1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

TOB 13:1 : TOE het Tobias 'n lofgebed neer geskryf en [daarin] gesê: Loof JaHWeH wat vir ewig lewe, en geseënd is Sy koninkryk,

TOB 13:2 : want Hy tugtig en Hy betoon Barmhartigheid, Hy laat mense in die Doderyk/Sheol afdaal en Hy bring hulle uit haar weer op, en daar is niemand wat Sy Hand kan ontvlug nie.

TOB 13:3 : Dank Hom, JisraEliete, in die teenwoordigheid van die nasies, want Hy het julle onder hulle verstrooi.

TOB 13:4 : Toon dáár Sy Glansrykheid; verhef Hom in die aangesig van al wat leef, want Hy is ons Meester en ons Elohey, Hy is onse Vader tot in ewigheid.

TOB 13:5 : Hy sal ons tugtig weens ons oortredinge, en Hy sal Hom weer ontferm en ons vergader te midde van al die nasies waarheen julle verstrooi is. [JeshaJaHuW 11:12]

TOB 13:6 : As julle jul met julle hele hart tot Hom bekeer, en met julle hele siel in Waarheid voor Hom wil wandel, dan sal Hy Hom tot julle wend; Hy sal Sy Aangesig vir julle nie verberg nie. Bemerk hoe Hy met julle wil handel en dank Hom uit volle bors. Loof JaHWeH van Geregtigheid en verhef die Koning van die eeue. In die Aarde van my gevangeskap dank ek Hom, en ek openbaar Sy Mag en Sy Majesteit aan 'n nasie van wetsoortreders: wend julle tot Hom, o wetsoortreders, en doen wat Reg is in Sy Oë; miskien sal Hy Hom oor julle ontferm en julle Barmhartigheid bewys.

TOB 13:7 : Ek verhef my Elohey, my siel verhef die Koning van die Hemele en jubel in Sy Glansrykheid.

TOB 13:8 : Laat alle mense spreek en Hom in Jerusalem dank betuig.

TOB 13:9 : O Jerusalem, Stad van Apartheid, Hy sal jou tugtig weens die dade van jou kinders. Maar dan sal Hy Hom meer ontferm oor die seuns van die opregte.

TOB 13:10 : Dank JaHWeH in alle Suiwerheid en loof die Koning van die eeue dat Sy Tent met Vreugde in jou herbou mag word. Mag Hy hulle wat gevangenes is in jou bly maak, en mag Hy die ellendige in jou liefhê vir alle geslagte tot in ewigheid.

TOB 13:11 : Baie nasies sal van ver af na die Naam van JaHWeH onse Elohey toe kom met geskenke in hulle hande, geskenke vir die Koning van die Hemele. Geslagte van geslagte sal U lof verhef.

TOB 13:12 : Vervloek is almal wat U haat! Almal wat U liefhet, sal vir ewig geseënd wees.

TOB 13:13 : Verbly en verheug julle in die seuns van die opregte, want hulle sal saam vergader word en hulle sal JaHWeH van die opregte prys.

TOB 13:14 : Geseënd is hulle wat U liefhet! Hulle sal hulle verbly in U Vrede. Geseënd is hulle wat bedroef is oor al U kastydinge, want hulle sal hul oor U verbly as hulle U Glansrykheid aanskou, en hulle sal ewige Vreugde bedryf.

TOB 13:15 : Laat my siel JaHWeH, die groot Koning, loof,

TOB 13:16 : want Jerusalem sal gebou word met saffiere en smaragde, en haar mure met kosbare stene, en haar torings en vestings van suiwer goud.

TOB 13:17 : En die strate van Jerusalem sal geplavei wees met berille en robyne en klippe van Ofir,

TOB 13:18 : En al haar pleine sal sê: Halalu-JaHH/Prys jul JaHH', en sal lof verhef en sê: Loof JaHWeH wat jou verhoog het tot in ewigheid!

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
13
Pablo Software Solutions Datum
OT