1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

TOB 2:1 : NADAT ek in my huis teruggekom het, en my vrou Hanna en my seun Tobias aan my teruggegee is, is 'n geurige middagmaal op die Pinksterfees, wat die Fees van die sewe Weke is, vir my voorberei, en ek het aangesit om te eet.

TOB 2:2 : Toe ek die oorvloed kos voor my sien, sê ek vir my seun: Gaan heen en bring elke behoeftige onder ons broers wat jy kan vind en wat aan JaHWeH gedagtig is, en ek sal op jou wag!

TOB 2:3 : En hy kom terug en sê: Vader, een van ons mense is verwurg en lê uitgewerp op die straat.

TOB 2:4 : Toe hardloop ek, voordat ek aan iets geproe het, na buite en bring hom in 'n kamer totdat die son sou ondergaan.

TOB 2:5 : Daarop het ek teruggekeer, my gewas en my voedsel in droefheid geëet;

TOB 2:6 : en ek het gedink aan die profesie van Amos waar hy sê:

Julle feeste sal verander word in droefheid en julle vrolikheid in klaagsang.

TOB 2:7 : En ek het hardop gehuil. En toe die son onder was, gaan ek, grawe 'n graf en lê hom daarin neer.

TOB 2:8 : En my bure lag vir my en sê: Hy is nog steeds nie bang om oor hierdie dinge om die lewe gebring te word nie. Hy het weggehardloop en hier is hy alweer besig om die dooies te begrawe!

TOB 2:9 : Daardie selfde nag, nadat ek hom begrawe het, keer ek terug, en omdat ek seremonieel besoedel was, gaan ek met onbedekte gesig langs die muur van die voorhof slaap.

TOB 2:10 : En ek wis nie dat daar spreeus in die muur bo my was nie, en omdat my oë onbedek was, val die uitwerpsels van die spreeus in my oë en vorm wit vliese, daarop. Ek gaan toe na die geneeshere, maar hulle kon my nie help nie. Achikar het my egter gedurende twee jaar onderhou, totdat hy na Elymaïs vertrek het. [Boekrol van die Opregte 52:31]

TOB 2:11 : Toe het my vrou Hanna vroulike handwerke vervaardig en dit aan die eienaars [van die handwerk] afgelewer. [Spreuke van Salomo 31]

TOB 2:12 : En hulle het haar loon uitbetaal en haar bowendien 'n bokkie gegee.

TOB 2:13 : Maar toe sy by my tuiskom, begin die bokkie te blêr. En ek sê vir haar: Waar kom hierdie bokkie vandaan? Is dit gesteel? Gee dit terug aan sy eienaars, want ons het nie die reg om enigiets wat gesteel is, te eet nie.

TOB 2:14 : Maar sy sê vir my: Dit is saam met my loon as 'n geskenk aan my gegee. Maar ek wou haar nie glo nie en sê haar aan om dit aan sy eienaars terug te besorg, en ek het my vir haar geskaam. Toe antwoord sy en sê vir my: En waar is jou liefdadigheid? Waar is jou geregtigheid? Natuurlik weet jy alles?

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
2
Pablo Software Solutions Datum
OT