| 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 | |
|
In Die Begin [GÉNESIS] GEN Die Uittog [EXODUS] EXO Die Leviete [LEVÍTIKUS] LEV Die Getalle [NÚMERI] NUM Die Bevele [DEUTERONÓMIUM] DEUT Die Boekrol JeHôWshua (JOS) Die Boekrol van die Rigters (RIG) Die Eerste Boekrol van ShemuEl (1SAM) Die Tweede Boekrol van ShemuEl (2SAM) Die Eerste Boekrol van die Konings (1KON) Die Tweede Boekrol van die Konings (2KON) Die Eerste Boekrol van die Kronieke (1KRO) Die Tweede Boekrol van die Kronieke (2KRO) Die Eerste Boekrol van die Makkabeërs (1MAK) Die Tweede Boekrol van die Makkabeërs (2MAK) Die Boekrol van die Opregte (OPR) Boekrol van die Psalms (PS) Die Spreuke van Salomo (SPR) Die Boekrol Genoem Prediker (PRE) Die Hooglied van Salomo (HOO) Die Boekrol van WYSHEID van Salomo (WvS) Odes van Salomo (OVS) Die WYSHEID van JeHôWshua ben Sirah (WvJ) Die Boekrol van Rut (RUT) Die Boekrol van Judit (JDT) Die Boekrol Ester (EST) Die Boekrol Tobias (TOB) Die Boekrol Job (JOB) Die Boekrol van Henog (HEN) Die Openbaring van Henog (OvH) Die Profeet JôWEl (JOE) Die Profeet Jona (JON) Die Profeet Amos (AMO) Die Profeet Hoséa (HOS) Die Profeet Miga (MIG) Die Profeet JeshaJaH (JES) Die Profeet Nahum (NAH) Die Profeet Habakuk (HAB) Die Profeet TsefánJaH (SEF) Die Profeet JirmeJaH (JER) Die Klaagliedere van JirmeJaH (KLAAG) Die Profesie van Barug (BAR) Die Profeet JeségiEl (ESEG) Die Profeet DaniEl (DAN) Die Eerste Boekrol van Ezra (1EZRA) Die Tweede Boekrol van Ezra (2EZRA) Die Boekrol Ezra (ESRA) Die Profeet ObadJaH (OBA) Die Profeet Haggai (HAG) Die Profeet ZekarJaH (SAG) Die Boekrol NegemJaH (NEH) Die Profeet Maleagi (MAL) Die Boodskap van Jakobus (BvJ) Die Boodskap van Thomas (THO) Die Boodskap van Lukas (LUK) Die Boodskap van MattithJaHûW (MATT) Die Boodskap van Markus (MAR) Die Boodskap van JeHôWganan (JOH) Die Boodskap van Petrus (PET) Die Boodskap van Nikodémus Deel 1 (1NIK) DIE Boodskap van Nikodémus Deel 2 (2NIK) Die Handelinge van die Apostels deur Lukas beskryf (HAN) Die Sendbriewe van Abgarus en JaHWèshua (ABG) Die Brief aan die Hebreërs (HEB) Die Brief van Jakobus aan die verstrooide JisraEliete (JAK) Die Eerste Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (1PET) Die Tweede Brief van die Apostel Petrus aan die verstrooide JisraEliete (2PET) Die Eerste Brief van die Apostel JeHôWganan (1JOH) Die Tweede Brief van die Apostel JeHôWganan (2JOH) Die Brief van Judas aan die Apartes (JUD) Die Derde Brief van die Apostel JeHôWganan (3JOH) Die Openbaring van Petrus (OvP) Die Openbaring van JaHWèshua deur JeHôWganan (OPE) Website Builder |
TOB 11:1 : DAARNA vertrek Tobias, terwyl hy Elohim loof omdat Hy sy weg voorspoedig gemaak het, en hy het RaguEl en sy vrou Edna geseën. TOB 11:2 : Hy het voort getrek totdat hulle naby Ninevé gekom het. Toe sê RafaEl aan Tobias: Onthou jy nie, broer, hoe jy jou vader verlaat het nie? TOB 11:3 : Laat ons vooruit hardloop, voor jou vrou uit, en eers die huis in gereedheid bring. TOB 11:4 : Maar neem die gal van die vis in jou hand. Hulle gaan toe, met die hond op hulle hakke. TOB 11:5 : En Hanna het gesit en die pad vir haar seun dopgehou. TOB 11:6 : Toe sy hom sien aankom, sê sy vir sy vader: Hier kom jou seun aan en die man wat hom vergesel het! TOB 11:7 : En RafaEl sê: TOB 11:8 : Ek weet dat jou vader sy oë sal oopmaak; vryf dan die gal in sy oë, en as hy die brand voel sal hy dit vrywe en so die wit vliese verwyder en in staat wees om jou te sien. TOB 11:9 : En Hanna het hulle tegemoet gehardloop en haar seun omhels en vir hom gesê: Nou dat ek jou gesien het, my kind, is ek bereid om te sterwe! TOB 11:10 : En hulle het albei gehuil. En Tobias kom ook na die deur toe en struikel, TOB 11:11 : en sy seun hardloop na hom toe en hou sy vader vas en sprinkel die gal op die oë van sy vader en sê: Hou moed, vader? TOB 11:12 : En toe sy oë begin pyn, vrywe hy hulle, TOB 11:13 : en die wit vliese het vanuit die hoeke van sy oë begin afval. TOB 11:14 : En toe hy sy seun sien, omhels hy hom en ween en sê: Geseënd is U, o Elohim, en geseënd is U Naam in ewigheid, en geseënd is al U Boodskappers van Apartheid. TOB 11:15 : Want alhoewel U my getugtig het, het U U oor my ontferm; kyk, ek kan my seun Tobias sien! En sy seun het met blydskap ingegaan terwyl hy sy vader vertel van die wonderbare dinge wat met hom in Medië gebeur het. TOB 11:16 : Daarop het Tobias met vreugde uitgegaan om sy skoondogter by die poort van Ninevé te ontmoet. En hulle wat hom sien gaan, was verbaas omdat hy die gesig van sy oë teruggekry het. TOB 11:17 : En Tobias het in hulle teenwoordigheid dank betuig, omdat Elohim hom barmhartig was. En toe Tobias by sy skoondogter Sarah kom, seën hy haar en sê: Welkom dogter. Geseënd is Elohim wat jou na ons toe gebring het, en geseënd is jou vader en jou moeder. En daar was groot vreugde onder al sy broers in Ninevé, TOB 11:18 : En Achikar en sy neef Nasbas het gekom, TOB 11:19 : en Tobias se huweliksfees is gedurende sewe dae met groot blydskap gevier. This website was powered by Ewisoft Website Builder. |
| Inhoud | Disclaimer / Vrywaring |