| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Die suiwering van die Tempel. Voortsetting van die vryheidsoorlog. 2 MAK 10:1 : DIE Makkabeër en sy manne het toe onder die leiding van JaHWeH sowel die Tempel as die Stad in besit geneem. 2 MAK 10:2 : Hulle het die altare wat die verbasterdes op die markplein opgerig het en ook hulle gewyde plekke vernietig. 2 MAK 10:3 : Vervolgens het hulle die Tempel gesuiwer en 'n nuwe brandoffer-altaar gebou. Uit klippe het hulle vuur geslaan, en hulle het van daardie vuur geneem en vuurbereidings opgedra na 'n onderbreking van 'n paar jaar. Ook het hulle vir die reukwerk gesorg en vir die lampe en die toonbrode. 2 MAK 10:4 : Toe hulle dit gedoen het, het hulle op die grond neergeval en tot JaHWeH gebid om hulle nooit weer in 'n dergelike ellende te laat beland nie, maar hulle as hulle ooit weer sou oortree, liewer met mildheid te straf, sonder om hulle oor te lewer aan die besoedelde en barbaarse nasies. 2 MAK 10:5 : En dit het so gebeur dat die suiwering van die Tempel op dieselfde dag plaasgevind het, waarop hy deur die verbasterdes geskend is, naamlik op die vyf-en-twintigste van die maand Kuslew. 2 MAK 10:6 : Met vreugde het hulle agt dae lank Fees gevier op die manier van die Fees van die Takskuilings, terwyl hulle daaraan gedink het hoe hulle 'n kort tydjie tevore die Fees van die Takskuilings gevier het, toe hulle soos wilde diere in berge en grotte geleef het. 2 MAK 10:7 : Daarom het hulle met klimopranke en groen takke en palms geswaai en lofliedere aangehef tot eer van Hom wat hulle toegestaan het om Sy plek te suiwer. 2 MAK 10:8 : En deur 'n algemene bevel en besluit het hulle vir die hele Hebreeuse volk bepaal om hierdie dae jaarliks te vier. 2 MAK 10:9 : Dit is dan die einde van die gebeurtenisse onder Antíochus wat Epífanes genoem is. 2 MAK 10:10 : En nou sal ons dan handel oor die gebeurtenisse onder Antíochus Eúpator, die seun van die wettelose, maar die eintlike oorlogsrampe sal ons slegs kortliks vermeld. 2 MAK 10:11 : Toe hy aan die regering kom, het hy 'n sekere Lísias, die voormalige goewerneur van Celesírië en Fenicië, as hoof van die regeringsake aangestel. 2 MAK 10:12 : Na al die onreg wat die manne van JeHûWdah gely het, was Ptolomeüs wat Mákron genoem word, die eerste wat sy bes gedoen het om hulle regverdig te behandel en hulle aangeleenthede op vredeliewende wyse te reël. 2 MAK 10:13 : Daarom is hy deur die howelinge by Eúpator aangekla, terwyl hy deur iedereen 'n verraaier genoem is, omdat hy Ciprus verlaat het wat Filométor aan hom toevertrou het, en hy later na Antíochus Epífanes oorgeloop het. Toe hy dan ook nie langer kans gesien het om sy amp op eervolle wyse te vervul nie, het hy deur vergif self 'n einde aan sy lewe gemaak. 2 MAK 10:14 : Górgias, wat daarna goewerneur oor die landstreke geword het, het vreemde troepe in diens geneem en voortdurend die stryd teen die manne van JeHûWdah aan die gang gehou. 2 MAK 10:15 : Tegelyk het die Edomiete, wat baie gunstig geleë vestings besit het, ook die manne van JeHûWdah lastig geval, terwyl hulle die vlugtelinge uit Jerusalem opgeneem het en pogings aangewend het om die oorlog voort te sit. 2 MAK 10:16 : Maar die Makkabeër se volgelinge het tot Elohim gebid en gesmeek om hulle Bondgenoot te wees en toe het hulle die Edomiete se vestinge bestorm. 2 MAK 10:17 : Hulle het met moed aangeval en die stellinge verower, terwyl hulle al die soldate op die mure teruggeslaan het en die wat in hulle hande val, gedood het. So het hulle nie minder nie as twintigduisend laat sneuwel. 2 MAK 10:18 : Ruim negeduisend het na die twee versterkte torings gevlug, wat goed voorsien was van alles wat vir 'n beleëring nodig is. 2 MAK 10:19 : Met die bedoeling om hierdie plekke te bedwing, het die Makkabeër toe Simon en JôWsef en ook Sagéüs met 'n voldoende aantal soldate agtergelaat en self verder getrek. 2 MAK 10:20 : Maar Simon se manne het hulle uit hebsug deur die soldate in die torings vir geld laat omkoop, en hulle het sewentigduisend dragmes aangeneem en 'n gedeelte van die vyande laat ontsnap. 2 MAK 10:21 : Toe die Makkabeër van hierdie gebeurtenis berig kry, het hy die leiers van die volk saamgeroep en die verraaiers daarvan beskuldig dat hulle hulle broers vir geld verkoop het, deurdat hulle die vyande teen die algemene belang laat ontsnap het. 2 MAK 10:22 : Hy het die verraaiers laat teregstel en terstond die twee torings aangeval. 2 MAK 10:23 : En omdat hy met die wapens in die hand altyd voorspoedig was, het hy in die twee versterkings meer as twintigduisend vyande gedood. 2 MAK 10:24 : Timótheüs, wat vroeër deur die manne van JeHûWdah verslaan is, het nou 'n groot leër van gewapende vreemdelinge en 'n aansienlike aantal ruiters uit Asië bymekaargemaak en opgetrek om JeHûWdah met wapengeweld te verower. 2 MAK 10:25 : By sy aankoms het die Makkabeër se aanhangers hulle toevlug tot hul Elohey geneem; hulle het stof op hulle hoofde gestrooi en hulle lendene met boeteklere omgord. 2 MAK 10:26 : Hulle het voor die voet van die altaar neergeval en gebid dat Hy Hom oor hulle sou ontferm en 'n vyand van hulle vyande sou wees en 'n teëstander van hulle teëstanders, soos die Wet dit sê. 2 MAK 10:27 : Nadat hulle gebid het, het hulle die wapens opgeneem en tot taamlik ver van die stad weggetrek. Hulle het pas stilgehou toe hulle naby die vyande aangekom het. 2 MAK 10:28 : Baie vroeg in die oggend is vervolgens deur albei kante tot die aanval oorgegaan; maar die een party het behalwe hulle dapperheid, ook in hulle vertroue op JaHWeH 'n waarborg van voorspoed en van die oorwinning, terwyl die ander alleen deur hulle strydlus gelei is. 2 MAK 10:29 : Toe die stryd baie heftig geword het, het die vyande vyf glansryke Manne op perde met goue teuels uit die Hemele sien kom, wat hulle aan die spits van die manne van JeHûWdah opgestel het. 2 MAK 10:30 : Twee van Hulle het vervolgens die Makkabeër tussen Hulle in geneem; en terwyl Hulle hom met Hulle eie wapens beskerm het, het Hulle hom ongeskonde bewaar. Maar Hulle het pyle en bliksems na die vyande afgeskiet, wat daardeur verblind en volkome verwar is. 2 MAK 10:31 : Twintigduisend-vyfhonderd van die voetvolk en seshonderd ruiters het gesneuwel. 2 MAK 10:32 : Timótheüs het self na die sterk vesting Géser gevlug, waar Chaíreas die bevelhebber was. 2 MAK 10:33 : Vol moed het die Makkabeër se manne die vesting vier dae lank beleër. 2 MAK 10:34 : Intussen het die beleërdes, wat op die sterkte van die vesting vertrou het, net besoedelde en wettelose taal uitgebraak. 2 MAK 10:35 : Maar toe die vyfde dag aanbreek, het twintig jong manne van die Makkabeër se aanhangers vanweë die lastering [teen Elohim] so toornig geword, dat hulle onverskrokke die muur bestorm het en elke teenstander wat in hulle pad was met die onstuimigheid van wilde diere neergeslaan het. 2 MAK 10:36 : Toe het ook die ander op die mure geklim en in hulle stryd teen die besetting die torings en die poorte aan die brand gesteek, sodat hulle die lasteraars [teen Elohim] lewendig verbrand het. Hulle het vervolgens die poorte stukkend gekap en die res van die leërmag ingelaat, en so het hulle die stad ingeneem. 2 MAK 10:37 : Timótheüs, wat in 'n put weggeskuil het, het hulle gedood saam met sy broer Chaíreas en Apolloánes. 2 MAK 10:38 : Daarna het hulle met lofsange en dankliedere JaHWeH geloof, wat groot dinge aan JisraEl gedoen het toe Hy aan hulle die oorwinning geskenk het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |