| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
TOB 3:1 : TOE het ek bedroef geword en gehuil,en in my smart bid ek en sê: TOB 3:2 : JaHWeH, U is opreg, en al U werke en al U Weë is Barmhartigheid en Waarheid, en U oordeel altyd in Waarheid en in opregtheid. TOB 3:3 : Dink aan my en sien my aan; moenie wraak oor my uitoefen vanweë my oortredinge en tekortkominge en vanweë die van my voorvaders wat hulle teen U misdryf het nie, want hulle het U Gebooie nie gehou nie. TOB 3:4 : U het ons oorgegee aan plundering en gevangeskap en Dood en ons tot 'n spreekwoord en beskimping gemaak onder al die nasies waaronder ons verstrooi is. TOB 3:5 : En nou, U oordele wat groot is, is ook waaragtig in die wyse waarop U my oortredinge en die van my vaders besoek het, omdat ons U Gebooie nie gehou en voor U Aangesig nie opreg gewandel het nie. TOB 3:6 : Handel dan nou met my ooreenkomstig U welbehae; gee bevel om my gees van my af weg te neem, sodat ek verlos mag word en na die stof mag terugkeer, want ek sal liewer sterwe as om te lewe, omdat ek na valse beskuldigings moes luister en smartlike droefheid ondervind het. Gee opdrag om my uit hierdie ellende te verlos en om my na my ewige rusplek te neem; moenie U aangesig van my afkeer nie. TOB 3:7 : Op daardie selfde dag gebeur dit met Sarah, die dogter van RaguEl, te Ekbatana in Medië, dat sy ook deur die diensmeisies van haar vader verwyt word TOB 3:8 : omdat sy met sewe mans getroud was, en die gees van besoedeling, Asmodeus hulle doodgemaak het nog voordat hulle volgens die gebruik by haar as vrou kon kom. En hulle sê vir haar: Weet u nie dat u u eggenotes verwurg het nie? U het alreeds sewe gehad en u het die naam van nie een van hulle gedra nie! TOB 3:9 : Waarom kwel u ons so. As hulle dood is, volg hulle dan! Mag ons nooit enige seun of dogter van u sien nie! TOB 3:10 : Toe sy hierdie dinge hoor, is sy diep gegrief en het gewens om haarself op te hang, maar sy sê: Ek is die enigste kind van my vader; as ek dit doen, sal ek skande oor hom bring en hom in sy ouderdom met droefheid in die graf laat neerdaal. TOB 3:11 : En sy het by haar venster gebid en gesê: Geseënd is U, JaHWeH, my Elohey, en geseënd is U verhewe en glansryke Naam in ewigheid; mag al U werke U tot in ewigheid prys, TOB 3:12 : En nou, JaHWeH, rig ek my aangesig en my oë op U; TOB 3:13 : gee opdrag om my te verlos van die Aarde af en dat ek geen verwyt meer mag aanhoor nie. TOB 3:14 : U weet, o JaHWeH, dat ek onskuldig is van enige oortreding met 'n man; TOB 3:15 : ek het nooit my naam of die naam van my vader in die deel van die Aarde van my gevangeskap besoedel nie. Ek is die enigste kind van my vader; hy het geen ander kind om sy erfgenaam te wees nie. Hy het geen broer of neef naby hom met wie ek sou kon trou nie. Ek het reeds sewe eggenotes verloor; waarom sal ek nog langer lewe? En as dit U nie behaag om my dood te maak nie, gee dan dat daar na my omgesien sal word, en daar meegevoel aan my betoon sal word, en dat ek nie verdere verwyte mag aanhoor nie. TOB 3:16 : En albei se gebed is voor die Aangesig van die Glansrykheid van die groot RafaEl verhoor, [Openbaring 8:3] TOB 3:17 : en hy is gestuur om albei te genees; na Tobias om die wit vliese te verwyder en om Sarah, die dogter van RaguEl, aan Tobias, die seun van Tobias, as vrou te gee en om Asmodeus, die gees van besoedeling, te bind omdat Tobias die reg het om haar te besit. Op dieselfde tydstip het Tobias toe in sy huis gegaan, en het Sarah, die dogter van RaguEl, uit haar bovertrek afgekom. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |