1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

TOB 14:1 : SO het Tobias sy danksegging beëindig.

TOB 14:2 : Hy was agt-en-vyftig jaar oud toe hy die gesig van sy oë verloor het, en agt jaar later het hy weer siende geword; en hy het liefdadigheid bewys en het voortgegaan om JaHWeH sy Elohey te vrees en om Hom te dank.

TOB 14:3 : En toe hy baie oud geword het, het hy sy seun, en die seuns van sy seun, na hom toe geroep en vir hom gesê: My kind, neem jou seuns. Ek het oud geword en sal spoedig uit hierdie lewe heengaan.

TOB 14:4 : Vertrek na Medië, my seun, want ek glo vas wat die profeet Jona aangaande Ninevé gesê het, dat sy verwoes sal word, maar in Medië sal daar anders as hier nog 'n rukkie vrede wees; en dat ons broers uit die gesuiwerde Adamah [die adamiet se Aarde] oor die Aarde verstrooi sal word, en dat Jerusalem verlate sal wees en die Huis van Elohim wat in haar is, verbrand sal word en 'n tyd lank verwoes sal wees.

TOB 14:5 : Dan sal JaHWeH Hom weer oor hulle ontferm en hulle na hul Adamah [die adamiet se Aarde] terugbring. En hulle sal die Tempel herbou, maar nie soos sy vantevore was nie, totdat die tyd van daardie geslag verbygegaan het. En daarna sal hulle van die plekke van hulle gevangeskap terugkeer om Jerusalem in glansrykheid te herbou, en die Huis van JaHWeH sal in haar in al sy prag herbou word vir al die geslagte tot in ewigheid, soos die profete daaromtrent gespreek het.

TOB 14:6 : En al die nasies sal hulle bekeer om JaHWeH hulle Elohey in Waarheid te Vrees, en hulle sal hulle idole begrawe,

TOB 14:7 : en al die nasies sal JaHWeH loof. En Sy volk sal hulle Elohey dank, en JaHWeH sal Sy volk verhoog, en almal wat JaHWeH hulle Elohey in Waarheid en opregtheid liefhet, sal hulle verbly en sal Barmhartigheid aan ons broers betoon.

TOB 14:8 : En nou, my kind, verlaat Ninevé; wat die profeet Jona gesê, sal sekerlik gebeur.

TOB 14:9 : Maar hou die Wet en die Insettinge en wees barmhartig en opreg, sodat jy voorspoed mag hê.

TOB 14:10 : Begrawe my behoorlik en my vrou langs my. En moenie langer in Ninevé vertoef nie. Let op, my kind, na wat Haman aan Achikar, wat hom opgevoed het, gedoen het, hoe hy hom uit die lig in die duisternis gestort en hoe hy hom vergeld het! Tog is Achikar gered, en die ander een het sy vergelding ontvang en het self in die duisternis verdwyn. Mórdegai het liefdadigheid bewys en hy het aan die noodlottige strik wat Haman vir hom gespan het, ontkom, maar Haman is self in die strik gevang en het sy lewe verloor.

TOB 14:11 : Sien dus, my kinders, wat liefdadigheid kan doen, en hoe Geregtigheid kan verlos!

En nadat hy dit gesê het, het hy sy laaste asem daar in sy bed uitgeblaas. Hy was honderd-agt-en-vyftig jaar oud, en hulle het hom 'n eervolle begrafnis gegee.

TOB 14:12 : Toe Hanna sterf, het hy [die seun Tobias] haar langs sy vader begrawe. Daarna het Tobias met sy vrou en sy seuns na Ekbatana teruggegaan, na sy skoonvader RaguEl.

TOB 14:13 : En hy het 'n hoe ouderdom bereik en het sy skoonvader en sy skoonmoeder eervol begrawe en hulle besittings sowel as die van sy vader Tobias geërf.

TOB 14:14 : En in die ouderdom van honderd-sewe-en-twintig jaar het hy in Ekbatana in Medië gesterwe.

TOB 14:15 : Maar voor sy dood het hy verneem van die verwoesting van Ninevé wat deur Nebukadnésar en Ahasvéros verower is. So kan hy hom voor sy dood oor Ninevé verbly.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
14
Pablo Software Solutions Datum
OT