1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

TOB 6:1 : EN hulle het heengereis en het teen die aand die Tigris-rivier bereik en die nag daar deurgebring.

TOB 6:2 : En die seun gaan om hom te was, en 'n vis spring uit die rivier en sou die seun ingesluk het.

TOB 6:3 : Maar die Boodskapper sê vir hom: Gryp die vis! En die seun gryp die vis en gooi hom op die grond uit.

TOB 6:4 : En die Boodskapper sê vir hom: Slag die vis en neem sy hart en lewer en gal en bewaar dit veilig.

TOB 6:5 : En die seun doen soos die Boodskapper hom beveel het, en hulle het die vis gebak en hom geëet. En hulle het saam verder gereis totdat hulle naby Ekbatana gekom het.

TOB 6:6 : Toe vra die seun aan die Boodskapper: Broer AzarJaH, waarvoor is die lewer en die hart en die gal van die vis goed?

TOB 6:7 : En hy sê vir hom: Wat die hart en die lewer betref, as enigiemand deur 'n demoon of 'n gees van besoedeling gepla word, dan moet jy [die hart en lewer] voor die betrokke man of vrou in rook laat opgaan, en hulle sal nie meer lastig geval word nie.

TOB 6:8 : En wat die gal betref, as jy dit vryf op iemand wat wit vliese oor sy oë het, sal hy gesond word.

TOB 6:9 : Toe hulle naby Ragae kom,

TOB 6:10 : sê die Boodskapper vir die seun: Broer, ons sal vandag by RaguEl vertoef, want hy is 'n bloedverwant van jou. Hy het 'n enigste dogter met die naam van Sarah. Ek gaan hom sê om haar met jou te laat trou

TOB 6:11 : want jy is geregtig om haar te hê omdat jy haar enigste verwant is,

TOB 6:12 : en sy is mooi en verstandig. As jy dan nou na my wil luister, sal ek met haar vader praat, en dan kan ons as ons van Ragae af teruggekeer het, die huwelik voltrek. Want ek weet dat RaguEl haar volgens die Wet van Moshè op straf van die dood nie aan iemand anders kan uithuwelik nie, want dit is jou reg om haar te besit en niemand anders s'n nie.

TOB 6:13 : Toe sê die seun aan die Boodskapper: Broer AzarJaH, ek het verneem dat hierdie meisie reeds aan sewe mans uitgehuwelik was en dat hulle almal in die bruidsvertrek omgekom het.

TOB 6:14 : En nou is ek die enigste kind van my vader en ek is bang dat as ek ingaan, ek net soos die ander sal sterwe, want 'n demoon is op haar verlief en hy doen slegs hulle leed aan wat naby haar kom. Daarom is ek bevrees dat ek sal sterwe en daardeur die lewe van my vader en moeder met droefheid oor my in die graf sal laat neerdaal; want hulle het geen ander seun om hulle te begrawe nie.

TOB 6:15 : Toe sê die Boodskapper aan hom: Onthou jy nie die bevele wat jou vader jou gegee het, naamlik dat jy vir jou 'n vrou uit jou eie familie moet neem nie? Daarom moet jy na my luister, broer, want sy moet jou vrou wees; en oor die demoon moet jy jou geen sorge maak nie, want sy sal vannag aan jou gegee word om jou vrou te wees.

TOB 6:16 : En as jy in die bruidsvertrek ingaan, moet jy van die as van die wierook neem en stukkies van die hart en lewer van die vis daarop plaas om sodoende rook te maak,

TOB 6:17 : en die demoon sal dit ruik en wegvlug en nooit weer terugkom nie. En wanneer jy na haar toe gaan, moet julle albei opstaan en tot die barmhartige Elohim roep, en Hy sal julle red en julle barmhartig wees. Moenie bevrees wees nie, want sy was van die begin af vir jou bestem, en jy sal haar verlos, en sy sal saam met jou huis toe gaan, en ek veronderstel dat jy kinders by haar sal hê.

Toe Tobias dit hoor, het hy haar liefgekry en het hy innig aan haar verkleef geraak.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
6
Pablo Software Solutions Datum
OT