TOB 10:1 : EN nou het dit gebeur dat sy vader Tobias elke dag getel het. En toe die dae wat vir die reis nodig was, verbygegaan het en hulle nog nie teruggekeer het nie,
TOB 10:2 : sê hy: Is dit moontlik dat hulle teleurgestel is? Of is GabaEl miskien dood sodat daar niemand is om hulle die geld te gee nie?
TOB 10:3 : En hy was baie bedroef.
TOB 10:4 : En sy vrou se vir hom: Die kind het omgekom; dit is die rede waarom hy so lank neem. en sy begin om hom te beween en sê:
TOB 10:5 : Het ek nie omgegee nie, my kind, dat ek jou, die lig van my oë, laat gaan het?
TOB 10:6 : En Tobias sê vir haar: Wees stil, moenie besorg wees nie; dit is wel met hom.
TOB 10:7 : Maar sy antwoord hom: Bly stil, moenie my bedrieg nie; my kind het omgekom.
En elke dag het sy gegaan langs die pad waarmee hy afgereis het, en bedags het sy geweier om te eet en gedurende die nag het sy haar seun Tobias ononderbroke beween, totdat die veertien dae van die huweliksfees, wat RaguEl hom besweer het om daar te bly, verby was.
Toe sê Tobias aan RaguEl: Laat my nou gaan, want my vader en moeder het al alle hoop laat vaar om my ooit weer te sien.
TOB 10:8 : Maar sy skoonvader sê vir hom: Bly by my, en ek sal na jou vader toe stuur, en hulle sal in verband met jou aan hom verduidelik.
TOB 10:9 : En Tobias sê: Nee, laat my liewer na my vader toe gaan.
TOB 10:10 : Toe staan RaguEl op en gee hom Sarah, sy vrou, benewens die helfte van sy besittings aan slawe en vee en geld.
TOB 10:11 : En toe hy hulle laat gaan, seën hy hulle en sê: My kinders, die Elohey van die Hemele sal julle voor my dood voorspoedig maak.
TOB 10:12 : En aan sy dogter sê hy: Jy moet eerbied hê vir jou skoonvader en skoonmoeder, want hulle is nou jou ouers. Laat ek 'n goeie getuienis in verband met jou verneem.
Toe soen hy haar. En Edna sê vir Tobias: Mag JaHWeH van die Hemele jou veilig terug begelei, liewe broer, en gee dat ek jou kinders by my dogter Sarah mag sien, sodat ek my voor die Aangesig van JaHWeH mag verbly. Hier vertrou ek my dogter plegtig aan jou toe; moenie haar gevoelens seermaak nie.
This website was powered by Ewisoft Website Builder.