1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

TOB 7:1 : TOE hulle in Ekbatana aankom, het hulle na die huis van RaguEl gegaan, en Sarah het hulle teëgekom en welkom geheet, en hulle het haar gegroet, en sy het hulle in die huis ingeneem.

TOB 7:2 : En RaguEl sê vir sy vrou Edna: Hoe baie lyk hierdie jongman op my neef Tobias!

TOB 7:3 : En RaguEl vra hulle: Waarvandaan kom julle, broers? En hulle sê vir hom: Ons behoort aan die seuns van Náftali wat in Ninevé in gevangeskap verkeer.

TOB 7:4 : En hy sê vir hulle: Is julle bekend met ons familielid Tobias? En hulle sê: Inderdaad! En hy sê vir hulle: Gaan dit goed met hom?

TOB 7:5 : En hulle sê: Hy lewe en is wel en Tobias sê: Hy is my vader!

TOB 7:6 : Toe spring RaguEl op en soen hom en hy huil

TOB 7:7 : en seën hom en sê vir hom: Is jy die seun van daardie edele en suiwer man? En toe hy hoor dat Tobias die gesig van sy oë verloor het, was hy bedroef en het hy gehuil,

TOB 7:8 : en sy vrou Edna en sy dogter Sarah het ook gehuil. En hulle het hulle hartlik verwelkom, en hulle het 'n ram uit die kudde geslag en voedsel in oorvloed aan hulle voorgesit.

Toe sê Tobias vir RafaEl: Broer AzarJaH, spreek oor die dinge waar-oor ons op reis gepraat het en laat daardie saak afgehandel word.

TOB 7:9 : Toe het hy die saak aan RaguEl voorgestel, en RaguEl sê aan Tobias:

TOB 7:10 : Eet, drink en wees vrolik, want jy het die reg om my kind te neem.

TOB 7:11 : Maar ek moet die waarheid aan jou bekend maak. Ek het my kind reeds aan sewe mans gegee, en elke keer wanneer hulle naby haar kom, het hulle dieselfde nag gesterwe. Maar wees vrolik vir die teenswoordige.

Toe sê Tobias: Ek sal niks meer eet voordat u nie 'n bindende ooreenkoms met my aangegaan het om dit te doen nie.

TOB 7:12 : Toe sê RaguEl: Neem haar onmiddellik volgens die Verordening; sy is jou verwant en behoort aan jou; en mag die barmhartige Elohim julle baie voorspoedig maak.

TOB 7:13 : Toe het hy sy dogter Sarah binne geroep, haar hand geneem, en haar as vrou aan Tobias gegee en gesê: Hier is sy, neem haar volgens die Wet van Moshè en keer met haar na jou vader terug.

TOB 7:14 : En hy het hulle sy seën gegee. En hy het sy vrou Edna binne geroep, 'n rol papier geneem en daarop 'n ooreenkoms geskryf, en hulle het hul seëls daarop geplaas.

TOB 7:15 : Toe het hulle begin eet.

TOB 7:16 : RaguEl roep toe sy vrou Edna opsy en sê vir haar: My suster, bring die ander slaapkamer in gereedheid en neem haar daarheen.

TOB 7:17 : En sy doen soos hy gesê het en bring haar daar in en sy het gehuil. En sy laat haar dogter op haar skouer huil en sê vir haar:

TOB 7:18 : Hou moed, my kind! JaHWeH van die Hemele en die Aarde betoon Guns aan jou in plaas van jou droefheid. Hou moed, my dogter!

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
7
Pablo Software Solutions Datum
OT