| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
TOB 4:1 : OP dieselfde dag het Tobias hom die geld herinner wat hy by GabaEl te Ragae in Medië gedeponeer het. TOB 4:2 : En hy sê by homself: Ek het gevra om te sterwe; waarom sal ek nie my seun Tobias roep en aan hom verduidelik voor ek heengaan nie? TOB 4:3 : Toe roep hy hom en sê: My seun, as ek te sterwe kom, begrawe my en moenie jou moeder verwaarloos nie; maak voorsiening vir haar solank as jy lewe; doen wat haar welgevallig is en moenie haar in enigiets bedroef nie. TOB 4:4 : Onthou, my seun, dat sy voor jou geboorte baie gevare vir jou getrotseer het, en as sy te sterwe kom, begrawe haar naas my in een graf. TOB 4:5 : Jou hele lewe lank, my seun, moet jy gedagtig wees aan JaHWeH, onse Elohey; moenie toegee aan oortredinge en moenie Sy Gebooie oortree nie. Handel jou hele lewe opreg en moenie in die weë van verkeerdheid wandel nie. TOB 4:6 : Want as jy Reg doen, sal voorspoed jou ondernemings vergesel. Aan almal wat opreg handel, moet jy uit jou besittings liefdadigheid bewys; en moenie dat jou oog dit wat jy aan liefdadigheid gee, misgun nie. Moenie jou aangesig afwend van enige behoeftige nie, en die Aangesig van Elohim sal nie van jou afgewend word nie. TOB 4:7 : Gee aan liefdadigheid in ooreenstemming met wat jy besit; TOB 4:8 : as jy min het, moenie bevrees wees om tog 'n geringe bedrag aan liefdadigheid te gee nie, TOB 4:9 : want dan sal jy 'n suiwer skat vir jouself weglê vir die dag van teenspoed; TOB 4:10 : want liefdadigheid sal jou red van die dood en sal jou weerhou om in die Duisternis te versink. TOB 4:11 : Liefdadigheid is 'n welgevallige aanbieding in die oë van die Hoogste El vir elkeen wat dit bewys. TOB 4:12 : My seun, wees op jou hoede teen enige vorm van onsedelikheid. Ten eerste, neem vir jou 'n vrou uit die saad van jou voorvaders; moenie trou met 'n verbasterde wat nie tot die stam van jou vader behoort nie, want ons is seuns van die profete. Onthou, my seun, dat Noag, Abraham, Isak en Jakob, ons voorvaders van ouds, almal met vroue uit hulle eie familie getrou het, en hulle was geseën in hulle kinders, en hulle saad sal die Aarde beërwe. TOB 4:13 : Daarom, my seun, moet jy jou volksgenote liefhê, en moenie jou broers en die seuns en dogters van jou volk verag deur te weier om met een van hulle te trou nie. Want sodanige veragting voer tot ondergang en tot groot droefheid, en waardeloosheid bring verlies en groot gebrek mee, want waardeloosheid is die moeder van hongersnood. TOB 4:14 : Die lone van enigiemand wat vir jou werk, moet jy oornag nie agterweë hou nie, maar jy moet hom onmiddellik betaal. As jy Elohim dien, sal jy loon ontvang. My seun, neem jouself in ag in alles wat jy doen en wees goed gedissiplineerd in jou hele optrede. TOB 4:15 : Moenie aan iemand anders doen wat jy self haat nie. Moenie wyn drink totdat jy dronk word nie; dronkenskap mag jou op jou weg nie vergesel nie. TOB 4:16 : Gee 'n deel van jou brood aan die hongeriges en van jou klere aan hulle wat nakend is. Gee jou hele oorskot aan liefdadigheid, en moenie dat jou oog afgunstig wees op dit wat jy aan liefdadigheid bestee nie. TOB 4:17 : Strooi jou brood uit op die grafte van die opregtes, maar moenie aan wetteloses gee nie. TOB 4:18 : Vra raad by elke wyse man, en moenie enige waardevolle advies gering ag nie. TOB 4:19 : Loof JaHWeH Elohim te alle tye en vra Hom om jou weë reguit en jou paaie en voornemens voorspoedig te maak. Want geen nasie besit in homself die regte insig nie, maar JaHWeH beskik alle suiwer dinge en Hy verneder wie Hy wil, volgens Sy welbehae. En nou, my seun, dink aan my bevele en laat dit nie uit jou gedagtes verdwyn nie. TOB 4:20 : En nou moet ek jou ook nog vertel van die tien talente silwer wat ek by GabaEl, die seun van Gabrias, te Ragae in Medië, gedeponeer het. Moenie bevrees wees nie, my seun, omdat ons arm geword het nie. Jy het meer as genoeg as jy JaHWeH vrees en jou van oortreding weerhou en doen wat welbehaaglik is in Sy Oë. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |