle was 'n glansryke glans en Hulle was besonder geklee. En terwyl Hulle elk aan een kant gaan staan, het Hulle hom onafgebroke gegesel en gevoelige slae toegebring.

2 MAK 3:27 : Hy het skielik op die grond geval, terwyl dit rondom hom duister geword het. Toe het sy mense hom opgeneem en op 'n draagbaar gelê.

2 MAK 3:28 : En hulle het hom, wat kort tevore met 'n groot gevolg en 'n hele lyfwag in die bewuste skatkamer binnegegaan het, hulpeloos uitgedra, terwyl hulle daarin duidelik die bestaan van Elohim se mag erken het.

2 MAK 3:29 : Want daar lê hy nou neergewerp deur die Werk van Elohim, sprakeloos en sonder die minste hoop op herstel.

2 MAK 3:30 : Die manne van JeHûWdah het egter JaHWeH geloof, wat Sy Woonplek verhoog het; en die Tempel, waarin kort tevore slegs angs en ontsteltenis geheers het, was nou vol dankbaarheid en vreugde, omdat die Almagtige JaHWeH, Sy Krag getoon het.

2 MAK 3:31 : 'n Paar van Heliodórus se gevolg het vir Onías gevra dat hy die Hoogste El sou bid om sy lewe te spaar, want hy het volkome op sy uiterste gelê.

2 MAK 3:32 : En omdat Onías gevrees het dat die koning sou kon meen dat Heliodórus deur een of ander misdaad van die kant van die manne van JeHûWdah om die lewe gekom het, het hy 'n slagdier gaan opdra vir die man se herstel.

2 MAK 3:33 : En terwyl die hoëpriester die slagdier van versoening opgedra het, het dieselfde Jongelinge, wat weer net so aangetrek was, opnuut voor Heliodórus verskyn. Hulle het langs hom gaan staan en gesê: Jy is baie dank verskuldig aan Onías, die hoëpriester, want ter wille van hom gun JaHWeH jou jou lewe.

2 MAK 3:34 : En jy wat vanuit die Hemele getugtig is, jy moet aan almal die grootheid van Elohim se Mag meedeel. En toe Hulle dit gesê het, het Hulle weer verdwyn.

2 MAK 3:35 : Toe het Heliodórus aan JaHWeH 'n slagdier opgedra en aan Hom die mees gewyde geloftes gedoen, omdat Hy sy lewe gespaar het. Hy het afskeid geneem van Onías en saam met sy troepemag teruggekeer na die koning.

2 MAK 3:36 : En teenoor iedereen het hy getuig van die wonderwerke van die Hoogste El, Wie hy met sy eie oë aanskou het.

2 MAK 3:37 : En toe die koning vir Heliodórus gevra het watter man wel die geskikste mag wees om nog 'n keer na Jerusalem gestuur te word, het hy geantwoord:

2 MAK 3:38 : As u een of ander vyand het of 'n oproermaker, stuur hom dan daarheen en u kry hom gegesel terug, as hy enigsins herstel; want op daardie plek is waarlik die een of ander Krag van die Elohim.

2 MAK 3:39 : Want Hy wat in die Hemele woon, bewaak en beskerm daardie plek, en Hy slaan met vernietiging hulle almal wat daarheen gaan om kwaad te doen.

2 MAK 3:40 : Dit is die geskiedenis van Heliodórus en die redding van die skatkamer.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
3
Pablo Software Solutions Datum
OT