| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
TOB 5:1 : TOE antwoord Tobias en sê aan hom: Vader, ek sal alles wat u my beveel het, volbring. TOB 5:2 : Maar hoe sal ek die geld in die hande kry, terwyl ek die man nie ken nie? TOB 5:3 : Toe het sy vader hom die bewys gegee en aan hom gesê: Soek iemand wat saam met jou kan gaan, en ek sal hom sy loon betaal solank as ek lewe; gaan dan en haal die geld. TOB 5:4 : En hy gaan om na iemand te soek en hy vind RafaEl wat 'n Boodskapper was, alhoewel Tobias dit nie geweet het nie. TOB 5:5 : En hy sê vir hom: Mag ek saam met jou na Ragae in Medië gaan, en is jy bekend met die omgewing? TOB 5:6 : Toe sê die Boodskapper vir hom: Ek sal saam met jou gaan, want ek ken die pad daarheen en ek het al by ons broer GabaEl vertoef. TOB 5:7 : En Tobias sê vir hom: Wag op my dat ek my vader daarvan vertel. TOB 5:8 : En hy sê vir hom: Gaan, en moenie vertoef nie. En hy het heengegaan en aan sy vader gesê: Ek het iemand gevind wat met my wil saamgaan.
En hy sê: Roep hom hierheen dat ek kan vasstel tot watter stam hy behoort en of hy 'n betroubare persoon is om met jou saam te gaan. TOB 5:9 : Daarop roep hy hom, en hy kom binne, en hulle groet mekaar. TOB 5:10 : En Tobias sê vir hom: Broer, vertel my tot watter stam en tot watter familie jy behoort? TOB 5:11 : En hy sê vir hom: Is jy op soek na 'n stam en 'n familie of na 'n gehuurde metgesel vir jou seun? En Tobias sê vir hom: Ek wou maar net jou familieverbintenisse en jou naam te wete gekom het, broer. TOB 5:12 : En hy sê: Ek is AzarJaH, die seun van die oudste GanánJaH, iemand uit jou stam. TOB 5:13 : En hy sê vir hom: Welkom broer! Moenie vir my kwaad wees omdat ek wou weet tot watter stam en familie jy behoort nie; jy is 'n stamverwant van my en is van 'n edele en suiwer afkoms. Want ek het GanánJaH en Jatan, die seuns van die oudste Semaja, goed geken, want ons was gewoond om saam na Jerusalem af te reis om daar te aanbid en die eersgeborenes van ons vee en die tiendes van ons produkte aan te bied, want hulle het nie saam met ons broers afgedwaal nie; jy kom uit 'n suiwer familie, broer. TOB 5:14 : Maar sê my watter loon moet ek jou gee; sal 'n dragma per dag vir jou en my seun se onkoste voldoende wees? TOB 5:15 : En as julle veilig en wel terugkom, sal ek nog by die loon toevoeg! TOB 5:16 : En hulle het hierin ooreengekom, en hy het aan Tobias [sy seun] gesê: Maak jou gereed vir die reis, en vaarwel! En sy seun het alles vir die reis in gereedheid gebring, en sy vader het vir hom gesê: Gaan saam met hierdie man, en Elohim wat in die Hemele woon, sal julle reis voorspoedig maak en Sy Boodskapper saam met julle stuur.
Daarop gaan hulle albei heen en reis af, en die seun se hond volg hulle. TOB 5:17 : En sy moeder Hanna huil en sê vir Tobias: Waarom het jy ons kind weggestuur? Is hy nie ons staf wanneer hy voor ons in- en uitgaan nie? TOB 5:18 : Moenie dat geld by geld gevoeg word nie, maar laat die wees soos stof in vergelyking met ons kind. TOB 5:19 : Want die feit dat JaHWeH ons laat lewe, is vir ons genoeg. TOB 5:20 : En Tobias sê vir haar: Moenie besorg wees nie, my suster. Hy sal veilig en wel terugkom, en jou oë sal hom sien. TOB 5:21 : Want 'n goeie Boodskapper sal met hom saamgaan, en hy sal 'n voorspoedige reis hê en sal veilig en wel terugkeer. TOB 5:22 : Toe het sy opgehou om te huil. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |