1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14   15
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OvS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

Die wraakneming van Antíochus Epífanes.

2 MAK 5:1 : OMTRENT hierdie tyd het Antíochus sy tweede veldtog teen Egipte onderneem.

2 MAK 5:2 : Toe het dit gebeur dat die mense in die hele stad veertig dae lank 'n verskyning gesien het van Ruiters, wat in goue klere en volgens afdelinge bewapen, met spiese deur die lug getrek het.

2 MAK 5:3 : Hulle het gesien dat swaarde getrek word, Ruiterkorpse in slagorde opgestel is, van albei kante aanvalle en teenaanvalle onderneem is, die beweginge van skilde en groot getalle lanse, die skiet van pyle, die glans van goue sierstukke en allerlei wapenrustinge.

2 MAK 5:4 : Almal het gebid dat die verskyning iets goeds voorspel het.

2 MAK 5:5 : Toe dan ook die valse gerug versprei is dat Antíochus gesterf het, het Jason met minstens duisend man skielik die stad aangeval. Die verdedigers is op die mure oorweldig, en toe die stad oplaas ingeneem is, het Meneláüs na die bergvesting gevlug.

2 MAK 5:6 : Jason het 'n meedoënlose slagting onder sy eie medeburgers gehou, omdat hy nie besef het dat wapengeluk ten koste van volksgenote die grootste rampe is nie. Inteendeel, hy het gemeen dat hy vyande oorwin het en nie sy eie mense nie.

2 MAK 5:7 : Tog het hy nie die gesag in die hande gekry nie, want sy plan het skandelik misluk, sodat hy opnuut na die Aarde van die Ammoniete moes vlug.

2 MAK 5:8 : Só het daar 'n einde gekom aan sy misdadige lewe: Hy is deur toedoen van Arétas, die vors van die Arabiere, gevange gehou, maar hy het ontsnap en is van die een stad na die ander agtervolg. Deur elkeen gehaat as iemand wat ontrou is aan die Wette en wat geminag is as die slagter van sy vaderland en sy medeburgers, is hy na Egipte geja.

2 MAK 5:9 : En hy wat baie mense uit hulle vaderland in die vreemde verban het, het self by die Spartane gesterf, na wie hy gegaan het omdat hy op grond van hulle verwantskap, beskerming verwag het.

2 MAK 5:10 : So het hy, wat 'n menigte onbegrawe iewers weggegooi het, self sonder roubedryf en begrafnis gebly. Deur niemand betreur nie, het hy geen graf by sy vaders gekry nie.

2 MAK 5:11 : Toe die koning hieroor berig gekry het, het hy veronderstel dat JeHûWdah afvallig geword het. Daarom het hy, woedend soos 'n wilde dier, met spoed uit Egipte opgetrek en die stad met wapengeweld ingeneem.

2 MAK 5:12 : Aan sy soldate het hy beveel om sonder ontferming die wat hulle ontmoet, neer te slaan, en die wat in hulle huise gegaan het, uit te roei.

2 MAK 5:13 : Dit het gelei tot 'n uitmoording van jonk en oud, 'n uitroeiing van jongelinge en vroue en kinders, 'n slagting van meisies en kindertjies.

2 MAK 5:14 : In slegs drie dae het tagtigduisend verlore gegaan: veertigduisend is om die lewe gebring, en nie minder as wat vermoor is, is verkoop.

2 MAK 5:15 : Dit het hom nog nie bevredig nie. Daarom het hy dit gewaag om in die mees gewyde Tempel van die hele Aarde binne te gaan met as sy gids Meneláüs, wat die Wette en sy vaderland verraai het.

2 MAK 5:16 : Met sy besoedelde hande het hy die gewyde voorwerpe geneem; en die dinge wat ander konings tot verhoging, roem en eer van plek gegee het, het hy met sy vuil hande weggesleep.

2 MAK 5:17 : In sy grenselose hoogmoed het Antíochus nie besef dat JaHWeH vanweë die oortredinge van die stad se inwoners slegs vir 'n tydjie vertoorn is nie, en dat Hy daarom nie die stad beskerm het nie.

2 MAK 5:18 : Want as die stad nie toevallig deur baie oortredinge beswaar gewees het nie, sou hy, toe hy dit gewaag het om binne te gaan, terstond gegesel en van sy vermetelheid genees gewees het soos Heliodórus, wat deur koning Seleúkus gestuur is om 'n ondersoek in te stel na die skatkamer.

2 MAK 5:19 : Maar JaHWeH het die volk nie gekies vanweë die plek nie, dog die plek vanweë die volk.

2 MAK 5:20 : Daarom het ook die plek gedeel in die rampe wat oor die volk gekom het, net soos sy later sou deel in die weldade. Die Almagtige het haar in Sy Woede verlaat, maar sy sal in al Sy Glansrykheid verhoog word deur die versoening van die Magtige Majesteit.

2 MAK 5:21 : Nadat Antíochus agtienhonderd talente uit die Tempel geroof het, het hy met spoed na Antiochië vertrek, terwyl hy in die grenslose hoogmoed van sy hart gemeen het dat hy die land begaanbaar en die see bevaarbaar kon maak.

2 MAK 5:22 : Hy het ook amptenare agtergelaat om die volk te kwel: in Jerusalem, Filippus, 'n Frigiër van afkoms, maar in sy optrede 'n groter barbaar as diegene wat hom aangestel het;

2 MAK 5:23 : en op die Gerisim Andrónikus. Verder ook Meneláüs, en hy, wat die slegste was, het hom meer as die ander bo die burgers verhef, terwyl hy sy Hebreeuse medeburgers vyandig gesind was.

2 MAK 5:24 : Hy het die aartsbooswig Apollónius met 'n leër van twee-en-twintigduisend man gestuur met die opdrag om al die volwasse manne om die lewe te bring, maar die vroue en die jonger manne te verkoop.

2 MAK 5:25 : Nadat hy in Jerusalem aangekom het, het hy hom vredeliewend voorgedoen en stilgebly tot die apartgestelde Sabbatdag. Maar toe hy sien dat die manne van JeHûWdah gerus het, het hy sy manne met wapens laat paradeer.

2 MAK 5:26 : En almal wat na buite gekom het om die skouspel te sien, het hy laat doodsteek. Daarna het hy saam met die gewapendes die stad binnegedring en 'n groot menigte vermoor.

2 MAK 5:27 : Toe het Judas die Makkabeër met nog nege ander uitgewyk na die woestyn. Daar het hy saam met sy manne soos die wilde diere in die berge geleef, en hulle het gedurende al die tyd net wilde kruie geëet om nie besoedel te word nie.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
5
Pablo Software Solutions Datum
OT