1   2   3   4   5   6   7   8   9   10   11   12   13   14
In Die Begin [GÉNESIS] GEN
Die Uittog [EXODUS] EXO
Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV
Die Getalle [NÚMERI] NUM
Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT
Die Boekrol JeHôWshua (JOS)
Die Boekrol van die Rigters (RIG)
Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM)
Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM)
Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON)
Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON)
Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO)
Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO)
Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK)
Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK)
Die Boekrol van die Opregte (OPR)
Boekrol van die Psalms (PS)
Die Spreuke van Salomo (SPR)
Die Boekrol Genoem Prediker (PRE)
Die Hooglied van Salomo (HOO)
Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS)
Odes van Salomo (OVS)
Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ)
Die Boekrol van Rut (RUT)
Die Boekrol van Judit (JDT)
Die Boekrol Ester (EST)
Die Boekrol Tobias (TOB)
Die Boekrol Job (JOB)
Die Boekrol van Henog (HEN)
Die Openbaring van Henog (OvH)
Die Profeet JôWEl (JOE)
Die Profeet Jona (JON)
Die Profeet Amos (AMO)
Die Profeet Hoséa (HOS)
Die Profeet Miga (MIG)
Die Profeet JeshaJaH (JES)
Die Profeet Nahum (NAH)
Die Profeet Habakuk (HAB)
Die Profeet TsefánJaH (SEF)
Die Profeet JirmeJaH (JER)
Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG)
Die Profesie van Barug (BAR)
Die Profeet JeségiEl (ESEG)
Die Profeet DaniEl (DAN)
Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA)
Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA)
Die Boekrol Ezra (ESRA)
Die Profeet ObadJaH (OBA)
Die Profeet Haggai (HAG)
Die Profeet ZekarJaH (SAG)
Die Boekrol NegemJaH (NEH)
Die Profeet Maleagi (MAL)
Die Boodskap van Jakobus (BvJ)
Die Boodskap van Thomas (THO)
Die Boodskap van Lukas (LUK)
Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT)
Die Boodskap van Markus (MAR)
Die Boodskap van JeHôWganan (JOH)
Die Boodskap van Petrus (PET)
Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK)
DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK)
Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN)
Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG)
Die Brief aan die Hebreërs (HEB)
Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK)
Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET)
Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET)
Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH)
Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH)
Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD)
Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH)
Die Openbaring van Petrus (OvP)
Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE)
Website Builder

TOB 8:1 : TOE hulle klaar was met die aandete, neem hulle Tobias na haar toe.

TOB 8:2 : En terwyl hy daarheen gaan, onthou hy wat RafaEl gesê het en hy neem die as van wierook en plaas die hart en die lewer van die vis daarop en maak rook.

TOB 8:3 : En toe die demoon die ruik van die rook kry, vlug hy na die verste dele van Bo-Egipte, en die Boodskapper het hom daar gebind.

TOB 8:4 : Toe hulle albei saam ingesluit is, staan Tobias van die bed af op en sê: Staan op, my suster, en laat ons saam bid dat JaHWeH ons barmhartig mag wees.

TOB 8:5 : En hy begin om te sê: Geseënd is U, Elohim van ons vaders, en geseënd is U verhewe en glansryke Naam in ewigheid. Laat die Hemele en U hele skepping U prys.

TOB 8:6 : U het Adam gemaak en hom sy vrou Gawwah tot hulp en steun gegee, en van hulle stam die adamitiese geslag. U het gesê: Dit is nie goed dat die adamiet alleen is nie; laat Ons vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

TOB 8:7 : En nou, JaHWeH, is dit nie weens vleeslike begeerte dat ek my suster hier neem nie, maar in Waarheid. Wees my dan barmhartig en laat ek oud word by haar.

TOB 8:8 : En sy het saam met hom "amein" gesê.

TOB 8:9 : En hulle het albei die hele nag deur geslaap. Maar RaguEl het opgestaan en heengegaan en 'n graf gegrawe, want hy het gesê:

TOB 8:10 : Miskien sal hy ook sterwe.

TOB 8:11 : Toe kom RaguEl in die huis en sê vir sy vrou Edna;

TOB 8:12 : Stuur een van die diensmeisies om te sien of hy nog lewe, en as dit nie die geval is nie, laat ons hom dan begrawe sonder dat enigiemand dit weet.

TOB 8:13 : En die diensmeisie het die deur oopgemaak en ingegaan en hulle albei aan die slaap gevind,

TOB 8:14 : Toe het sy uitgekom en hulle vertel dat hy lewe.

TOB 8:15 : Daarop prys RaguEl Elohim en sê:

TOB 8:16 : Geseënd is U, o JaHWeH, met elke suiwer en verhewe seëning! Laat U apartes en U hele skepping U loof, en laat al U Boodskappers en U uitverkore volk U vir ewig prys.

TOB 8:17 : U word geloof omdat U Barmhartigheid aan twee enigste kinders betoon het; o JaHWeH, wees hulle barmhartig; gee dat hulle tot die einde toe in goeie gesondheid, met Vreugde en in Guns mag lewe.

TOB 8:18 : Toe beveel hy sy diensknegte om die graf toe te gooi.

TOB 8:19 : En hy het vir hulle 'n huweliksfees aangerig wat veertien dae lank geduur het.

TOB 8:20 : En voor die dae van die huweliksfees verby was, het RaguEl hom besweer dat hy nie sal vertrek voor aan die einde van die veertiendaagse huweliksfees nie,

TOB 8:21 : en dat hy dan die helfte van RaguEl se besittings moet neem en so veilig na sy vader terugkeer. Die wat oorbly, het hy gesê, sal julle s'n wees as ek en my vrou te sterwe kom.

This website was powered by Ewisoft Website Builder.

Inhoud Disclaimer / Vrywaring
8
Pablo Software Solutions Datum
OT