| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
TOB 12:1 : TOE roep Tobias sy seun Tobias en sê vir hom: My seun, bepaal die loon van die man wat saam met jou gereis het, want ons moet hom meer gee. TOB 12:2 : En hy sê vir hom: Vader, ek kan bekostig om hom die helfte te gee van wat ek teruggebring het, TOB 12:3 : want hy het my veilig en wel aan u terugbesorg, my vrou genees en die geld vir my gaan haal, en daarby het hy ook u gesond gemaak. TOB 12:4 : En die ou man sê: Ons is dit aan hom verskuldig. TOB 12:5 : En hy roep die Boodskapper en sê vir hom: Neem die helfte van alles wat jy teruggebring het. TOB 12:6 : toe roep hy [die Boodskapper] hul albei opsy en sê vir hulle: Loof JaHWeH en betuig dank aan Hom. Maak Hom groot en getuig in die teenwoordigheid van al wat lewe van wat Hy teenoor julle gedoen het. Dit is goed om JaHWeH te loof en om Sy Naam groot te maak en om die dade van Elohim eerbiedig te vermeld; moet dus nie traag wees om Hom te dank nie. TOB 12:7 : Dit is wys om die geheim van 'n koning te bewaar, maar die werke van Elohim moet in Glansrykheid openbaar gemaak word. Doen goed, en die kwaad sal nie oor julle kom nie. TOB 12:8 : Gebed is goed as dit gepaard gaan met vas, liefdadigheid en opregtheid. 'n Weinig met opregtheid is beter as baie met besoedeling. Dit is beter om liefdadigheid te bewys as om goud op te hoop. TOB 12:9 : Want liefdadigheid sal 'n man van die Dood red; dit sal alle oortreding versoen. Hulle wat liefdadigheid bewys en opreg handel, sal met die lewe versadig word; TOB 12:10 : maar hulle wat oortree, is die vyande van hulle eie lewe. TOB 12:11 : Ek sal niks vir julle verberg nie; soos ek gesê het, is dit wys om die geheim van 'n koning te bewaar, maar die werke van Elohim moet in Glansrykheid openbaar gemaak word. TOB 12:12 : Daarom, toe jy en jou skoondogter Sarah gebid het, het ek die herinnering van julle gebed voor die Aparte Een gebring. En toe jy die dooies begrawe het, was ek steeds by jou. TOB 12:13 : En toe jy nie teruggedeins het om op te staan en jou feesmaal te verlaat en die lyk te versorg nie, het jou goeie daad my aandag nie ontsnap nie, maar ek was by jou. TOB 12:14 : Daarom het JaHWeH my gestuur om jou en jou skoondogter Sarah te genees. TOB 12:15 : Want ek is RafaEl, een van die sewe Boodskappers van Apartheid, wat die gebede van die volk naderbring en wat ingaan in die Glansrykheid van die Aparte Een! TOB 12:16 : En hulle was albei verstom en het op hulle aangesigte geval, want hulle was bevrees. TOB 12:17 : Maar hy sê vir hulle: Moenie bang wees nie; Vrede vir julle! Loof JaHWeH in ewigheid. TOB 12:18 : Want dit is nie deur my guns dat ek na julle toe gekom het nie, maar deur die wil van JaHWeH. Daarom loof Hom tot in ewigheid! TOB 12:19 : Gedurende al die dae wat ek aan julle verskyn het, het ek nie geëet of gedrink nie, maar julle het 'n gesig gesien. TOB 12:20 : Daarom betuig dank aan Elohim, want ek moet heengaan na Hom wat my gestuur het, en julle moet alles wat gebeur het in 'n Boekrol skryf. TOB 12:21 : En toe hulle opstaan, sien hulle hom nie meer nie. TOB 12:22 : En hulle het die groot en wonderbare dade van Elohim verkondig en vertel van hoe die Boodskapper van JaHWeH aan hulle verskyn het. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |