TOB 9:1 : EN Tobias het RafaEl geroep en vir hom gesê:
TOB 9:2 : Broer AzarJaH, neem 'n kneg saam met jou en twee kamele en gaan asseblief na GabaEl te Ragae in Medië en kry vir my die geld en bring hom saam na die huweliksfees.
TOB 9:3 : Want RaguEl het my besweer dat ek nie moet vertrek nie,
TOB 9:4 : en my vader tel reeds die dae, en as ek te lank vertoef, sal hy baie bedroef wees.
TOB 9:5 : Toe het RafaEl gegaan en die nag by GabaEl deurgebring; en hy het hom die bewys gegee, en hy het die sakke met ongebroke seëls uitgebring en dit aan hom gegee.
TOB 9:6 : En hulle het vroeg die môre saam opgestaan en by die huweliksfees aangekom; en Tobias het sy vrou geseën.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.