| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OvS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
Nederlaag van Lisias. Vredesverdrag met Antíochus. 2 MAK 11:1 : LÍSIAS, die voog en bloedverwant van die koning, het baie bekommerd oor die gebeurtenis gevoel; daarom het hy in uiters min tyd, 2 MAK 11:2 : omtrent tagtigduisend man en 'n volledige ruitery byeen gebring en teen die manne van JeHûWdah opgetrek, want hy was van voornemens om 'n Griekse nedersetting van die stad te maak, 2 MAK 11:3 : en om die Tempel, net soos al die heidense gewyde plekke, uit te buit as 'n bron van inkomste, en om die hoëpriesterskap jaarliks te koop aan te bied. 2 MAK 11:4 : Nie een oomblik het hy aan die Krag van Elohim gedink nie, want hy is verblind deur die tienduisende voetknegte, die duisende ruiters en die tagtig olifante. 2 MAK 11:5 : Hy het JeHûWdah binnegeval, en toe hy naby die sterk vesting Set-Sur aankom, wat omtrent vyf stadiums van Jerusalem geleë is, het hy haar omsingel. 2 MAK 11:6 : Toe die Makkabeër se manne verneem dat Lísias besig is om die vesting te beleër, het hulle saam met die volksmenigtes JaHWeH onder weeklagte en trane gesmeek om 'n goeie Boodskapper te stuur wat JisraEl sal red. 2 MAK 11:7 : Daarna was die Makkabeër self die eerste wat die wapens opneem, terwyl hy die ander aanvuur om saam met hom die gevare te trotseer en hulle broers te gaan help. En terstond het hulle moedig op pad gegaan. 2 MAK 11:8 : Hulle was egter nog nie ver van Jerusalem nie, toe aan hulle 'n Ruiter verskyn wat wit aangetrek is en goue wapens hanteer, en wat voor hulle gaan ry. 2 MAK 11:9 : Tegelyk het almal die Elohey van Barmhartigheid geloof, en hulle moed het so groot geword, dat hulle in staat was om nie slegs mense nie maar selfs die wildste diere en ystermure aan te gryp. 2 MAK 11:10 : Slagvaardig het hulle saam met die Hemelse Bondgenoot opgeruk, omdat JaHWeH Hom oor hulle ontferm het. 2 MAK 11:11 : Soos leeus het hulle op die vyande aangeval, van wie hulle elfduisend voetknegte en sestienhonderd ruiters laat sneuwel het; en die res het hulle nog op die vlug gedryf. 2 MAK 11:12 : Van hulle was die meeste nog gewondes, wat nakend weggevlug het. Lísias het self slegs deur 'n smadelike vlug ontkom. 2 MAK 11:13 : Maar omdat hy nie onverstandig was nie, het hy nagedink oor die nederlaag wat hy gely het; en hy het ingesien dat die manne van JeHûWdah onoorwinlik is vanweë hulle bondgenootskap met die magtige Elohim. 2 MAK 11:14 : Deur boodskappers het hy hulle dus daarvan oortuig dat hy op volkome billike voorwaardes vrede wil sluit en daarom ook die koning met klem sou aanraai om met hulle bevriend te word. 2 MAK 11:15 : Omdat die Makkabeër op die algemene welsyn bedag was, het hy alles ingewillig wat Lísias aan die hand gegee het, terwyl die koning weer in al die punte toegestem het wat die Makkabeër in 'n brief aan Lísias namens die manne van JeHûWdah voorgestel het. 2 MAK 11:16 : Die brief wat Lísias aan die manne van JeHûWdah geskryf het, was van die volgende inhoud: Lísias stuur groete aan die volk van JeHûWdah! 2 MAK 11:17 : Die afgevaardigdes JeHôWganan en Absalom het namens julle 'n ondertekende dokument oorhandig en 'n antwoord op die inhoud daarvan gevra. 2 MAK 11:18 : Die punte wat aan die koning voorgelê behoort te word, het ek almal aangedui; maar dit wat onder my bevoegdheid val, het ek ingewillig. 2 MAK 11:19 : Wanneer julle nou julle goeie gesindheid jeens die regering bewaar, sal ek my verder ook beywer dat alles reg kom. 2 MAK 11:20 : Sowel aan julle as aan my eie boodskappers het ek opdrag gegee om hierdie en die ander punte afsonderlik met julle te bespreek. 2 MAK 11:21 : Leef wel! In die jaar honderd-agt-en-veertig, die vier-en-twintigste Dístros. 2 MAK 11:22 : Die brief van die koning was soos volg: Koning Antíochus stuur groete aan sy broer Lísias! 2 MAK 11:23 : Noudat ons vader onder sy gode opgeneem is, is dit ons verlange dat die onderdane van die koninkryk hulle ongesteur met hulle eie sake kan besighou. 2 MAK 11:24 : Ons het verneem dat die manne van JeHûWdah nie die oorgang na die Griekse sedes goedkeur wat ons vader gelas het nie, maar die voorkeur gee aan hulle eie lewenswyse, en dat hulle daarom verlang dat hulle eie Wet erken word. 2 MAK 11:25 : Om hierdie rede wens ons dat hierdie volk met rus gelaat word, en ons bepaal dat die Tempel aan hulle teruggegee word en dat hulle geregeer word ooreenkomstig die gewoontes van hulle vaders. 2 MAK 11:26 : Jy sal dus goed doen, as jy gesante na hulle stuur en hulle die hand reik, sodat hulle ons besluit leer ken en vol goeie moed kan wees; dan kan hulle in tevredenheid hulle eie sake behartig. 2 MAK 11:27 : Die koning se brief aan die volk het die volgende inhoud gehad: Koning Antíochus stuur groete aan die manne van JeHûWdah se raad van oudstes en aan die ander manne van JeHûWdah! 2 MAK 11:28 : As dit goed gaan met julle, dan is dit juis wat ons wens. Self is ons ook goed gesond. 2 MAK 11:29 : Meneláüs het ons meegedeel dat julle gretig is om terug te gaan, sodat julle weer julle sake kan behartig. 2 MAK 11:30 : Om hierdie rede sal beskerming verleen word aan al die persone wat voor die dertigste Xántikus terugkeer. 2 MAK 11:31 : Verder mag die manne van JeHûWdah soos in die verlede hulle eie voorskrifte omtrent spyse en hulle eie Wet volg; en op geen enkele wyse mag iemand van hulle lastig geval word oor ou oortredinge nie. 2 MAK 11:32 : Ook het ek Meneláüs gestuur, om julle gerus te stel. 2 MAK 11:33 : Leef wel! Die vyftiende Xántikus van die jaar honderd-agt-en-veertig. 2 MAK 11:34 : Ook die Romeine het hulle toe 'n brief gestuur, en dit is die inhoud: Quíntus Mémmius en Títus Mánlius, gesante van die Romeine, stuur groete aan die volk van JeHûWdah! 2 MAK 11:35 : Wat Lísias, die bloedverwant van die koning, aan julle toegestaan het, keur ons self ook goed. 2 MAK 11:36 : En wat die punte betref wat na sy mening aan die koning behoort voorgelê te word, moet julle terstond iemand na ons toe stuur, nadat julle die saak eers goed oorweeg het, sodat ons 'n besluit kan neem, soos dit ons pas; want ons is reeds op pad na Antiochíë. 2 MAK 11:37 : Maak julle dus gou en stuur ons enkele manne, sodat ook ons kan weet hoe julle oor die saak dink. 2 MAK 11:38 : Leef wel! Die vyftiende Xántikus van die jaar honderd-agt-en-veertig. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |